Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 9, 2010 June 17, 2010 |
Geagte Ouers 1. Die Direksie het 11 Junie 'n vergadering gehou en wil graag die volgende sake onder u aandag bring.
2. Die direksie wil ook sy dank uitspreek teenoor die topbestuur by die skool asook alle onderwysers en personeel wat elkeen net hulle beste gee om seker te maak die skool loop op al sy silinders. Van die skool se kant af: 1. Neem asseblief kennis dat die Mariental busgelde is betaalbaar oor 11 maande vanaf Januarie tot November. Kinders moet asseblief 05h40 by die bussie wees sodat die bussie 05h45 kan ry. 2. Skoolgelde is betaalbaar as volg: Maandelikse betalings teen die 7de van elke maand @ N$2590 koshuis- en N$1855 dorpsleerlinge. Kwartaalikse betalings teen die teen die 7de September @ N$6195 koshuis- en N$4625 dorpsleerlinge. State van agterstallige rekeninge word vandag uitgestuur. 3. Daar is nog blou kriekethoede by Carducci beskikbaar teen N$65 elk. 4. Uitstaande boekegelde moet asseblief na die naweek vereffen word. 5. Alle uitstaande Matriekeksamengelde moet asseblief na die naweek betaal word, die skool het reeds die volle rekening by die IEB betaal. 6. Persone wat die noodhulpkursus wat 1 tot 3 Julie by Elnatan aangebied word deur "Academy of Health and Safety" wil bywoon moet op die heel laaste eerskomende Maandag (21 Junie) hul N$550 by Smit Kotze inbetaal. Die prakties word Saterdag 3 Julie by die sportdag te Mariental gedoen.) 7. Heerlike kraakvars appels @ N3/appel kan weer deur die Kankervereniging bestel word. Alle bestellings moet voor 24 Junie in wees. Ondersteun hierdie projek en dra so jou deel by tot die stryd teen kanker. 8. Enige skoolklere of sportklere wat te klein is, en wat nog gebruik kan word, kan na die hulpsentrum gebring word. Ons kan dit dan vir u verkoop of as 'n skenking vir die skool verkoop. Mev. Van Wyk het dan ook 'n groot verskeidenheid nuwe seuns skoolklere wat slegs 1 kwartaal gedra is, kontak haar gerus by 081-3741325. 9. Op die 16de Julie is dit weer ons Graad 1 – dag. Alle ouers wat volgende jaar 'n graad 1 wil inskryf moet tog so gou moontlik julle name by Ansie by die kantoor opgee. Laat weet tog ook vir ons as julle weet van iemand anders wat moontlik volgende jaar 'n kind wil inskryf. 10. Die 25 Junie is dan ook weer ouerdag en ons versoek ouers om asseblief met u kind se onderwysers te kom praat. By die Junior Primęr kan u die juffrouens reeds vanaf 07h30 sien. Die Senior Primęre en Hoërskool-onderwysers sal vanaf 09h00 beskikbaar wees. 11. Die N.G. Kerk Stampriet hou dan ook hulle basaar die 25ste Junie vanaf 08h00 in Elnatan se eetsaal. Braaivleis en lekkernye sal volop wees vir die wat 'n hol kol op die maag het. 12. Op die 29ste Junie om 14h00 hou die Hoërskool-leerlinge die Elnatan Soccer World Cup. Dit beloof om 'n middag vol pret en plesier te wees. 13. Tarien Lombaard en Joanč van Aardt het weereens die wa deur die drif getrek en is deur na die kwarteindrondte van die idiome-stryd. Baie Geluk !!! 14. Tydens die privaatskole-naweek is daar baie aksiefoto's van die onderskeie spanne geneem. Hierdie foto's kan by Juf. Melanie bestel word. 15. Die volgende dogters is gekies vir die onderskeie netbal-spanne van die streek: 0/12 – Leandi van Schalkwyk, Karlize van Wyk, Cari v/d Westhuizen; 0/13 – Lizet Lombaard, Brenice du Plessis; 0/15 – Louise-Mari Kotze, Ernč van Wyk, Yolandi le Roux, Marlize de Klerk, Zunelle Vermaak; 0/17 – Elanie v/d Merwe, Schearita v/d Merwe, Nina Louw; 0/19 – Elzabč de Klerk, Jozanne van Schalkwyk, Lize Kotze, Sunette van Schalkwyk. 16. Dogters wat in Mariental en Rehoboth aan die proewe deelgeneem het moet tog onthou om na die naweek julle busgelde te betaal. 17. Aangeheg is 'n lys met verblyf vir volgende jaar se Privaatskole-naweek in Tsumeb. Kliek hier om die lys af te laai. 18. Ons wil ook baie geluk sę aan Divan Vogel wat by die afgelope Namibiese Nasionale Sierduifkampioenskappe die junior wenner was. 19. Aangeheg is die sportprogramme vir die kwartaal. Kliek hier om die programme af te laai. 20. Diskonto boeke het weer hulle jaarlikse uitstalling hier gehad, en was baie beďndruk met ons kinders. Vind die nota wat hulle geskryf het aan die skool, hieronder. 21. Anja Louw bied 'n verskeidenheid van partytjie bokse, ideal vir klas partytjies en/of na-ure partytjies. Pryse wissel van N$ 20 en meer. Skakel vir Anja Louw by 081-1282983/063-260314 of oikos@iway.na 22. Baie dankie vir Precioux wat die week die omsendbrief borg. (advertensie aangeheg) 23. Die Eisteddfod is 'n Nasionale kompetisie in kunste bv. Sang, drama, poësie, dans ens. Hierdie jaar word streekskompetisies gehou en die suide s'n vind plaas by Elnatan op 24 en 25 September. Graag moedig ons u aan om u kind te motiveer om aan die wonderlike geleentheid deel te neem. Dit is vir alle ouderdomsgroepe van 5 tot 90 jaar. 'n Afrigtingkursus is gereel om u kind af te rig en dit vind plaas op 9,10, en 11 Julie. Dit word aangebied deur Mev. Karien Viljoen, 'n gekwalifiseerde spraak en drama onderwyser en sy belowe dat u kind ten volle afgerig sal wees na die drie dae. Die koste verbonde aan die kursus is NS 300 per deelnemer. Kinders kan in koshuise tuisgaan. Indien u en u kind belangstel, voltooi asb die afskeurstrokie en stuur dit so spoedig moontlik terug na Mev. Mariaan Maritz. Kliek hier om die afskeurstrokie af te laai.
Vir verdere navrae skakel:
Baie groete uit 'n yskoue Stampriet waar die pype bars en die tande knars. Thinus Botma
![]() BRIEFIE VAN DISKONTO BOEKE Ons kom al 'n paar jaar na Elnatan Skool om boeke te verkoop en hierdie jaar is dit nogal opmerklik hoe vriendelik die kinders ons gegroet het – selfs die seniors !!!! Baie dankie daarvoor. Dit is lekker om as 'n vreemdeling erken te word. Hou so aan Elnatan. Ek is seker dit is wat Jesus sou doen. Groete Gerrit en Hannes Diskonto Boeke 16/6/2010
|
Back to Back Issues Page |