Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 14, 2009
August 02, 2009


Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Hier by die skool word daar hard geleer vir die eksamen. Intussen probeer ons ook 'n tydjie inruim om vir u die nodige inligting deur te gee:

1. Ons het reeds aan u bekend gemaak dat die Palmklop Kunstefees op 2 Oktober plaasvind. Persone of instansies kan stalletjies bekom teen N$50. Die inkomste van die stalletjie gaan na die uitstaller. Die stalletjies kan enigiets wees van juweliersware tot tuisgemaak. Sluitingsdatum vir bespreking van stalletjies is 5 September. Skakel asb so spoedig moontlik vir Juf Elize by 081 243 8169 om u stalletjie te bespreek.

2. Saterdagoggend om 8h30 vind 'n krieket-beplanningsvergadering plaas in die personeelkamer. Alle ouers wie se kinders krieket wil speel, van O/12 tot O/19, is welkom.

3. ReŽlings vir die Graad 11 en 12 akademiese lenteskool is gefinaliseer. Dit begin Donderdagoggend 27 Augustus om 8h00 en loop ten einde op Saterdag 29 Augustus om 17h00. Vanuit al die skole is daar net belangstelling vir Wiskunde, Skeinat en Rekeningkunde. Hierdie drie vakke sal dan onderskeidelik aangebied word deur Me Miemie Linde, Me Hattingh en Mnr Stofberg. Kostes beloop N$350 vir die lenteskool en moet teen Maandag inbetaal wees. Kinders wat nie gaan nie, sal hul gelde verloor. Verlede jaar het kinders bespreek, agterna onttrek, en Navco moes toe instaan vir die verlies. Dit sal nie weer hierdie jaar so gedoen word nie. 'n Volledige rooster sal volgende week aan die leerlinge beskikbaar gestel word.

4. Op 31 Julie vind die Aranos Karnaval plaas. Die geleentheid skop af om 14h00. Die manne kan gaan wys hoeveel murg hulle in hul pype het. Enigeen wat aan die Sterkman-kompetisie wil deelneem kan Mathys van Rooyen skakel by 0812180723.

5. Die NG Kerk Gochas bied op 11 September 'n Wynveiling aan te Auob Lodge. Skakel een van die volgende persone indien u die geleentheid wil bywoon: Renanda Meyer by 063 250255, Liana van Wyk by 063 250224 of Marina le Roux by 063 252015.

6. Komende naweek speel ons drie HoŽrskool rugbyspanne op Stampriet teen spanne van PK de Villiers, die O/13 rugbyspan gaan speel in Walvisbaai en die O/11 en O/13 netbalspanne gaan speel in Windhoek. Dit is die laaste ligawedstryde. Baie sterkte aan al hierdie spanne en ons vertrou dat almal voorspoedig sal reis.

7. Volgende naweek vind die kwartfinale van die rugby plaas, die finale vir die netbal en die semifinale vir die hokkie. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om baie geluk te sÍ aan ons O/13, O/14, O/19B en O/19A rugbyspanne wat hulle plek oopgeveg het, sowel as die seuns en dogtershokkiespanne en die O/15 en O/17 netbalspanne. Vir die netbal is dit volgende naweek maak-of-breek aangesien dit finale is. Die hokkie moet deur die semifinale kom om in die finaal te kan speel en die rugbyspanne moet probeer deurdring na 'n semifinal. Baie sterkte aan almal, ons vertrou dat ons 'n paar kampioenspanne gaan hÍ.

8. Hier volg inligting van baie billike akkommodasie in Windhoek. Dit is 'n gemeubileerde woonstel met 'n dubbelbed en twee enkelbedmatrasse. Beddegoed word voorsien. Yskas, mikrogolf, stoof, breekware en eetware is beskikbaar. Prys is N$250 per dag vir 'n gesin van vier. Vir 'n enkelpersoon is dit N$200 per dag. Indien dit 'n gesin van vyf is moet ekstra beddegoed self voorsien word vir die vyfde persoon en dan is die prys N$300 per dag. Skakel Mnr Tinus Smit by 0811002004 om u plek te bespreek.

9. Soos u reeds weet is Dr Johan Dreyer se praktyk aan die gang. Die telefoonnommer van die praktyk is 063 260020. Spreekure is daagliks van 9h00 tot 13h00 en 14h00 tot 17h00, behalwe Maandae en Vrydae oggende sal die spreekkamer reeds om 8h00 oop wees.

10. Daar is gerugte dat die Privaatskole Sportnaweek vir 2010 nie meer in Keetmanshoop sal plaasvind nie as gevolg van 'n tekort aan akkommodasie. Dit is van alle waarheid ontbloot. Die byeenkoms gaan beslis in Keetmanshoop plaasvind. Die mense is besig om baie ekstra akkommodasie te skep. As u dus sukkel met akkommodasie kan u Anneline Coetzee skakel by 081 278 2383 of Leatitia by 063 223956. Indien u nie met een van bogenoemde regkom nie, moet u weer met ons by die skool skakel sodat ons deur KPS vir u plek kan reŽl.

11. Ons herinner aan ons wynveiling op Donderdagaand, 20 Augustus, om 18h00. 'n Driegangmaaltyd word bedien. Kaartjies is reeds by die kantoor beskikbaar teen N$90 per persoon. Hierdie beloof om 'n besondere aand te wees aangesien daar hierdie jaar 21 bottels wyn met spanfoto's van alle rugby-, netbal- en hokkiespanne opgeveil gaan word. Van die beste wyne uit die Kaap sal weer te koop aangebied word. Ons sÍ reeds baie dankie aan die span van NLA wat die veiling gratis gaan hanteer. Mnr Jimmy Faber sal optree as die afslaer. Almal wat verlede jaar nie daar was nie, was agterna baie spyt. Moet dit nie hierdie jaar weer misloop nie. Anib Lodge sit die etes voor en kaartjies kan dus nie later as Vrydag 14 Augustus gekoop word nie.

12. Gedurende die eksamen begin die skool om 7:30 en kom elke dag 12:00 uit. Die Mariental-bus vertrek elke dag om 13:00 terug na Mariental.

Martin Luther het gesÍ:

"'n Christen is absoluut vry:
meester van almal;
onderdanig aan niemand.

'n Christen is ook absoluut gebonde:
Dienskneg van God
En diensbaar aan almal."

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page