Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 13, 2009 July 16, 2009 |
Geagte Ouers
Ons probeer om vanuit 'n baie koue Stampriet, waar die ys elke oggend lê, die nodige inligting te gee:
1. Elnatan gaan sy eie kunstefees aanbied, iets soos die KKNK. Die naam is die Palmklop-kunstefees. Kunstenaars gaan bestaan uit ons eie kinders en mense uit die omgewing. Indien u dus van iemand weet wat kan sing, dramatiseer of stories vertel, laat weet asb vir Juf Elize van Niekerk by 0812438169. Ons gaan ook allerhande ander stalletjies hê. Die kosstalletjies sal deur die skool beman word, maar enigiemand anders wat 'n ander stalletjie wil hê om iets te verkoop of uit te stal moet ook met Juf Elize skakel om 'n stalletjie te bespreek. Dit kan kuns, handwerk, tuisgemaak, ens wees. Die Palmklop-kunstefees vind plaas op 1 Oktober 2009.
2. Ons sê baie geluk aan Lize Moolman wat die afgelope twee weke aan 'n Internasionale Tennistoernooi in Gauteng deelgeneem het. Verskeie lande het deelgeneem en Lize het in die enkelspel die vyfde plek behaal vir meisies O/12 en in die dubbelspel 'n goue en silwer medalje verower. Dis wêreldklas prestasies. Dis darem maar lekker om in Elnatan te wees!
3. Die O/19 Netbalspan het tydens die Herman Davin Toernooi 'n algehele derde plek verower uit 'n totaal van 11 spanne waarvan vier top skole uit Suid-Afrika was. Baie geluk aan hierdie span en baie dankie vir die skitterende ambassadeurs wat julle vir ons skool was.
4. Die Akademiese Lenteskool vir Graad 11 en 12 vind hierdie jaar vanaf 26 tot 29 Augustus in Windhoek plaas. Kostes beloop N$350.00 per leerling vir die hele lenteskool. Leerlinge moet egter hul eie reis en verblyf reël. Daar word groot moeite gedoen om baie bekwame persone vir die lenteskool te reël. Ons versoek dus ons graad 11 en 12's om soveel as moontlik van die geleentheid gebruik te maak. Gelde kan reeds vanaf Maandag by tannie Cora inbetaal word. 5. Aangeheg 'n advertensie vir akkomodasie in Windhoek (slegs vir omsendbriewe per hand). Elke eenheid bestaan uit twee luukse kamers elk met 'n eie badkamer, tv ens. Tariewe is N$ 300 vir 'n enkel persoon, N$400 dubbel en kinders ouer as 10 jaar N$ 50 per kind. Kontak Me. Magda van Schoor by 0812296874 of 061 249322.
6. Ons wil ook graag vir Dr. Johan en Paulette Dreyer op Stampriet verwelkom. Hulle is regtig 'n groot aanwins vir ons gemeenskap. Dr Johan poog om sy praktyk te open op Maandag 27 Julie.
7. Die volgende besluite is geneem op 'n spesiale direksie vergadering gehou op 10 Julie 2009:
8. Die koerantberig is ook in diepte deur die direksie bespreek. Sulke optrede word ten sterkste veroordeel en indien hierdie persoon aan die kaak gestel kan word, sal baie streng dissiplinêr teen sodanige persoon opgetree word. Hierdie tipe optrede druis direk in teen die waardes en werksaamhede van ons skool, en sal nie geduld word nie. Die verantwoordelikheid wat ons as ouers, onderwysers en kinders het is te groot om ons met sulke beuselagtighede besig te hou. 1 Kor. 4:1 sê nie verniet:
Mark Twain het gesê: "Daar is net 'n diepteverskil tussen 'n graf en 'n groef, behalwe dat die groef skuins kante het sodat jy gou daaruit kan kom." As u in 'n groef beland het, moenie dink u moet daar bly nie, klim uit en gaan leef.
Groetnis,
Dawie O'Callaghan
![]() |
Back to Back Issues Page |