Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 4, 2010
March 09, 2010



Geagte Ouers

1. Maandag, 15 Maart, is die laaste dag waarop paspoorte of inbetalings vir die sporttoer by die afrigters gedoen kan word. Aangesien enkele kinders se gelde en paspoorte nog uitstaande is vra ons asb baie mooi dat u vir ons in die verband sal help.

2. Na afloop van die laaste funksie wat ons in die skoolsaal gehad het, het ons besluit om in die toekoms geen eet- of drinkgoed in die saal toe te laat nie. Ons het dit reeds met ons kinders bespreek, maar wil asb ook ons ouers se volle samewerking in die verband vra.

3. Vanaf Donderdag, 18 Maart, vind die HTS Sportnaweek in Windhoek plaas waarheen die O/15-rugbyspan, O/16- en O/19-netbal en die seuns en dogters hokkiespanne genooi is. Busgeld vir die naweek beloop N$80.00.

4. Jandre Augustyn en Katelynne Liebenberg was verlede naweek onderskeidelik eerste en tweede tydens 'n Enduro Offroad kompetisie in Omaruru. Ons sÍ baie geluk aan die twee leerlinge wat ook op die gebied presteer.

5. Die gasstowe in die kombuis werk nie meer 100% nie, en ons wil graag hoor of daar nie 'n pappa is wat kennis het van gasstowe om ons te help met die diens van die stowe nie. Skakel asb met Carien in die kombuis as u kan help.

6. Die Kleuterskool soek dringend ou klere, skoene, hoede, serpe en krale vir hulle verbeeldingshoekie. Skakel asb vir Juf Mariaan as u kan help.

7. Maandag, 15 Maart, word 'n krieketafrigtingskursus by die skool aangebied. Dit begin reeds die oggend 10:00 vir die Junior PrimÍr en sluit om 17:00 af met die O/19's. Pappas wat die kursus wil bywoon is ook baie welkom.

8. Ons meld weer van die noodhulpkursus wat van 1 tot 3 Julie by Elnatan gaan plaasvind teen die spesiale prys van N$550.00. Enigiemand wat belangstel kan met Ds Smittie Kotze skakel.

9. Dan is dit ook 'n voorreg om deur te gee dat ons weer met die Pneumatix-groep kon vasmaak vir die tydperk, 16 tot 20 Augustus, om die skool te besoek.

10. Soos reeds in 'n vorige skrywe genoem, vind Mnr en Mej Elnatan op 24 Maart plaas. Almal wat nog kaartjies wil koop of tafels bespreek, moet dit asb doen voor 17 Maart. Daarna moet etes bespreek word, en is getalle dus dringend nodig. Kliek hier om die finaliste op ons webwerf te sien.

11. Ouers wat belangstel in Herbal Life produkte kan met Ansie van der Westhuizen skakel by 063-261008 of 0814674210.

12. Mnr Jacques du Toit het 'n 2005 Volkswagen Kombi 2.5 TDI (Silwer) met 173000 km en 'n volledige diensrekord. Die voertuig se prys is N$160 000.00. U kan hom skakel by 0812718230 indien u belangstel. Die voertuig is in 'n uitstekende toestand aangesien hy die enigste eienaar was.

13. Aangeheg is 'n skrywe van Aranos Endurance Club wat selfverduidelikend is. Persone wat die omsendbrief per e-pos ontvang , sal dit egter nie kan ontvang nie, maar dit is beskikbaar by die kantoor. Kom ons ondersteun asb die klub. Hulle is die skool baie goedgesind, en ook baie ondersteunend teenoor die skool.

14. Die afgelope tyd was daar heelwat gevalle waar baie met toiletpapier gemors was in Huis Marie. Die skool voorsien toiletpapier aan die twee junior koshuise, terwyl kinders hul eie toiletpapier in die senior koshuise bring. Indien die morsery voortduur sal ons nie 'n ander keuse hÍ as om dit verpligtend te maak dat alle kinders hul eie toiletpapier bring nie.

15. Ouers moet asb daarop let dat kinders wat naweke huistoe was nie Sondagaande etes kry nie. U moet dus 'n kospakkie vir die kinders insit vir die aand.

16. Van vandag af is daar 'n miernes van bedrywighede wat oor die langnaweek plaasvind:

  • Donderdagoggend 08:00 begin die onderwyserskongres in Windhoek wat aangebied word deur kundiges uit Suid-Afrika;
  • Donderdag vind al die matriek vakuitstappies plaas;
  • Vrydagoggend om 10:00 begin die Privaatskole Atletiek in Windhoek, kinders moet reeds 09:00 aantree vir die optog;
  • Saterdagoggend 07:00 begin die streeksatletiek vir hoŽrskole in Rehoboth.
Baie sterkte aan alle kinders en onderwysers wat op verskillende plekke die skool verteenwoordig. Kom ons wees ware ambassadeurs.

17. Alle atlete moet asb met sweetpakke by die onderskeie byeenkomste opdaag, en ook daarin aan die optog deelneem.

18. Tydens 'n Direksievergadering gehou op Vrydag, 26 Februarie, is besluit dat kinders in die toekoms enige selfoon by die skool mag hÍ. Indien 'n kind egter 'n selfoon buite die reŽls gebruik sal dit afgevat word en tot die einde van die jaar toegesluit word. Sodanige ouers sal dan ook voor die Direksie moet verskyn indien hulle die selfoon wil terughÍ. Matrieks alleen sal toegelaat word om "laptops" aan te hou.

Mag elkeen 'n baie geseŽnde en voorspoedige naweek hÍ.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof


(Sien hieronder foto's.)



Bo: Sotte 2010


Bo: Atletiek 2010




Back to Back Issues Page