Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 3, 2009 February 20, 2009 |
Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees! Geagte Ouers
Uit 'n sopnat Stampriet, waarvoor ons baie dankbaar is, gaan ons probeer om die nodige inligting by u te kry:
1. Die Sone Byeenkoms vir Hoërskole, wat die naweek in Mariental sou plaasvind, is voorlopig verskuif na Vrydag, 27 Februarie 2009, sou die reën dit toelaat. Ons gaan probeer om die Sub-sone vir Laerskole, wat al verlede naweek moes plaasvind, deur die loop van volgende week te laat plaasvind. Alles hangende die reën, ons kan dus nie 'n spesifieke dag gee nie.
2. Vanaf 29 April tot 2 Mei vind daar weer in Windhoek twee Jukskei toetse plaas tussen Suid-Afrika en Namibië, waaraan 5 van ons leerlinge gaan deelneem. Baie geluk aan hierdie leerlinge en ons vertrou dat albei spanne hierdie keer aan die wenkant gaan wees. 3. Die Senior Leerlingraad wil graag bankies op die terrein sweis waarop leerlinge gedurende pouses en namiddae kan sit. Hulle versoek dus ouers om te help met die nodige yster en sal dit ook baie waardeer as daar pa's is wat kan help met die sweiswerk. Skakel asb met Juf Elize, 081-2438169, indien u met een van die twee kan help.
4. Ons het slegs 400 Dagboeke vir 2009 bestel waarvan net 200 tans verkoop is. Die prys is nou slegs N$55.00 en ons wil ouers baie mooi vra of u nie tog maar 'n dagboek vir uself en die kinders wil koop nie.
5. Me Jeanette van Wyk het ‘n hele aantal pragtige Koi-visse wat sy wil verkoop teen N$60.00. Vir elke vis wat sy verkoop skenk sy N$10.00 aan die skool. Skakel haar by 063-252442 indien u belangstel. Ons sê ook baie dankie vir die pragtige gebaar teenoor die skool.
6. Ons en ons kinders is so geseënd en het soveel om teenoor die Here voor dankbaar te wees. Die reën het soos strome van seën oor ons dorre aarde uitgestort. 'n Mens kan behoorlik sien hoe die lammers en kalwers groei. Almal van ons het iemand baie na aan ons of wat ons ken wat 'n kankerlyer is. Dit is ook 'n siekte waarvan nie een van ons noodwendig gevrywaar is nie. Die tyd van die jaar is sinoniem met fondinsamelings vir die Kankervereniging. Kom ons wys ons dankbaarheid teenoor die Here deur N$3 vir 'n appel te betaal om iemand anders (of dalk jou eie?) lewe te vergemaklik of sy kanker te help genees. Wat julle dalk nie weet nie is dat die geld aangewend word om mense by te staan wat nie behandeling kan bekostig nie, om Huis Akasia (die Kankerhuis) steeds gratis toeganklik te maak vir die kankerpasiënte en hul families asook vir navorsing. U hou dalk nie eers van appels nie, maar dit gaan nie oor wat u ONTVANG nie, wel oor dit wat u aan 'n ander GEE. U kan ook die appels aan ons "Helpende Hande"–projek by die skool skenk, wat dit weer sal gee aan iemand wat dit nodig het. Kinders kan vanaf Maandag hul geld by die klasonderwysers inbetaal. 7. Tannie Julie vra dat alle balletleerlinge sal sorg dat hulle volledige balletuitrusting volgende week by die skool is. Daar is ook kinders wat ballet neem wat steeds nie betaal het nie, wat heeltemal teen die reëls is. Kom ons bring dit ook asb op datum. Sy vra ook dat balletleerlinge die foutiewe DVD's vir haar sal terugbring.
8. Me Elrien Garbers het Golden Retriever Labrador hondjies waarvoor sy goeie base soek. Skakel haar by 081-1282601 indien u belangstel.
9. Mej Elnatan vind plaas op 8 April om 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies kan reeds by die sekretaresse gekry word teen N$70.00 per persoon, wat 'n ete insluit. Hierdie is 'n baie gewilde geleentheid en daar is beperkte plekke. Kry dus vroegtydig u kaartjie. 10. Juf Marisa het 'n 2004 Hyundai Getz met lugversorger, CD-speler, elektriese vensters en nog baie ander wat sy wil verkoop. Die karretjie het slegs 75 000km op en is in 'n baie goeie toestand. Hulle moet 'n bakkie koop en enigiemand wat belangstel kan haar skakel by 081-2042960. Prys N$65 000.00
11. Aangeheg 'n advertensie van Salon Avante, Stampriet. Skakel Francia by 081-2132251 vir afsprake.
12. Daar is hierdie week 18 leerlinge, seuns en dogters, uitgehaal wie se hare gekleur was. Hierdie is 'n tendens waarvan ek glad nie hou nie en wat ons geensins gaan toelaat nie. Ek versoek dus ouers baie ernstig om toe te sien dat hierdie kinders se hare regkom en dat dit nie weer gedoen word nie. Dit is dinge vir grootmense en as ons kinders hulle nou al besig hou met die dinge van grootmense, wat bly dan eendag vir hulle oor?
14. Gisteraand was ons jaarlikse Afrikaanse Redenaarskompetisie. Die standaard was regtig baie hoog en die wenner vir die Laerskool was Shirley Joubert; die Junior Sekondêre wenner, Carien Snyman en die Senior Sekondêre wenner, Donny Kotze. Baie geluk aan hierdie drie leerlinge. Hulle gaan ook ons skool in Windhoek verteenwoordig by die Nasionale ATKV-kompetisie.
15. Ons het reeds verlede week die borgvorms uitgedeel vir ons Sanlam Pretdag op 18 Maart. Die NBC sal weer, soos verlede jaar, 'n lewendige uitsending vanaf Stampriet doen, en ons versoek u om asb hierdie poging van ons baie mooi te ondersteun.
16. Op 'n Direksievergadering gehou op 9 Februarie 2009 is die volgende besluite geneem:
17. Alle pa's word uitgenooi om Vrydae middae vanaf 11:40 deel te wees van 'n kort biduurtjie saam met my in die kantoor. U hoef dus nie daar te staan en wag nie. Kom ons raak stil vir ‘n paar oomblikke en dan bid ons manne, wat die leiers van ons huise en ons skool is, vir 'n paar oomblikke saam.
Baie dankie aan Mariental Hotel vir die borg van hierdie jaar se omsendbriewe. Gebruik asb die spesiale aanbod vir verblyf vir Elnatan ouers. Advertensie hieronder aangeheg.
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word." (Joh 1:12)
Wat ‘n wonderlike voorreg, vooruitsig, hoop. Ons ontvang dit gratis, sonder verdienste. Het u al die besluit geneem?
Groetnis,
Dawie O'Callaghan
![]() ![]()
|
Back to Back Issues Page |