Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 8, 2010 April 22, 2010 |
Geagte Ouers
1. Eerstens wil ek net vir P.W. Steenkamp, wie se naam ek verlede week uitgelaat het, baie geluk wens met sy verkiesing tot die Hardap 0/13 rugbyspan. Daar het ook 'n hele aantal van ons senior seuns span gekry in die streekspanne wat die naweek aan die nasionale proewe deelneem. Hulle is: O/16: Sean de Klerk, JF Labeschagne, Gerdi Van Vuuren, Eugene Joubert, ST Barnard, MJ Van Staden, Alfred Kohne, Steyn Fourie O/19: Uwe Pekalski, Jaco Beukes, Braam Van Niekerk(OC), Eduan Riekert, Naude Neethling(C), Zandre Prinsloo, JC Booysen, Ruaan Leeb, Julian Loubser. Baie geluk ook aan julle. 2. Ons herinner u aan die noodhulpkursus van die 1ste tot die 3de Julie. Kostes beloop N$550. As u 'n elektroniese oorbetaling doen, faks tog die bewys na die kantoor. 3. Die Graad 7's vertrek om 05h00 Vrydag die 21ste Mei na die NaDEET buitelug sentrum. Hulle sal Maandag 24 Mei ongeveer 17h00 terug wees. 4. Die Winterskool van die Gr.11 & 12 leerlinge is uitgestel omdat daar nie 'n persoon beskikbaar was om die Skeinat aan te bied nie. Dit sal nou die eerste week in die September vakansie plaasvind. 5. Die 0/19 Rugbyspelers het 'n oefenkamp van die 17de tot die 20ste Mei hier by Elnatan. 6. Die 0/10, 0/11 & 0/12 Netbaltoer onder leiding van Juffrou Tersia en Juffrou Annelie gaan die 7de Mei met 'n gejuig wegspring en beplan om die 15de Mei terug te wees op eie bodem. 7. Ons herinner ook almal aan die ouervergadering met skoolheropening die 26 Mei. 4 Direksielede moet verkies word, so probeer tog om daar te wees. ONTHOU: As u nie hier is om die besluit te neem nie, kan u nie na die tyd kla oor die besluit wat geneem is nie. Die finansiële state is by Corrie in die kantoor beskikbaar vir die wat 'n ogie wil gooi. 8. Die volgende versoeke uit die finansiële kantoor:
9. Steyn Fourie gaan bietjie by ons kom kuier die 1ste Junie. Kliek hier vir volledige inligting. 10. Die Privaatskole sportnaweek is dan ook die 2de tot die 5de Junie. Die skool sluit egter eers Woensdag die 2de Junie om 13h00, slegs kinders wat die oggend al aan Jukskei, Krieket en Tennis deelneem sal voor die tyd verskoon word. Tydens die sportnaweek is dit dan ook KPS se Wildsfees waartydens 3 kunstenaars optree. Skole kan lapas bespreek vir die aangeleentheid, maar ons voel met die vakansie op hande is dit te groot risiko om besprekings te maak, en dan moet die skool die koste op die end dra. Ons heg alle inligting aan om ons ouers die geleentheid te gee om self besprekings te maak. Kliek hier om die inligtingstuk af te laai.
11. Ons wil ook vir Tarien Lombaard en Juané van Aardt baie gelukwens met hulle oorwinning in die Idiome-stryd. Hulle het sowaar skouer aan die wiel gesit en die blink kant bo gehou. Ons hoop julle het almal 'n heerlike tyd saam met julle kinders en dat julle hulle stroopsoet en pligsgetrou sal terugstuur na die vakansie.
Tot volgende trimester,
![]() |
Back to Back Issues Page |