Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 10, 2010
July 02, 2010


  • Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Ons gee graag vir u die volgende deur:

1. Die matrieksertifikate van 2009 is by die skool en kan by Juf. Marie afgehaal word.

2. Ons herinner u graag weer aan ons Graad 1 dag die 16de Julie en vra weereens dat u tog alle name vir moontlike graad 1 leerders vir 2011 aan Ansie (sekretaresse) deurgee.

3. Die finale datum vir die Privaatskole Sportnaweek in Tsumeb is die 1ste – 4de Junie 2011.

4. Oom Faan Oosthuizen bied Vrydag die 9de en Saterdag die 10de Julie weer 'n skeidsregterkursus te Elnatan aan. Belangstellendes kan met Tinus kontak maak. (081-2774762).

5. Tydens die Nasionale Netbalproewe is twee leerlinge in die Namibiese spanne opgeneem. Hulle is Shearita v/d Merwe – 0/19; en Kari v/d Westhuizen – 0/12.

6. Me. Rita Voght het haar bedanking ingedien as matrone en verhuis na Outjo. Ons is haar ewig dankbaar vir uitstekende diens gelewer. As u weet van iemand wat tydelik hierdie groot leemte kan vul, skakel tog vir Tinus by 081-2774762.

7. Ons het die Hoërskool Rugby se ligaprogram gekry. Kliek hier om die liga-program van die rugby af te laai.

8. Die Marientalbussie se daggeld is vanaf 1 Julie opgeskuif na N$50.

9. Ons wil dit tog net onder u aandag bring om te onthou dat beltye by Huis Cora vanaf 15h00 tot 18h30 is en dat selfone by die matrone ingehandig moet word. Daar is ook gevind dat sommige kinders nie tandepasta, haarborsels, haarrekkies, handeroom en 'n Bybel het nie. Maak tog seker u pak dit elke week in.

10. Die Graad 11 leerlinge wil graag die volgende aan u deurgee:

Geagte Ouers

Hiermee wil ons graag vir u meer inlig oor ons projekte in Lewensoriëntering. Ons het Woensdag 'n besoek aan die lokasie gebring, waartydens ons sop aan die bejaardes en pensionarisse uitgedeel het. Party van ons het ook die kleuterskooltjies besoek waar ons die kleintjies met allerhande speletjies en pret vermaak het. Ons wil graag meer vir hierdie mense doen en is op die oomblik besig om geld in te samel vir drie projekte:
1) Matriekafskeid
2) Harnas – Hersteloord vir diere
3) Sopkombuis en kleuterskooltjies

Indien u dalk ou speelgoed, klere, komberse ens. het wat u aan ons kan skenk, sal ons dit baie waardeer!

Dankie vir u ondersteuning.

Graad 11-Klas

Hierdie week se omsendbrief is geborg deur Avroy Shlain. Die agent op Stampriet is Mariana Botma. Kontak haar gerus vir bestellings. (081-3180265)

Hoop u het 'n heerlike naweek.

Thinus Botma



Back to Back Issues Page