Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 6, 2009
April 03, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!

Geagte Ouers

(LET WEL: As gevolg van 'n misverstand, het hierdie Omsendbrief nie op 19 Maart vanaf ons webwerf uitgegaan nie. Hierdie is dus daardie omsendbrief. Lees dit in elk geval sodat belangrike kennisgewings nie verlore gaan nie.)

Vir sommige is dit 'n heerlike langnaweek, terwyl ander besig is om ons skool se naam hoog te hou op die sportvelde. Dit is nietemin 'n gulde geleentheid om inligting vir ons ouers deur te gee:

1. Indien daar mense is wat nog verblyf in Swakopmund soek vir die Privaatskole Sportnaweek, kan u gerus skakel met Me Annemarie Fourie by 0812757660.

2. Een van ons gewese ouers het reeds drie sweetpakke vir haar kind gekoop, maar intussen die kind uit die skool gevat. Dit is 13 14jaar sweetpakke, en indien iemand belangstel kan u Me Martie Martins skakel by 063-252012. Die sweetpakke is splinternuut, en ek aanvaar dat sy dit teen 'n verminderde prys sal verkoop.

3. Diskonto Boeke besoek die skool weer op 8 en 9 April. Hulle bied 'n groot verskeidenheid boeke aan soos in die verlede. Van kinder-, jeug-, naaldwerk- en kookboeke tot volwasse fiksie en nie-fiksie. 'n Wye verskeidenheid engelse boeke is ook beskikbaar. Daar is ook heelwat winskopies.

4. Mnr Hennie van der Merwe koop horings aan teen goeie pryse. Koedoehorings moet 65cm of langer en gemsbok 85cm of langer wees. Pryse wissel van 30.00 tot 90.00 per stel, afhangende van die gehalte van die horings. U kan die horings by die skool kom afgee, en ons sal sorg dat u u geld kry.

5. As enigiemand nog appels wil bestel ten bate van die Kankervereniging, is hierdie u laaste kans. Appels kos N$3.00. Indien u nie 'n appeleter is nie, kan u steeds die appels koop, en dit dan aan die Helpende Hande projek van die skool skenk.Baie dankie vir die ruim manier waarop u reeds ondersteun het.

6. Die Direksie het 'n baie goeie gesprek gehad met Francois Enterprises, die verskaffers van ons skoolklere. Aangeheg is 'n pryslys van beskikbare items asook 'n lys van items wat op "special" is tot 11 April. Uit die gesprek is die volgende ooreengekom:

  • Ouers wat in die verlede verkeerde pryse betaal het, kan die leweransiers skakel, en hulle sal dit met u uitsorteer. Pryse in Windhoek mag nie verskil nie, dit moet altyd volgens die pryslys wees.
  • Indien ouer 'n kledingstuk gekoop het met 'n fabrieksfout, soos bv 'n naat wat los is, kan u dit by die skool kom afgee. Ons sal dit aan die leweransiers terugstuur, en hulle sal dit vervang.
  • As daar enigiets van 'n swak kwaliteit is, soos bv 'n wapen wat frummel, kan u dit met die leweransier opneem. U moet egter vir hulle 'n voorbeeld van die probleem kan wys, en nie net s u dink dit gaan gebeur nie. Sekere items wat prakties nie werk nie sal uitfasseer word, soos bv die langbroeke vir seuns met die ingeboude gordel.
  • ,

Vanuit die kantoor versoek ek tog maar dat u alle probleme met my sal bespreek. Vir die skool sowel as die leweransier is dit nuut, en ons kan nie sake verbeter as ons nie met mekaar praat nie. Dit help nie almal skel hulle, maar daar word geen amptelike gesprekke gevoer of skrywes gerig nie.

7. Soos in die vorige omsendbrief deurgegee, neem die O/19 rugby twee netbalspanne en 'n dogterhokkiespan aan die HTS Kampioenskappe in Windhoek deel. Ons wil graag vir hulle baie sterkte toewens, en glo dat hulle almal as wenners gaan terugkom. 'n Wenner is nie noodwendig die span wat bo eindig nie, maar om net 'n goeie ambassadeur vir ons skool te wees, dit te geniet en dankbaar teenoor jou Skepper te wees dat jy deel van alles kan wees, is ook 'n wenner.

8. Baie dankie aan alle Gochas-, Maltahohe- en Windhoek-ouers wat verlede Saterdag onder moeilike omstandighede die verkoping by die atletiek hanteer het. Ons het die mooi bedrag van N$12 100.00 ge-in.

9. Die Pretdag het intussen baie mooi momentum gekry. Tot met die skryf van die omsendbrief het ons reeds N$70 000.00 ingekry, en die sluitingsdatum wanneer alle gelde in moet wees is eers 4 April. Hier is leerlinge wat elk oor die N$3000.00 ingesamel het, en daarom wil ons graag h dat elke leerling 'n bedraggie op sy borgvorm sal h, maak nie saak hoe klein of groot.

10. Baie dankie aan alle ouers, leerlinge en personeel wat hard gewerk het vir die Pretdag. Dit was 'n heerlike geleentheid.

11. Matrikulante word herinner dat die eerste gedeelte van hul eksamengelde, N$1300.00, voor einde Maart inbetaal moet wees. Die ander helfte moet voor einde Augustus inbetaal wees.

12. Graad 1 en 2 ouers moet asb kennis neem dat hulle vanaf 1 April die kleintjies se medisyne Maandagoggende by die kantoor moet kom afgee omdat Cora dan daar sal wees.

Ek weet almal is nie mal oor engels nie. Maar die volgende wonderlike aanhaling van Max Lucado moet ek met u deel:

"Make special note of the word like. God's thoughts are not our thoughts, nor are they even like ours. We aren't even in the same neighborhood. We're thinking, Preserve the body; He's thinking, Save the soul. We dream of a pay raise. He dreams of raising the dead. We avoid pain and seek peace. God uses pain to bring peace. "I'm going to live before I die", we resolve. "Die so you can live," He instructs. We love what rusts. He loves what endures. We rejoice at our successes. He rejoices at our confessions. We show our children the Nike star with the million-dollar smile and say, "Be like Mike."
God points to the crucified carpenter with bloody lips and a torn side and says, "Be like Christ."

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page