Privaatskool Elnatan
Terug na Tuisblad

Welkom by Privaatskool Elnatan se webwerf!

Baie welkom by die webtuiste van Privaatskool Elnatan - een van die trotsste skole in Namibië.

U word hartlik uitgenooi om elke stukkie geskiedenis van hierdie relatiewe jong skool deur te werk en daarna 'n keuse te maak vir die toekoms van u kind.

Die keuse behoort vir u baie maklik te wees aangesien daar min skole is wat kan spog met die prestasies, waardes, tradisies en geleenthede wat Privaatskool Elnatan u bied.

Geleë tussen die 52 palmbome wat reeds die volwasse ouderdom van 115 jaar bereik het en voortdurend gevoed word deur die onuitputlike artesiese bronne van Stampriet, kan 'n kind nie in meer ideale omstandighede skoolgaan nie. Mnr. Dawie O'Callaghan

Die plaasomgewing en die plattelandse atmosfeer maak ons skool spesiaal en uniek. Die fasiliteite van Privaatskool Elnatan is egter die van die moderne hedendaagse wêreld en elke kind ervaar dus die wonderlike van beide wêrelde.

Wat 'n ongelooflike voorreg!

Moet egter nie verder tyd mors nie... snuffel rond op ons webtuiste, want sien is glo.

~ Mnr. Dawie O'Callaghan
Skoolhoof

Ons Ideaal...

Dit is ons ideaal om 'n gebalanseerde, Christelik gefundeerde opvoeding, waar die totale menswees van kinders ontwikkel word, te verskaf.

Elnatan Oorsig... 2010

Privaatskool Elnatan
Oor die afgelope 19 jaar...
  • ~ Glo ons dat sukses, prestasies en opvoeding net kan geskied in 'n gedissiplineerde omgewing
  • ~ Groei Elnatan van 110 leerlinge in 1992 tot 423 leerlinge in 2008 en 427 in 2010
  • ~ Handhaaf die skool 'n byna 100% matrikulasie slaagsyfer
  • ~ Het die skool se personeel vanaf 9 in 1992 aangegroei tot 27 in 2008
  • ~ Is ons matrikulante baie gesog by Universiteite en ander Tersiêre instansies as gevolg van die matriek-eksamen wat ons skryf
  • ~ Het ons matrieks al meestergrade behaal terwyl ander hoë en senior poste in verskeie sektore beklee
  • ~ Is daar voldoende koshuisgeriewe geskep om al ons kosgangers te akkommodeer
  • ~ Beskik die skool tans oor 26 pragtige klaskamers wat spesialis-lokale insluit soos 'n rekenaarsentrum, hotelbestuurklas en kombuis.
  • ~ Het van ons leerlinge reeds internasionaal meegeding op die gebiede van Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket, Atletiek, Jukskei, Gymkhana en Perde-uithouritte
  • ~ Is 110 van ons leerlinge oor die afgelope 19 jaar opgeneem in Namibiese spanne
Elnatan Huissport 2010
Elnatan Atletiek 2010 Agter vlnr: Jaco Beukes (Senior Victor Ludorm Hoërskool), Danco v.d. Merwe (Junior Victor Ludorm, o/13 & o/15), Shearita v.d. Merwe (Senior Victrix Ludorm, Hoërskool), Ernè v. Wyk (Beste velditem, Hoërskool), Liza Vermaak (Beste velditem, Laerskool)

Middel vlnr: Janneman Lambrechts (Beste langafstandatleet, Laerskool), C.J. Aggenbach (Junior Victor Ludorm, o/10 & o/12), Wilmar du Toit (Junior Victor Ludorm, o/7, o/8 & o/9), Lize Moolman (Junior Victrix Ludorm, o/13 & o/15), Mienke van Rooyen (Junior Victrix Ludorm, o/10, o/11 & o/12)

Voor: Danèl Dreyer (Junior Victrix Ludorm, o/7, o/8 & o/9)

Heel agter: Mnr en mev de Klerk - Borge van medaljes

God Voorsien

Elnatan Koshuis

Elnatan Prefekte 2010

Elnatan Kultuur 2010

Elnatan Pretloop

Elnatan Kleuters

Elnatan Hotelbestuur klas

Elnatan Krieket

Privaatskool Elnatan

Elnatan Matriekafskeid

Aantal Besoekers:

XML RSS
What is this?
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Google



Hoofseun & Hoofmeisie 2010 Elnatan

Tiaan Bindeman en Marli Brand
(Hoofseun en Hoofmeisie, 2010)

Skryf hier in om twee-weekliks "Elnatan Nuus" te ontvang.

E-pos Adres

Naam

Kliek Nou Op

Moenie bekommerd wees nie -- jou e-pos adres is veilig by ons.
Ons sal dit slegs gebruik om Elnatan Nuus aan jou te stuur.

Tuisblad | Algemene Inligting | Bestuur en Beheer | Skooltariewe | Kontak Ons | Akademie
Elnatan NUUS | Inskrywingsvorms | Jaarprogram | Sport | Prestasies 2009

Terug na bo
Kopiereg Privaatskool Elnatan.com 2008 - 2010