Back to Back Issues Page |
![]() |
Elnatan Nuus, Nr. 14, 2010 October 29, 2010 |
Geagte Ouers Ons wil graag die volgende sake onder u aandag bring: 1. Baie dankie ouers vir elkeen van u wat so getrou skoolfonds betaal. Die reëling by die skool is dat leerlinge wie se ouers nie hul skoolfonds op datum betaal het nie, sal nie toegelaat word om eksamen te skryf nie. 2. Indien daar nog ouers is wat die nie-verpligte bedrag vn N$375-00 per gesin wil betaal vir die Boufonds vir 2010, kan u die inbetaling doen by FNB Mariental Rek No 62033758402. Die verwysing by betaling moet asb op u as ouer se naam wees. 3. Die finale eksamen vir die skool begin alreeds op 8 November 2010. Die volgende reëls geld vir alle leerlinge. Onderwysers begin dan 07:15 en die leerlinge 07:30. Die skool kom 12:00 uit. 4. Daar is nog enkele heraansoeke vir 2011 uitstaande. Kan ons vra dat dit asb op die laatste Maandag 01 November 2010 ingehandig word by die klasonderwyser/es. 5. Daar is 'n tweeslaapkamerwoonstel asook 3 enkelkamers op Stampriet beskikbaar vir akkommodasie – geen kinders nie. As u belangstel skakel asb vir Lizette by 062 560 405. 6. Bekostigbare en veilige blyplek vir studente op Potchefstroom is beskikbaar vir Namibiese kinders. Skakel asb vir Andrien Botes by tel no +27 828255958. 7. Desirée Visser is 'n kliniese sielkundige wat Maandae gedurende normale kantoorure beskikbaar is by Dr Johan Dreyer se praktyk op Stampriet. Sy kan o.a. die volgende toetse afneem: Disleksie, skoolgereedheid, beroepe, persoonlikheid en intelligensie toetse. Sy vra N$400 per toets en kan gekontak word by 081 345 7649. 8. Elnatan se jaarlikse wynveiling vind plaas op 4 November 2010 by die skoolsaal om 18:30. Die koste beloop N$90 per persoon en dit sluit 'n driegangmaaltyd in. Kaartjies is te koop by die kantoor of skakel 063 – 260074 vir verdere inligting. Ons nooi u vriendelik uit om die skool te kom ondersteun. 9. Erika van Schalkwyk is besig om vir haar gesin 'n Jaarblad saam te stel van die jaar 2010. Dit is 'n volkleur jaarblad in A4 grootte van ± 36 bladsye met volkleurfoto's asook geskrewe stukke – sport, kultuur, klasse ens. – bykans alle leerlinge in die skool sal op die foto's wees. Die blad sal ± N$200 kos as iemand sou belangstel. Erika kan gekontak word vir navrae by 081 268 8822 10. Peru Liebenberg was vroeër in die jaar gekies as Mnr. ELNATAN 2010. Een van die funksies van Mnr. ELNATAN is om uit te reik na die gemeenskap. Peru wil graag Maandag 'n muntlegging hou by die 3 skole. Die geld sal aangewend word om vir pensionarisse kersgeskenke te koop. Ondersteun asseblief hierdie projek.
Elnatangroete Mnr. Justus Muller
![]() Hierdie omsendbrief geborg deur:
Kliek hier om hierdie advertensie uit te druk. |
Back to Back Issues Page |