Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 6, 2010 April 02, 2010 |
Geagte Ouers Dit is nie die gebruik dat ons weekliks 'n skrywe uitstuur nie, maar dit is tog belangrik dat die volgende inligting u dringend bereik: 1. Die moordende pas van die afgelope paar weke het die kragte getap en sommige met ʼn lae moraal gelaat. Mnr. Dawie het toe a.g.v. mediese redes besluit om die afgelope week bietjie te gaan rus. Ons vra u om hom en sy gesin te ondersteun en vir hulle te bid sodat hulle uitgerus sal terugkeer. Ons wil u versoek om hom onder geen omstandighede met skoolsake te kontak of te bemoei nie. Ek (Tinus Botma - 0812774762) sal alle sake namens hom hanteer, en u kan vir my, Mnr. Abie van Wyk (0812455221) en Mev. Annelie Liebenberg (0812874422) kontak met enige probleem wat u mag hê. Ons vra dat sake ook in die toekoms eerste deur die adjunkhoofde gaan voordat ons die hoof daarmee bemoei. 2. Ons wil net weer deurgee dat kinders wel enige selfoon mag hê, maar dat selfone permanent afgevat gaan word as dit onwettig gebruik word. Dit wil sê buite die wettige beltye, soos by die skool, studie, eetsale, rustyd en na ligte uit. Daar is na vele klagtes ook deur die topbestuur besluit dat alle selfone in Huis Cora onder toesig van die matrone toegesluit gaan word. Kinders sal dan na studie elke dag hulle selfone by haar ontvang, en moet dit dan teen badtyd weer by haar inhandig. Sodoende verseker ons dan dat diefstal van selfone stop en dat daar net in die wettige beltye gebel word. 3. Die afgelope tyd het ons weer baie versoeke ontvang van kinders wat in die week wil uitslaap, ons gee net gou weer die reël in hierdie verband aan u deur. Geen kind mag in die week by iemand anders gaan uitslaap nie, slegs by sy ouers. Geen aktiwiteite soos partytjies mag in die week gedurende studietye gereël word nie. Kinders wat wel aktiwiteite bywoon binne die wettige tye, mag dit ook net doen met die skriftelike toestemming van hulle ouers. 4. Neem tog ook kennis dat die skool Dinsdag die 6de April om 07h00 begin, maar dat die tyd skuif die eerste naweek in April. Wees dus versigtig dat u nie te vroeg vir skool opdaag nie. 5. Onthou tog asseblief van die noodhulpkursus die 1ste tot die 3de Julie. Ons wil hê dat soveel mense moontlik die kursus bywoon. Die kostes beloop N$550-00. 6. Die Krieketskool in Windhoek bied die 30ste April tot die 3de Mei ʼn krieketkamp te Blumfelde aan vir 0/12 tot 0/15. Hulle sal later vir ons meer inligting deurgee. 7. Ons wil vir alle atlete wat die naweek aan die nasionale kampioenskappe deelneem alle sterkte toewens. Atlete wat op die toere gaan, sal met die Quantum Sondag vanaf Stampriet vertrek. Mnr. Johan Ariaanse ry die bussie. 8. Ons bedank ook graag die volgende borge van die 0/13 Sporttoer na die Kaap: 9. Ons wil ook vir alle kinders en onderwysers wat op die Kaaptoer vertrek alle sterkte toewens. Hoop julle geniet dit en kom veilig terug. Hier is die skakels na die programme: 10. Neem tog kennis dat die mini-eksamen die 8ste April begin. 11. Gisteraand is Mej. Elnatan aangewys en dit was weereens ʼn glansgeleentheid. Marlene Bergh is aangewys as Mej. Fotogenies en Mej. Persoonlikheid. Mnr. Elnatan was Peru Liebenberg, Eerste Prins was Hannes Kotze en Tweede Prins was Wayne Blaauw. Sunet van Schalkwyk is aangewys as Tweede Prinses, Tarien Lombaard as Eertste Prinses en Nadine Towsen is gekroon as ons eie Mej. Elnatan 2010 sowel as Mej. Kreatiwiteit. Baie geluk aan julle almal. Baie dankie ook aan Juffrou Marisa en Juffrou Melanie vir al julle harde werk. Ons bedank ook graag al die borge wat die geleentheid vir ons moontlik gemaak het. (Die foto's sal so spoedig moontlik op die webwerf geplaas word.) Om ʼn bietjie van jouself aan elke liewe ding te wy, beteken dat jy ʼn groot deel van jouself tot niks verbind nie. -Micheal LeBoef
Groetnis,
Thinus Botma
![]() |
Back to Back Issues Page |