Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr.17, 2009
October 15, 2009


As gevolg van 'n onverklaarbare probleem met e-pos wat nie deurgegaan het nie, bereik hierdie Nuusbrief u 'n week te laat. Ons vra verskoning en hoop dat die tegnologie ons nie weer in die steek sal laat nie.


Geagte Ouers

Ons moes eintlik al verlede week 'n skrywe uitgestuur het, maar vanwe die Kultuurfees het ons besluit om dit te laat oorstaan na vandag:

1. Maandag, 12 Oktober, is fotodag. Alle foto's sal slegs in volle wintersdrag geneem word, en kinders moet dus seker maak dat hulle Maandag in wintersdrag geklee is. Geen sportklere sal aangetrek word nie. Die een drag vir alle foto's bespoedig alle aktiwiteite. Ouers of belangstellendes wat ander foto's wil laat neem moet nie later as 12:00 by die skool wees nie.

Elnatan Kunstefees talent 2. Soos genoem, was dit verlede Donderdag ons Palmklop Kunstefees wat die eerste van sy soort was, maar tog 'n oorweldigende sukses. Ons was werklik stom geslaan deur die talente van ons kinders.

Aan ons ouers wil ons baie dankie s vir smaaklike potjies en vir 'n heerlike ontspanne atmosfeer wat geskep was. Deur alles het ek net positiwe kommentaar gehoor, en daar is beslis 'n duidelike stem van ouerkant dat dit 'n jaarlikse instelling moet word. Dit was glad nie bedoel om n fondsinsamelingsprojek te wees nie, maar tog is die mooi bedrag van N$22000.00 deur verkopings en etes ingesamel.

3. Alhoewel daar gerugte is dat die staatskole moontlik vroer kan sluit as gevolg van die verkiesing, wil ons dit baie duidelik aan ons ouers deurgee dat daar glad nie so iets by ons gaan wees nie. Baie akademie moet nog afgehandel word, daarna 'n eksamen, en dan sluit ons op Vrydag, 27 November om 10:00 soos aangedui op ons jaarprogram.

4. Met die vorige omsendbrief het ons aansoekvorms uitgegee vir heraansoeke vir 2010. Dit moes teen 1 Oktober terug gewees het. Bykans 'n derde van die aansoekvorms is tot vandag nog nie terug ontvang nie. Dit is mos onmoontlik dat so 'n groot hoeveelheid kinders nie terugkom nie. Ouers, ons het hierdie vorms dringend nodig, nie later as Maandag, 12 Oktober, nie. Die hele begroting van die skool wag om gedoen te word, want dit kan net op een manier gedoen word, en dit is as ons die regte getalle vir volgende jaar het. Help ons asb.
Kliek hier om die aansoekvorms vir 2010 weer af te laai.

5. In die vorige omsendbrief het ons ook genoem van die massa sporttoer gedurende die Maart Termynbreek na Stellenbosch. Om egter plek te kan kry moet ons voor einde Oktober 'n bedrag van N$38000.00 oorbetaal, en is ons dus genoodsaak om ouers te versoek om so spoedig moontlik N$500.00 vir u kind se verblyf in te betaal. Die oorblywende N$1300.00 kan aan die begin van volgende jaar inbetaal word.

6. Ons herinner graag aan ons opedae op 23 en 24 Oktober. 23 Oktober is slegs vir Graad 1's en die volgende dag vir die res. Besprekings en uitstallings sal deur alle personeel met nuwe ouers gevoer word. Help ons asb in die verband en stel die twee dae aan voornemende ouers bekend.

7. Vanaf 23 tot 25 Oktober vind 'n kamp plaas vir alle leerlinge van Graad 4 tot 7. Die opening vind op 23 Oktober om 16:00 plaas. Alle verrigtinge geskied op die Elnatan terrein. Navrae kan gerig word aan Me Janie van Zyl by 0812527828.

8. Net weer om u te herinner aan die volgende Direksiebesluit: 'n Bedrag van N$375.00 per ouerpaar is betaalbaar voor einde November 2009, en N$375.00 voor einde Augustus 2010 ten bate van 'n boufonds rekening. Hierdie rekenig is by FNB, Mariental, Rek nr. 62033758402 in naam van Privaatskool Elnatan. Geen boufonds gelde moet in die skoolrekening inbetaal word nie.

9. Met verwysing na die opname vir skaak by die skool kan ons aan u terugvoer gee dat dit nie sal plaasvind nie aangesien slegs enkele leerlinge belangstel.

10. Vandag het ons Sport-, Kultuur- en Graad 12-prysuitdeling plaasgevind. Baie geluk aan alle leerlinge wat pryse ontvang het. Harde werk is beloon. Die nuwe leerlingraad is ook bekend gemaak, en ons beloof om hierdie name in die volgende omsendbrief vir u deur te gee.

11. Volgende naweek vind die Matriekafskeid plaas. Die Graad 11's is reeds hierdie naweek besig om alle voorbereidings daarvoor te tref. Baie sterkte aan hulle. Ons sien, soos vorige jare, uit na 'n pragtige geleentheid.

12. Dinsdag was dit die finale van die O/19 skole krieketliga. Ons het in Gobabis teen Gobabis Gimnasium gespeel, en daarin geslaag om hulle te klop. Ons het dus nou 'n tweede Nasionale Kampioen by die skool. Ons wil vir Mnr Abie en sy span gelukwens met 'n voortreflike vertoning. Julle het ons trots gemaak, en die land beslis laat weet dat ons kampioene kweek.

Ons filosofeer baie oor wysheid, wat dit is en hoe graag ons dit wil h. Die volgende storietjie was so treffend:

'n Wyse man het sy leerling belowe om hom 'n paar lewenslesse te leer. Gretig het die leerling die eerste dag by hom opgedaag om die wyshede aan te hoor. "Kyk, dit ren buite" s die leermeester. "Gaan nou uit en lig jou kop en arms op na die hemel. Dit sal jou eerste openbaring oor die lewe wees."

Die volgende dag was die student terug. "Ek het u raad gevolg. Maar niks besonders het gebeur nie. Om die waarheid te s, toe ek so druipnat daar staan met my o vol water en hare wat aan my kop vaskleef, het ek soos 'n swaap gevoel!"

"Wel", glimlag die wyse man, "dit is jou eerste les".

Confucius het ges:

"Wysheid is om jou eie dwaasheid te besef."

George Bernard Shaw het ges:

"Om te weet dat jy nie weet nie, is meer as wat baie ander mense weet."

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page