Back to Back Issues Page | ||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
Elnatan Nuus, Nr. 15, 2010 November 27, 2010 |
||||||||||||||||||||
Geagte Ouers
Goedkeuring van aansoek om toelating tot Privaatskool Elnatan. 1. Dit is vir ons 'n groot voorreg om u in kennis te stel dat u aansoek om toelating goedgekeur is. Ons verwelkom u graag hartlik as gesin by die skool en sien werklik uit om u hier te ontvang. 2. Die skool open vir leerlinge op 18 Januarie 2011 om 08h00. Die personeel is egter reeds vanaf 17 Januarie 2011 om 11h00 op volle sterkte aan diens en u is baie welkom om reeds dan die nodige reëlings vir u kind/ers te tref of om enige sake te kom bespreek. Koshuisleerlinge kan dan reeds in hul kamers intrek. 3. Die 2011 Jaarprogram (kliek hier om af te laai) is ook op die skool se webtuiste beskikbaar. Kopieë van die jaarprogram is ook by die sekretaresse beskikbaar teen N$10.00 per kopie. 4. Laai asb. op die onderstaande skakels die betrokke inligting in verband met Skryfbehoeftes en Skoolboeke af vir u kennisname:
5. Alle Graad 8 leerlinge vir 2011 moet asb. die volgende inligtingsbrief aflaai en bestudeer: Graad 8 Oriënteringsbrief
6. Alle ouers word daaraan herinner dat u jaarliks die Finansiële Ooreenkoms en Onderneming met die skool moet onderteken en aan die Finansiële sekretaresse moet terugbesorg. Hierdie dokumente is by die skool verkrygbaar. 7. Die skoolgelde vir 2011 is soos volg:
8. Dit is belangrik dat ons dit onder u aandag bring om asb die volgende dokumente noukeurig te bestudeer sodat dit streng nagekom kan word: 9. Beperkte skooldrag(net blou hemde en grys broeke/rompe en grys kouse) kan by Francois Enterprises (Auasvalley) in Windhoek aangekoop word. Volledige skooldrag (skoolsweetpakke, baadjies, dasse, sporthemde ens) kan op bestelling by die skool geplaas word vanaf vroeg 2011. Sien die volgende dokumente oor volledige skooldrag: 10. Maak asb seker dat al die onderstaande dokumente reeds in ons besit is. Indien nie, dien asb so gou moontlik in :
'n Deposito van N$2500,00 is betaalbaar by Bank Windhoek, Mariental-tak, takkode 481-471, Rek nr 1049726001 T. Faks asb 'n bewys na nr: 063-260105 voor 20 Desember 2010. 11. Die skool begin op 18 Januarie 2011 om 8:00 met 'n saalopening en direk daarna 'n ouervergadering wat deur alle ouers bygewoon moet word.
Elnatangroete Mnr. Justus Muller
![]()
|
||||||||||||||||||||
Back to Back Issues Page |