Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 5, 2010
March 18, 2010



Geagte Ouers

Dit is nie gebruik dat ons weekliks 'n skrywe uitstuur nie, maar dit is tog belangrik dat die volgende inligting u dringend bereik:

1. Maandag, 22 Februarie, is 'n Publieke Vakansiedag, maar ons gaan wel skool omdat ons reeds op Donderdag 25 Maart vir die termynbreek sluit. Ons kan dus nie Maandag ook vakansie h nie, dan mis ons te veel skool. Onafhanklikheidsdag is reeds op Sondag, en ons respekteer en eerbiedig dus die dag. Maandag is net 'n vakansiedag omdat Onafhanklikheidsdag op Sondag val.

2. Die bus met die o/13 spanne vir die Kaaptoer vertrek op Donderdag, 25 Maart stiptelik om 12:00 en die ander bus met die senior spanne om 15:00. Die o/13 groep slaap in Springbok oor, maar die ander bus ry deur die nag tot in die Kaap. Dus kom die skool op Donderdag reeds om 12:00 uit.

3. Aangesien die Gobabis-bus gebruik word vir die toer sal die Gobabis kinders op Donderdag, 25 Maart saam met die Aranos bus ry. Die Aranos kinders sal eers afgelaai word, en dan sal die bus verder Gobabis toe ry. Die Gobabis kinders se roete is nou 'n bietjie langer en hulle sal dus later by die huis kom. Ons vertrou egter dat u begrip sal h vir die situasie.

4. In die verband wil ons dan ook baie dankie s aan die Gobabis-groep wat weereens hulle bus teen 'n baie billike tarief aan die skool beskikbaar gestel het vir die sporttoer, asook aan Mnr Jannie Viljoen wat bereid is om met die Aranos bus verder te ry en die Gobabis-kinders huistoe te vat. Dit is wonderlike samewerking. Ons waardeer dit.

5. Dit is vir ons baie lekker om deur te gee dat die finale netto inkomste van die Pretloop N$92 425.00 beloop het. Baie dankie aan elke ouer en kind wat 'n pragtige bydrae hiertoe gelewer het. Aanvanklik was ons bekommerd, maar uiteindelik het dit baie suksesvol afgesluit. Baie dankie.

6. Die atlete wat op 26 en 27 Maart aan die Nasionale Atletiek Kampioenskappe moet gaan deelneem is ook gister aangekondig. Dit is by verre die meeste atlete wat nog in die skool se geskiedenis na die byeenkoms genooi was, en daarom 'n groot gelukwensing aan die volgende leerlinge:

    O/13:
  • Lizet Lombaard (Hoogspring)
  • Lize Moolman (Hekkies)
  • Danco vd Merwe (200m)
  • Wihan von Wielligh (Spiesgooi; Skyfwerp)
    O/15:
  • Mirna Badenhorst (Skyfwerp)
  • Chrizette Bindeman (Spiesgooi)
  • Yolandi Le Roux (200m; Verspring)
  • Erne van Wyk (Hoogspring; Verspring)
  • Alfred Kohne (Gewigstoot)
  • Gerdie van Vuuren (100m)
    O/17:
  • Rochelle Byleveld (Driesprong)
  • Jolene le Roux (Gewigstoot; Skyfwerp)
  • Carita Moolman (Driesprong)
  • Schearita van der Merwe (Hoogspring)
  • Hannecke van der Wath (Spiesgooi)
  • Sonet van Schalkwyk (Hoogspring)
  • Wayne Blaauw (Skyfwerp)
  • Wikus Booysen (Spiesgooi)
  • Riekert van der Merwe (100m; 200m)
    O/19:
  • Esmone van den Heever (Gewigstoot; Skyfwerp)
  • Andries Greeff (Hoogspring)

Mag dit baie goed gaan die naweek met al ons spanne by die HTS Toernooi. Gaan ondersteun hulle as dit vir u enigsins moontlik is.

'n Gesende naweek word u toegewens.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof




Back to Back Issues Page