Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 10, 2009 May 29, 2009 |
Geagte Ouers
Die nuwe termyn is in volle swang, en as gevolg van die menigte aktiwiteite, is dit noodsaaklik dat ons so spoedig moontlik noodsaaklike inligting kommunikeer:
1. Die Mariental bus-kinders en ouers moet asb kennis neem dat die bus Maandag agterbly om spanne die geleentheid te gee om hulle laaste oefeninge voor die Sportnaweek in te kry. 2. Ons benodig 'n handewasbak om in 'n kleedkamer in te sit, en dit sal baie waardeer word as iemand ons met 'n ou wasbak kan help. Dit hoef nie mooi of nuut te wees. Byvoorbaat dankie.
3. Ons het 'n busband met binneband en "rim" wat in 'n baie goeie toestand is, maar wat nie deur een van ons busse gebruik kan word nie. Die grootte is 1100 x 22. Enigiemand wat belangstel kan met my kom gesels en 'n aanbod vir die skool maak.
4. As dit van die kinders afgelei word, aanvaar ek die ouers is ook in rep en roer vir die komende Sportnaweek in Swakopmund. Aangesien skole tydens die week weer onttrek het en ander spanne ingeskryf is, was die organiseerders genoodsaak om die hele program te verander. Ons is in kennis gestel dat ons moontlik die finale program vandag sal ontvang. Die opening is Donderdag om 15:00, waarby ons wil hę dat al ons skool se deelnemers teenwoordig sal wees. Alle leerlinge neem in hulle sweetpakke in die optog deel, behalwe die senior prefekte wat in volle wintersdrag geklee moet wees. Vir die res van die naweek kan die kinders in hul sportklere, sweetpakke of sporthempie, die blou of oranje, met 'n blou broekie of blou denim aanhę.
5. Op 'n ouervergadering gehou op 26 Mei 2009 is die volgende besluite geneem:
a) Nuwe Direksielede is verkies vir Maltahohe Me Elize Cilliers (herkies), Gochas Mnr Koos Boltman en Onder-Nossob Mnr Awie Steenkamp. Baie geluk aan hierdie ouers, ons weet u kundigheid gaan vir ons tot groot voordeel strek. Baie dankie ook aan Mnr Sarel van Dyk, Me Elfie Moolman en Me Elize Cilliers wat hul volle termyn gedien het en uitstekende diens en groot opofferings vir ons skool gemaak het.
b) Alle skoolgelde word steeds nie op datum betaal nie en die vergadering besluit dat agterstallige ouers eers 'n brief kry om op datum te kom. Indien weer agterstallig versoek word om voortaan vooruit te betaal, en indien weer agterstallig sal ouers versoek word om kinders uit die skool te neem.
c) Die skool sluit Dinsdag, 2 Junie, om 13:00 vir die Sportnaweek, en heropen op Maandag, 15 Junie, om 7:00. d) Die ouerdag van 12 Junie verskuif na 19 Junie.
e) Die Engelse Debataand van 11 Junie verskuif na 16 Julie.
f) Die Direksievergadering van 17 Junie verskuif na 15 Junie.
6. Die eerste naweek na die breek is dit ons Laerskool Sportdag, wat beloof om 'n baie groot dag te wees. Laerskole so ver as Walvisbaai neem deel en al ons Hoërskool spanne speel ook op die dag op Stampriet. Baie sterkte aan ons ouergroepe wat die verkope hanteer, en baie dankie vir die werk wat reeds ingesit is vir die dag. 7. Die rugbyprogram vir hoërskole vir die jaar word hierby aangeheg. Kliek hier om die Rugbyprogram 2009 af te laai. Tot en met die finale is dit 105 spanne wat mekaar in 403 wedstryde die stryd gaan aansę. U sal miskien nou beter verstaan hoekom wedstryde nie sommer kan verander en skuif soos ons dit graag wil hę nie.
8. Alle halfjaar- en kwartaalbetalers word herinner dat u betalings voor 7 Junie gedoen moet word, anders sal u rekening met rente belas word en u sal geskakel word.
9. Daar is nog 'n paar sweetpakke teen halfprys in Carducci beskikbaar.
10. Volgende naweek se verrigtinge in Swakopmund is die vertoonvenster van Privaatskole in die land, en as een van die leidende skole in die land wil ons vra dat almal wonderlike ambassadeurs vir ons skool sal wees, maar ook 'n voorbeeld sal stel wat wys dat ons die leiers op die gebied van Privaatskole is. Gedrag en voorkoms, op en van die veld, moet altyd onberispelik wees. Dis nie altyd die wen wat saak maak nie, maar die manier en gesindheid waarmee wedstryde gespeel word. Kom ons wees sportmanne, -vroue en -ondersteuners in die ware sin van die woord.
11. Me Wanda Knipe het blyplek vir ses persone op Langstrand vanaf 1 tot 8 Junie. Indien u belangstel skakel haar asb by 063-293346.
Almal is baie bekommerd dat ons spanne volgende naweek moet wen, maar wat is ware oorwinning? Joh. 11: 25, 26 sę: "Ek is die opstanding en die Lewe wie in my glo sal lewe al sterwe hy ook, en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie."
Ds Solly Ozrovech sę: "Kom ons vra God om ons gedurig aan Christus se graf te herinner dat ons die triomferende Jesus kan sien. Oorwinnaar oor die graf; die Een wat die dood uitgedaag en oorwin het. En laat ons onthou dat ons wat in Hom glo, dieselfde oorwinning deelagtig sal word."
Groetnis,
Dawie O'Callaghan
![]() |
Back to Back Issues Page |