Baie welkom by die webtuiste van Privaatskool Elnatan - een van die trotsste skole in Namibië.
Ons skool bestaan op Stampriet sedert 1992 en het in April 2012 sy 20ste bestaansjaar gevier.
Ons is ‘n Christelike Afrikaanse Privaatskool wat geregistreer is by die Ministerie van Onderwys van Namibië. Ons skool bestaan tans uit 332 leerlinge met 54 personeellede (onderwysers, administratiewe-, terrein- en koshuis-personeel ingesluit).
Ons is baie trots op ons groot en gevestigde koshuisfasiliteite waar meer as 80% van ons leerlinge in vier moderne koshuise inwoon. Leerlinge van oor die hele land maak Elnatan hul tuiste en ons lok kinders van sover as Katima Mulilo, Swakopmund, Gobabis en Rosh Pinah.
U word hartlik uitgenooi om u op hoogte te bring van die geskiedenis en vermoë van hierdie relatiewe jong skool wat die koers en toekoms van u kind sal bepaal.
En aangesien daar min skole is wat kan spog met die prestasies, waardes, tradisies en geleenthede wat Privaatskool Elnatan u bied, sal u keuse vir u kind heel logies op Elnatan val.
Geleë tussen die 52 palmbome wat reeds die volwasse ouderdom van meer as 115 jaar bereik het en voortdurend gevoed word deur die onuitputlike artesiese bronne van Stampriet, kan 'n kind nie in meer ideale omstandighede skoolgaan nie.
Die plaasomgewing en die plattelandse atmosfeer maak ons skool spesiaal en uniek. Die fasiliteite van Privaatskool Elnatan is egter die van die moderne hedendaagse wêreld en elke kind ervaar dus die wonderlike van beide wêrelde.’n Skool atmosfeer uit die boonste rakke!
Moet dus nie verder tyd mors nie... snuffel rond op ons webtuiste, want sien is glo.
Ouers is meer as welkom om te kom kyk na die fasiliteite en geleenthede wat ons vir jou kind kan bied.
Maak 'n afspraak en kom besoek Privaatskool Elnatan!
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |