Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 13, 2010
September 19, 2010


  • Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

1. Na 'n lang proses is dit vir ons aangenaam om vir u as ouers amptelik in te lig dat Mnr. Hugo en Mev. Hannelie Vermeulen onderskeidelik aangestel is as skoolhoof en sekretaresse by Elnatan vanaf 1 Januarie 2011. Hulle is verbonde by Privaatskool Moria op Outjo. Ons vertrou dat hulle lank en gelukkig hier by Elnatan sal woon en werk.

2. Ons wil graag vir die Direksie en alle ouers, vir wie dit moontlik was om 'n bydrae te lewer tot die Stampriet Mini Skou, hartlik dankie sê vir julle betrokkenheid by die skool ook op hierdie wyse – die personeel en leerlinge waardeer u bydrae.

3. Ons wil u net herinner dat kwartaalgelde alreeds die 7de September betaal moes gewees het sowel as die 2de deel (N$1650) van die matrieks se eksamengeld.

4. Ons vra u ook om kennis te neem dat geen kind iets in die koelkamer mag berg vir die week nie, bv. Yogurt, kaas, koeldrank ens. Slegs verjaarsdagkoeke en die items van kinders op spesiale diëte (suikersiekte) word in koelkamer toegelaat. Die kombuis versoek ook dat u nie vir u kinders items inpak wat kookwater vereis, of gaargemaak moet word nie. Hierdie reeling geld weereens nie vir die kinders op spesiale diëte nie.

5. Ons gaan van Maandag af ook 'n proeflopie maak om te kyk of dit nie beter gaan as ons die Hoërskool en Laerskool apart laat eet en studie nie. Huidiglik eet en studie die seuns en dogters apart en ons wil kyk of die verandering nie minder probleme en 'n meer positiewe gesindheid teweeg bring nie.

6. Die voorstel wat deur die Direksie goedgekeur is dat selfone net vir beperkte tye in leerlinge se besit mag wees gaan dan ook van Maandag af toegepas word. Leerlinge sal hulle selfone in die middae na studie ontvang, waarna dit dan voor aandstudie weer ingeneem sal word en in die onderskeie koshuise se kluise toegesluit sal word tot die volgende middag.

7. Die Graad 11 leerlinge is hierdie naweek op hulle leierskapkamp, en ons sê by voorbaat dankie aan Oom Justus wat hierdie kamp vir die kinders aanbied en Mnr. Abie wat hulle vergesel het.

8. Alle Jukskei ouers en belangstellendes neem kennis dat hierdie komende Vrydag ons Elnatan Familie Jukskei-aand is, en die Saterdag dan die skoletoernooi. Almal is welkom om te kom deelneem.

9. Daar sal elke Woensdag om 14:00 hare gensy word op Mnr. Kokkie se stoep. Dit is slegs vir die seuns @ N$30 en sal deur Tannie Annette gedoen word. 10. Die leerlinge wat trofees of medaljes verdien het gedurende die jaar moet dit gemerk met name op vir Mnr Kokkie bring voor of op 04 Oktober 2010. Help ons asb in die verband. Ons wil tydens die prysuitdeling saam u kind trots wees.

Aan die begin van hierdie laaste termyn wat klaar teen so 'n hoë snelheid afgeskop het, wens ons u 'n rustige naweek toe.

Elnatangroete

Thinus Botma



Back to Back Issues Page