Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 4, 2009
February 27, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!

Geagte Ouers

Dit is nie die normale tyd vir 'n omsendbrief nie, maar reŽlings het so verander dat ons tog die inligting by u moet kry:

1. Die Sone atletiek van die HoŽrskool wat vandag sou plaasvind, is uitgestel as gevolg van reŽn. Dit sal nou iewers in die loop van die volgende twee weke aangebied word, hangende die weer.

2. As gevolg van al die skuiwe, kon ons ook die Streeksbyeenkoms vir HoŽrskole, wat op 7 Maart by ons sou plaasvind, skuif na 14 Maart. Dit impliseer dan dat alle HoŽrskool atlete nou wel aan die Privaatskole Byeenkoms in Windhoek kan deelneem. Daar is 'n span gekies gedurende die week en op die kennisgewingborde gesit. Atlete weet dus wie moet gaan. Die ouergroepe wat die verkoping sou behartig moet asb ook kennis neem van die reeling. Hoop nie dit gooi alles vir u omver nie. Dit beteken dat ons atlete nie meer aan die Top 8-byeenkoms in Windhoek sal kan deelneem nie. Ek dink egter dis vir ons atlete belangriker om aan die Privaatskole- en Streeksbyeenkoms deel te neem.

3. Alle hoŽrskool-onderwysers moet volgende Vrydag 8:00 in Windhoek wees vir vergaderings en die atletiek begin om 14:00. Die skool sluit dus volgende Donderdag om 13:00. Atlete wat met die bus Windhoek toe wil ry en verblyf wil hÍ in Windhoek moet asb Maandag hul name vir Juf Marie deurgee. Alle atlete moet volgende Vrydag om 13:00 reeds by die stadion wees in hulle atletiekdrag. Busgeld Windhoek toe is N$70.00 en moet Maandag by Mnr Tinus inbetaal word.

4. Kwartaalbetalers word daaraan herinner dat u betalings vir die volgende kwartaal asb voor 7 Maart gedoen moet word.

5. Alle kinders wat op die Kaap-toer gaan moet asb van Maandag af julle toergeld by Mnr Tinus inbetaal. Alle kinders wat op toere gaan word herinner aan die reŽl by die skool dat julle vir die duur van die toer deel van die groep moet bly. Aan die einde van die toer kan julle saam met ouers terugkom, maar tot dan is julle elke oomblik deel van die groep. Daar is baie redes daarvoor, want in die verlede het ons erge stelle afgetrap. Ek vra dus baie mooi dat ouers dit sal eerbiedig.

Ek besef dat daar geen beplanning gedoen kan word nie, ons vat maar die dinge soos dit elke dag kom. Ons is egter baie dankbaar vir die wonderlike reŽn wat geval het en sal nooit daaroor kla nie. ReŽlings kan verander word, maar reŽn wat nie geval het nie sal nooit weer val nie.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page