Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 9, 2009
April 29, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Dit voel asof in 'n oogwink dat ons weer aan die einde van hierdie eerste termyn is. Om dit deeglik te kan afsluit gee ons vir u die volgende deur:

1. As enigiemand 'n swart Nokia 1208 op die skoolterrein opgetel het, skakel asb vir Magda Viljoen by 063-272453.

2. Die klerehandelaars sal op 25 en 26 Mei, met skoolopening, alle wintersdrag by die skool te koop aanbied.

3. Me Gretchen Nell het 'n bespreking vir 9 en 10 Mei in die Kgalaghadi Oorgrenspark (Gemsbokpark). Hulle kan ongelukkig nie meer gaan nie en as sy kanselleer verloor hulle die volle bedrag. As enigiemand belangstel om dit by hulle oor te neem, skakel haar by 063-260202 of 081 406 4428. Albei nagte is vir 'n chalet en 'n kampplek.

4. Die seuns wat op die rugbytoer na Potchefstroom gaan vertrek op Vrydag, 15 Mei, om 06:00 en arriveer Saterdag, 23 Mei, om 06:00. Alle ander reŽlings is reeds met die seuns gekommunikeer. Indien daar enige navrae is skakel Mnr Johan by 081 124 7757 of Mnr Abie by 081 245 5221. Baie sterkte aan hierdie toergroep. Ons hoop hulle gaan baie goed doen en dat hulle dit baie sal geniet. Baie dankie ook aan Mnre Kokkie, Johan en Abie wat hulle vergesel.

5. Verlede naweek was die O/16 tot O/19 rugbyproewe vir die kies van Nasionale spanne. In die verband wil ons baie geluk sÍ aan Danie van Niekerk wat opgeneem is in die O/16 span, Corne Karsten in die O/18 Akademiespan, Rion van Vuuren en JJ Calitz wat opgeneem is in die O/19 span. Ons is baie trots op hulle en wil hulle baie sterkte toewens wanneer hulle later vanjaar NamibiŽ in Suid-Afrika gaan verteenwoordig.

6. Die afgelope week was die O/13 Cravenweek proewe in Windhoek. Die wonderlike nuus is dat vyf van ons spelers in die span opgeneem is nl Johan de Klerk, Beon van Niekerk, Jandre van Wyk, Henri Knouwds en Martin Barnard. Baie geluk aan hierdie bulletjies, ons is baie trots op julle, en mag julle baie ervaring by die Cravenweek gaan opdoen.

7. Op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 Mei, het ons 'n mini-interhoŽr teen WHS. Slegs die eerste hokkie, netbal en rugbyspanne ding teen mekaar mee. Vrydagnamiddag gaan daar 'n heerlike sosiale program wees wanneer hierdie spanne, ouers en onderwysers mekaar die stryd gaan aansÍ in volleyball, sokker ens. Die eerste netbalspan en dogtershokkiespan gaan Vrydagnamiddag speel, terwyl die seunshokkiespan en eerste rugbyspan Saterdagoggend speel.

Vrydagaand gaan daar 'n sokkie vir die spelers van Elnatan en WHS wees terwyl die ouers en onderwysers van die twee skole heerlik gaan saambraai en kuier. Ons neem die vrymoedigheid om te vra dat elkeen van die spelers van die bogenoemde spanne 'n halwe kilogram braaivleis en 'n halwe kilogram wors na die vakansie sal saambring sodat ons ons gaste heerlik kan onthaal.

Al ons ouers word ook hartlik uitgenooi na die geleentheid en ons wil vra dat ons ouers wat kom ook 'n ekstra worsie en vleisie sal saambring. Ouers wat saam met die mansonderwysers wil hokkie speel en die dames wat wil netbal speel moet hulle name by Cora ingee. Hierdie is 'n heerlike geleentheid om bande te bou en ons wil graag hÍ u moet dit ondersteun. Verrigtinge sal reeds Vrydagmiddag 14:00 begin en Saterdagoggend om 10:30 afgehandel wees, sodat almal betyds in Windhoek kan wees vir die rugbytoets.

8. Vind hieronder skakels na die volledige program van die Privaatskole Sportnaweek wat vanaf 4 tot 6 Junie in Swakopmund plaasvind. Die name van alle spanne en groepe is ook beskikbaar. U word weereens versoek om met Cora te skakel indien u kind met die bus na Swakopmund wil ry of indien u kind verblyf verlang. Kliek op die volgende skakels vir:

9. Die Stampriet Boerevereniging bied op 9 Mei 'n Steakbraai aan. Die Super 14 wedstryde word op 'n "big screen" gebeeldsaai en die aand gaan daar heerlik gedans word. Almal word hartlik uitgenooi.

10. Carita en Lize Moolman is reeds in Suid-Afrika waar hulle aan 'n Internasionale tennistoernooi deelneem van 22 lande. Baie geluk aan hierdie twee dogters wat opgeneem is in die Namibiese span en ons hoop dat dit baie goed sal gaan in hierdie toernooi.

11. Komende naweek speel NamibiŽ en Suid-Afrika Jukskei toetse teen mekaar waarin ses van ons leerlinge teenwoordig is. Ons wil hulle baie sterkte toewens en glo dat hulle hierdie keer vir Suid-Afrika sal klop.

12. Dieselfde naweek speel ons O/19A rugbyspan in 'n groot toernooi in Windhoek teen top skole uit Suid-Afrika. In die openingswedstryd speel ons Donderdagmiddag teen St John's College, en ons wil 'n ieder en elk wat daar kan wees versoek om asb ons seuns op die Nasionale Stadion te ondersteun.

13. Op 26 Mei, met skoolopening, vind die jaarvergadering van ons ouers plaas. FinansiŽle state vir 2008 sal voorgelÍ word en nuwe direksielede vir Gochas, Onder-Nossob en MaltahŲhe moet verkies word. Ander punte kan voor die vergadering aan myself gegee word vir bespreking.

14. Me Hannelie Marais het 'n tweeslaapkamer-meenthuis in Windhoek, Kleine Kuppe, wat sy wil verkoop. Skakel haar indien u belangstel by 081 229 9056.

15. Wanneer die skole heropen moet alle leerlinge in volle wintersdrag geklee wees. Aangesien dit altyd 'n probleem is, wil ek versoek dat ouers asb sal toesien dat leerlinge se hare baie netjies is en beslis nie gekleur nie.

16. Alle leerlinge ontvang rapporte. Oor die algemeen het leerlinge baie goed presteer. Baie dankie vir harde werk.

17. Kliek hier vir 'n advertensie van 'n Hardap plot van 'n Familie Trust wat te koop aangebied word. Hierdie is regtig 'n geleentheid van 'n leeftyd.

Sien foto's van La-Mune op ons webwerf se Prestasie-blad (volg hierdie skakel).

Ons wens u 'n heerlike vakansie met baie rus en kuier toe.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page