Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 12, 2010 August 13, 2010 |
Geagte Ouers 1. Namens die skool, ouers, personeel en leerlinge wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om die Direksie hartlik te bedank vir hulle onbaatsugtige diens aan die skool. Dalk lyk dit soms of dit nie raakgesien word nie, maar weet dat dit opreg waardeer word. 2. Ons wil ook dankie sê vir elke ouer of persone uit die gemeenskap wat betrokke was by die afrigting van ons sportspanne of enige ander aktiwiteite – julle bydrae het opvoeding en onderwys 'n eer aangedoen. 3. Graag wil ons ook vir u as ouers baie dankie sê vir julle ondersteuning van ons kinders langs die sportvelde. Ons besef dat dit met opofferinge gepaard gaan, maar julle teenwoordigheid het vir ons as personeel, maar veral ons kinders onskatbare waarde. 4. Ons wens die 0/13-, 0/15-, 0/17- en 0/19 netbalspanne baie sterkte toe met die finale hierdie naweek, mag julle almal as kampioene terugkeer. Alle sterkte ook vir die 1ste rugbyspan wat hierdie naweek in die semi-finaal van die Raadsbeker speel, as dit iets in die lyn van die vorige naweek gaan wees, ry ons beslis volgende naweek vir die finaal Windhoek toe. Die 0/14-, 0/15- en 0/19B - spanne het ongelukkig verlede naweek by die kwartfinaal die knie gebuig. Laaste maar nie die minste nie, baie geluk aan die 0/13 -rugbyspan wat die silver-medalje in die 0/13 liga ingepalm het. 5. In 'n poging om almal vir die Privaatskole Sportfees 2011 in Tsumeb te akkommodeer, poog hulle om ekstra kampeerplekke beskikbaar te stel wat met was/bad of stortgeriewe en krag toegerus sal wees. Omdat dit groot finansiële implikasies het, wil hulle graag 'n aanduiding kry van wie nog op soek is na sulke kampeerplekke. Indien u belangstel kan u direk skakel met mev. Salome van Tonder by 067 – 221820. 6. Mnr. Smittie Kotze wil 'n gebedsgroep saamstel uit die onderskeie ouergroepe. Kliek hier vir meer inligting daaroor. 7. Lezanne Köhne wil net graag almal bedank wat haar met boodskappe en gebede bygestaan het terwyl sy in die hospitaal was. Sy is weer perdfris en gesond by die skool. 8. Indien daar enigiemand is wat ons kan help met Elnatanpersoneelfoto's vir die jare 1994, 2003 en 2004. Die foto's sal weer terugbesorg word; ons wil net afdrukke laat maak. Kontak asseblief vir Abie. 9. Na die vakansie is dit die Stampriet Skou en Elnatan Palmklopfees. Ons wil graag vra dat die ouers die kinders kom ondersteun en die feestelike atmosfeer saam met ons kom geniet. Die skoolskouprogram is aangeheg. Kliek hier om die program af te laai. Ons wil vir die leerlinge 'n aangename vakansie toewens en vertrou dat julle as huisgesinne weer krag sal put uit julle teenwoordigheid bymekaar sodat ons die laaste semester met nuwe ywer en krag kan aanpak. Mag ons Hemelse Vader ons almal bewaar waar ons mag gaan en waar ons is en vir ons almal veilig by die skool bymekaar bring in die nuwe kwartaal.
Elnatangroete Thinus Botma
![]() |
Back to Back Issues Page |