Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 1, 2010
February 01, 2010



Geagte Ouers

1. Dit is 'n baie groot voorreg om die eerste skrywe van 2010 aan u te rig. Weereens 'n baie hartlike welkom aan al ons nuwe ouers en leerlinge, en veral aan die Graad 1's wat die eerste twee weke van hulle skoolloopbaan voltooi het. Om werklik effektief te kan wees, probeer ons om so gereeld en volledig moontlik alle inligting by ons ouers te kry. Elke tweede week word 'n omsendbrief uitgestuur.

2. Nuwe ouers wat omsendbriewe per e-pos of faks wil ontvang moet asb vir ons die aangehegte strokie voltooi sodat ons dit in die vervolg met die medium van u keuse aan u kan stuur. Kliek hier om die invul-strokie af te laai.

3. Alle hoërskool-leerlinge ontvang vandag 'n volledige boekerekening vir die jaar. By die Graad 11-rekening is reeds Graad 12 boeke ingesluit wat in die derde termyn behandel gaan word.

4. Me Lizette Vermaak het gedurende die vakansie baie tyd en energie ingesit om die tuin voor die kantoor te verfraai. Ons sê vir haar baie dankie daarvoor, want dit lyk baie mooi. Sy versoek egter indien daar ouers is wat kan help met potte, sy baie bly sal wees, aangesien al die potte wat sy gebruik het haar persoonlike eiendom is. Sy soek ook nog "sleepers" en sement om by die hoërskool mooi te maak. U kan ook 'n kontantbydrae maak.

5. Na aanleiding van verskeie navrae gee ons vir u die telefoonnommers van die hokkies in die onderskeie koshuise.

  • Huis Cora seuns – 063-177432
  • Huis Cora dogters – 063-177433
  • Huis Frikkie – 063-177425
  • Huis Hessie – 063-177417
Huis Marie het ongelukkig nie 'n telefoonhokkie nie aangesien die verbruik van die ander koshuise nie nog 'n hokkie regverdig nie.

6. Mnr Deon van Vuuren beskik oor 'n kamer en woonstel op Stampriet wat te huur is. Indien u belangstel kan u hom skakel by 0811290686.

7. Leerlinge in Huis Cora mag geen kos in hulle kamers hê nie, en die afgelope week was dit een van die groot probleme. Ouers word dus ernstig versoek om asb die kleintjies se kos vir die week in 'n kostrommel te pak sodat dit in die koskamer gebêre kan word.

8. Dit is ook baie noodsaaklik dat u die kleintjies wat in Huis Cora is op die regte tye bel. Beltye is as volg: 15:30 tot 17:45 en weer van 18:15 tot 19:00. Buite hierdie tye word hulle geweldig ontwrig en veroorsaak dit dat hulle ontstel word en ook die maatjies saam met hulle.

9. Die afgelope week het dit ook aan die lig gekom dat kleintjies in Huis Cora baie medisyne by hulle self hou. Dit mag onder geen omstandighede gebeur nie. Hulle het mekaar sommer self begin dokter. Ek vrees wat die gevolge gaan wees as die diagnose verkeerd is. Kom ons handig alle medisyne van die kleintjies by die Junior Matrone, Me Willers in.

10. Die klere leweransiers sal op Vrydag, 5 Februarie, tydens ons huiskompetisie, skool- en sportklere beskikbaar hê by die skool. U kan aankope doen vanaf 10: 00 tot 15:00. Doen dus u beplannimng so dat u sommer twee vlieë met een klap kan slaan.

11. Katy Munnik was verlede jaar een van die matrieks. Sy het heelwat skoolklere en toerusting wat nog in 'n goeie toestand is. Indien iemand belangstel kan u haar pa, Mnr Vernon Munnik, skakel by 0811292599.

12. Daar is heelwat blou breërand kriekethoede by die finansiële kantoor beskikbaar teen N$65.00. Skaf een aan, dit beskerm baie goed teen ons son.

13. Die kombuis is dringend op soek na leë eierhouers. Kom gee asb by die matrone af indien u hiermee kan help.

14. Volgende week vind ons huiskompetisie plaas. Dit begin reeds Donderdagnamiddag om 15:00, en ons hoop om Vrydag teen 14:00 klaar te wees. U word almal hartlik uitgenooi na die geleentheid. Dit is altyd 'n lekker kuier tydjie. 15. Alle atlete neem volgende naweek in hulle sporthempies deel. Die onderskeie spanne sal net verskillende kentekens hê. Slegs atlete wat deurdring na die volgende byeenkomste moet die volledige atletiekdrag aantrek.

16. Mnr Aart Labuschagne, 'n rekenmeester van Windhoek, soek dringend na jongmense wat verlede jaar matriek geskryf het, om in sy praktyk op te lei. Indien u kind belangstel kan u my gerus skakel en ek sal dan vir u sy kontakbesonderhede gee.

17. Leerlinge ontvang ook vandag 'n borgvorm vir die Pretloop wat op Vrydag, 26 Februarie, plaasvind. Ons mikpunt is om N$300.00 per leerling in te samel. Vorige jare het ons elke keer die N$100 000.00 perk oorskry, en wil ons poog om hierdie jaar weer met die wonderlike ondersteuning van ons ouers die doelwit, en sommer nog baie meer, te bereik.

18. NiaNell en Dozi tree op Woensdagaand, 24 Februarie, in die skoolsaal op. Kaartjies sal vanaf Maandagoggend by Cora beskikbaar wees teen N$80.00 vir volwassenes en N$40.00 vir kinders.

19. Op 'n ouervergadering gehou op 19 Januarie is die volgende besluite geneem:

  • Geen Carducci-rekenige word in 2010 gehou nie, leermateriaal sowel as skoolfonds is op die skoolrekening.
  • Ouers moet asb afsprake maak om die hoof te sien aangesien hyself by klasse betrokke is.
  • Die sporttoer in Maartmaand sal met 'n loopbaantoer by die Universiteit Stellenbosch gekombineer word.
  • Laatstudie lokale moet vir die twee senior koshuise beskikbaar gestel word.
  • Lenteskool vir Graad 11 en 12 verskuif na die Mei vakansie en word op Stampriet aangebied.
  • Leerlinge wat onderwys wil gaan studeer en opleiding ontvang in Wiskunde, Skeinat en Rekeningkunde moet identifiseer word en met beurse aangemoedig word om onderwys te gaan studeer.
  • Kinders moet nie deur ouers in vakkeuses ingedwing word nie, maar moet die regte leiding by die skool ontvang om regte keuses te maak.
  • Toets- en eksamenvraestelle moet altyd agterna met kinders uitgewerk word
  • Menings is gelug oor die IEB-eksamens.
  • 'n Versoek is gerig dat Ds Smit Kotze by die geestelike aspek van die kinders betrokke moet raak.
  • Misnoeë is uitgespreek oor die haglike toestand van Huis Frikkie, en vandalisme wat in die verlede hoogty gevier het.
  • Rig asb u versoeke en klagtes deur die regte kanale en na die regte persone.

    Kontakbesonderhede van Topbestuurslede is as volg:

      Me Annelie Liebenberg: Adjunkhoof Akademie Laerskool – 0812874422
      Mnr Abie van Wyk: Adjunkhoof Akademie Hoërskool – 0812455221
      Mnr Tinus Botma: Adjunkhoof Koshuise – 0812774762
      Me Henriëtte Pieterse: Departementshoof Akademie Junior Primêr – 0811276605
      Me Annette Mostert: Departementshoof Akademie Senior Primêr -0812691116
      Mnr Kokkie Joubert: Departementshoof Natuurwetenskappe Hoërskool- 0812705533
      Me Elize van Niekerk: Departementshoof Geesteswetenskappe Hoërskool- 0812438169
      Me Carina Joubert: Departementshoof Sport en Kultuur- 0812802497

20. Die Sporttoer na Stellenbosch vind plaas vanaf 25 tot 31 Maart. Alle rugby-, netbal- en hokkiespanne van O/13 tot O/19 is deel van die toer. Dogtershokkie kan dit nie meemaak nie as gevolg van te min spelers. Kostes vir O/13 rugby en netbal na Riebeeck Kasteel beloop N$2000.00 en die res is N$1800.00. Die O/13 spanne sal volgende week aangekondig word, en die res voor middel Februarie.

21. Ons wens die Graad 8's, wat die naweek Blumfelde toe gaan vir die sottekamp, 'n heerlike naweek toe. Mag dit vir hulle 'n onvergeetlike ervaring wees.

'n Heerlike naweek word u toegewens.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page