Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 11, 2009
June 22, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Geagte Ouers

Daar is regtig soveel dinge wat gebeur dat ons u so gereeld as moontlik op hoogte probeer hou van alles. Die volgende is hierdie week baie belangrik:

1. Baie geluk aan Brendan du Plessis wat die afgelope week opgeneem is in die Namibiese O/15 krieketspan wat die einde van die maand na die RSA toer. Ook baie geluk aan Tiaan de Klerk en Oujan Labuschagne wat opgeneem is in 'n O/19-rugby Luiperds Uitnodigingspan wat begin Julie in Potchefstroom gaan speel. Ons is baie trots op hierdie drie manne.

2. Beroepstoetsing van Graad 9's kan van volgende week af gedoen word. Kostes is N$50.00. Sodra die geld by Juf Marisa inbetaal is, kan 'n leerling getoets word.

3. Ouers kan vanaf Vrydag, 29 Junie, elke Maandag en Vrydag koffie en tee, roosterbroodjies en koek by die nuwe restaurant van die Hotelbestuur kom geniet. Juf Marietjie en haar groep het baie moeite gedoen om 'n pragtige plek te skep, ondersteun hulle asb. Die restaurant is elke Woensdag van 15:00 vir die kinders oop.

4. Die langverwagte Swakopmund Sportnaweek is iets van die verlede, en ons wil van die geleentheid gebruik maak om vir ons kinders baie dankie te sê vir pragtige prestasies wat behaal is en vir die skitterende ambassadeurs wat hulle vir ons skool was. Hulle was onberispelik op en van die veld, en ons is regtig baie trots op hulle. In dieselfde asem kan ons ook nie anders as om vir ons ouers baie dankie te sê nie. Dankie omdat daar so 'n massa van julle opgeruk het Swakop toe, maar veral vir die wonderlike voorbeeld wat ons ouers gestel het. Nie net vir ons kinders nie, maar ook vir die ouers van ander skole. U gedrag het getuig van baie ervaring en volwassenheid, en net so trots soos ek op ons kinders is, net so trots is ek om sulke pragtige ouers te hê. Baie, baie dankie, ek salueer u skitterende optrede.

5. Op 'n Direksievergadering gehou op 15 Junie 2009 is die volgende baie belangrike besluite geneem:

a) Na aanduiding van baie klagtes oor die pryse van skoolklere, en die ongelukkigheid by ander privaatskole, het die direksie besluit om 'n brief aan die leweransiers te rig om drasties na die pryse te kyk anders sal die skool nie 'n ander opsie hê as om na 'n ander leweransier oor te skakel nie.

b) Die tarief vir die Mariental bus bly dieselfde aangesien die inkomstes en uitgawes per maand baie na aan mekaar is.

c) Koshuiskinders se skoolgeld word vanaf 1 Julie met N$150 per maand per kind verhoog. Die verhoging geld vanaf 1 Julie tot Oktober 2009. Die direksie was genoodsaak om hierdie besluit te neem as gevolg van stygende pryse wat veroorsaak het dat die begroting vir koshuisleerlinge N$280 per leerling onder die gelykbreekpunt is.

d) Aangesien skoolgelde steeds nie op datum betaal word nie moes die direksie ook die volgende drastiese besluit neem. Alle ouers word tyd gegun tot 7 Julie 2009 om alle gelde tot en met Julie op datum te bring. Op 7 Julie sal die direksie vergader en dan sal alle leerlinge wie se skoolgeld tot Julie nie op datum is nie, gevra word om die skool te verlaat. Hierdie is nie 'n dreigement nie, maar gaan beslis toegepas word.

e) Geen nuwe aanstellings vir 2010 kon gemaak word nie aangesien daar nog nie vakatures is nie.

f) Volledige notules en agendas sal voortaan by ouervergaderings beskikbaar wees.

g) Noodhulpkissies moet streng beheer word en verkieslik vanaf 'n sentrale punt deur die matrone hanteer word.

h) 'n Versoek is gerig om die belangstelling vir laerskool hokkie by die ouers te toets. Na terugvoer sal verdere besluite geneem word.

6. Die volledige rugbyprogram is reeds met ‘n vorige omsendbrief deurgegee. Aangeheg ook die program met alle laerskool sportdatums. Kliek hier om die Laerskool Sportprogram vir 2009 af te laai.

7. Die volgende hokkieprogram geld vir die seisoen:

  • 17 Junie: Seuns en Meisies vs MHS te Stampriet
  • 24 Junie: Seuns en Meisies vs MHS te Mariental
  • 1 Julie: Seuns en Meisies vs MK Gertse te Stampriet
  • 4 Julie: Seuns en Meisies vs Toerspan(Labori) te Stampriet
  • 8 Julie: Seuns vs Dr Lemmer te Rehoboth
    Meisies vs Rehoboth Hoër te Rehoboth
  • 11 Julie: Seuns en Meisies vs KPS te Stampriet
  • 15 Julie: Seuns en Meisies vs PK de Villiers te Keetmanshoop
  • 22 Julie: Seuns vs Dr Lemmer te Stampriet
    Meisies vs Rehoboth Hoër te Stampriet
  • 23 Julie: Seuns en Meisies vs KPS te Keetmanshoop
  • 29 Julie: Seuns en Meisies vs MK Gertse te Rehoboth
  • 1 Aug: Seuns en Meisies vs PK de Villiers te Stampriet
  • 8 Aug: Kwartfinale
  • 15 Aug: Semi-finale
  • 22 Aug: Finale

8. Baie geluk aan ons seuns en dogters hokkiespanne wat reeds hul eerste wedstryde met onderskeidelik 4-0 en 3-0 gewen het.

9. Môre is ons Laerskole sportdag en die Hoërskool rugby speel teen HTS. Baie sterkte aan al die spanne betrokke. Baie dankie aan alle ouers betrokke by die verkope.

10. Op 2 en 3 Julie neem ons O/19 netbalspan aan die Herman Davin toernooi in Windhoek deel.

11. Op 18 Julie vind die FNB Classic Clashes teen WAP in Windhoek plaas waartydens al ons spanne in aksie sal wees.

12. Die afgelope week was die Hardap netbalproewe vir O/13 tot O/19 gehou en is die volgende dogters van ons skool gekies.

  • O/13: Izaan van Schalkwyk en Mareli Liebenberg
  • O/15: Carita Moolman, Schearita van der Merwe, Yolandi le Roux, Erne van Wyk en Rochelle Byleveld.
  • O/17: Jozanne van Schalkwyk, Jenine Louw, Elzabe de Klerk en Mareli Brand
  • O/19: Mariesa de Jager en Tarien Lombaard
Baie geluk aan al die dogters met pragtige prestasies.

'n Geseënde naweek word u toegewens.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page