Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 8, 2009
April 17, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Tyd vir ons omsendbrief, en dit lyk asof die eksamen so bietjie van 'n demper op alle aktiwiteite plaas, want daar is nie hierdie week baie nuus nie. Ons gee nietemin die volgende vir u deur:

1. Ons is baie dankbaar dat ons O/13-rugby en netbal veilig terug is uit die Kaap. Hulle het wonderlik presteer en ons is regtig baie trots op hulle. Die groep het ook 'n beker gewen vir die bes gedissiplineerde span met die beste spangees. 'n Beter trofee kan 'n mens mos nie wen nie, en dit maak ons nog meer trots op hulle. Ons s ook baie dankie aan Mnre Tinus en Kokkie, en Juf Marie wat die groep met groot onderskeiding hanteer en bestuur het. Baie dankie spesifiek aan Mnr Tinus wat alle relings getref het met die gevolg dat alles stiptelik en sonder enige haakplekke afgeloop het. Baie dankie ook aan die groot groep ouers wat die toer meegemaak het, julle ondersteuning was fantasties.

2. Ons is bewus van 'n gesin in Zimbabwe met twee kinders wat tans nog op hulle plaas is. Hulle omstandighede is haglik, maar hulle kan nie die plaas verlaat sonder om dit te verloor nie. Hulle het 'n seun van 5 jaar en 'n dogter van 15 jaar. Die dogter ly aan ruggraatverkromming en moet Pretoria toe vir behandeling. As enigiemand voor 24 April 'n bydrae kan maak in die vorm van kontant, dogtersklere(small) of seunsklere(5-6jr), sal ons dit baie waardeer. Gee asb enige bydrae af by die Hulpsentrum vir Helpende Hande.

3. Ons is nie ver van die vakansie nie, en na die vakansie is dit Privaatskole Sportnaweek in Swakopmund. Ons sal dit dus baie waardeer as u vir ons 'n aanduiding kan gee op die aangehegte strokie van leerlinge wat met die bus moet ry en wat verblyf in Swakopmund nodig het. Kliek hier om die strokie oop te maak.

4. Die jukskei is besig om 'n groot sport in die skool te word. Gister was 52 leerlinge by die oefening. Dit bring mee dat daar nou 'n ernstige tekort aan skeie is. Enigiemand wat skeie kan skenk, borg of aan die skool wil verkoop moet asb met Mnr Tinus skakel by 081-2774762.

5. Verlede week was Mej en Mnr Elnatan wat 'n pragtige geleentheid was. Baie geluk, en baie dankie aan Juf Marisa en Melanie wat dit aangebied het asook al die seuns en dogters wat deelgeneem het. Vir die van u wat nog nie gehoor het nie, gee ons graag deur dat Jozanne van Schalkwyk gekroon is as Mej Elnatan en Strydom van der Wath as Mnr Elnatan. Baie geluk aan hierdie twee pragtige leerlinge, innerlik en uiterlik.

6. Die beplande ouerkamp vir die naweek is afgestel as gevolg van 'n tekort aan belangstelling. Ons het reeds ons ouers deur die loop van die week dienooreenkomstig in kennis gestel. Baie dankie in elk geval aan Ds Attie Boshoff wat alles vir die kamp beplan het. Moontlik kom dit op 'n ander datum af. Ek het egter die week op 'n artikel in Die Boodskapper afgekom wat net sowel deel van die kamp kon wees, en ek stuur dit as 'n aanhangsel saam met die nuusbrief. Ons pappas moet dit asb lees. Ek weet daar is baie van hulle wat volgens hulle "nie kan lees nie". Mamma, doen my asb 'n guns, en lees dit vir hom, want dit is vir my die kern van die wreld se probleme. Kliek hier om die artikel te lees. (Dit neem 'n paar oomblikke om oop te maak, maar moet dit nie mis nie.)

7. Minette Van Vuuren, wat die perdrylesse aanbied, vra dat kinders wat in die toekoms perdrylesse neem asb hul geld vooruit sal betaal. Kies asb hoeveel lesse die kind moet neem, en betaal dan daarvolgens.

8. Verlede week moes ongeveer 52 ouerpare gebel word oor skoolgeld wat agterstallig is. As gevolg van die geweldige kostes het die Direksie besluit om rekeninge met N$20.00 te debiteer vir elke keer wat 'n persoon gebel word. Ek wil egter baie dankie s aan ouers wat skitterend reageer het op die versoeke, en meer as twee derdes van agterstallige skoolgelde is die week inbetaal.

9. Die naweek vind die Hardap O/16 tot O/19-rugbyproewe in Rehoboth plaas. Baie sterkte aan die seuns. Ons vertrou dat ons seuns goed verteenwoordig sal wees in die onderskeie spanne.

10. Voorverlede week was dit ook die Hardap O/13-rugbyproewe waartydens 11 van ons spelers in die groep van 22 opgeneem was. 'n Pragtige prestasie.

Baie keer het ons nie bereik wat ons graag wou bereik nie, of het ons foute gemaak, en dan dink ons ons moet hierdie bagasie met ons saamdra vir die res van ons lewe, maar kyk wat s Job vir ons:

"...ons is maar net van gister, ons weet niks, ons dae is so vlugtig soos 'n skaduwee op die grond.
Job 8:9

Ds Solly Ozrovech oordink dit as volg:

"As jou gisters en eergisters besaai l met die wrakhout van verydelde verwagtings en mislukte ambisies, gee hulle in stil vertroue aan die Lewende Christus oor en vergeet dan van hulle."

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page