Back to Back Issues Page | |||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||
Elnatan Nuus, Nr.19, 2009 November 13, 2009 |
|||||||||||||||
Geagte Ouers
Oor twee weke is hierdie skooljaar iets van die verlede wat 'n mens net laat besef dat jou lewe eenvoudig verby vlieg en dat jy elke dag moet leef asof dit die laaste dag is. Om egter die jaar effektief af te sluit, moet ons alle inligting vir u deurgee en ons doen dit graag as volg: 1. Ons nuwe leerlingraad vir 2010 is as volg:
Meisies: Baie geluk aan al hierdie leerlinge sowel as hulle ouers. Ons weet hulle gaan, net soos die leerlingraad van 2009, 'n groot verskil in die skool maak. Ons wens ook vir hulle baie sterkte toe met hierdie groot taak. 2. Mnr Deon van Vuuren het 2 woonstelle beskikbaar vir 2010 op Stampriet. Skakel hom by 0811290686 indien u verblyf soek. 3. Juf Yanka het 'n Great Dane/Rottweiler kruising tefie te koop teen N$500.00. Hondjie is ses weke oud en geënt. Skakel haar by 0812691828. 4. Die skool sluit Vrydag, 27 November. Alle prysuitdelings vind die betrokke dag plaas. Die Jnr Primęre prysuitdeling begin om 7:00, die Senior Primęr om 9:00 en die Hoërskool prysuitdeling om 10:30. Ons wil ons ouers hartlik uitnooi na die geleentheid. Ek herinner ook ons ouers aan die belofte van verlede jaar dat ons nie kinders voor die tyd sal vat nie. Dan doen ons die prysuitdeling met skoolsluiting. Anders moet ons weer terugval na die vorige reeling om eksamen te skryf tot op die laaste dag, en dan die prysuitdeling die volgende jaar te hou. 5. Rapporte sal ook na afhandeling van elke prysuitdeling aan kinders oorhandig word. 6. Volledige skryfbehoeftelyste vir 2010 sal aangeheg wees aan elke rapport. Ons wil sterk aanbeveel dat u al u skryfbehoeftes by Karnic Distributors in Windhoek aankoop. Hulle het vir ons die heel goedkoopste kwotasie vir skryfbehoeftes gegee, en is ook bereid om 10% van aankope van Elnatan-ouers aan die skool terug te betaal. 7. Baie dankie aan alle ouers en kinders wat reeds mildelik bygedra het tot die hulpfonds vir die Schierscmidt-gesin. Ons het dit goed gedink om dit 'n fonds te maak wat permanent van aard is sodat mense wat in nood is ook in die toekoms gehelp kan word. U kan u bydrae inbetaal by Standard Bank, Mariental, Rekeningnr. 146449991, in naam van Elnatan Trauma Fonds. Kom ons knyp elkeen 'n klein bietjie af, wie weet, more is dit dalk ek wat in nood verkeer en dan is daar vir my ook hulp. Die fonds word bestuur deur die Rekenmeestersfirma Van Schalkwyk en Vennote. 8. Ons sę baie geluk aan die volgende leerlinge wat opgeneem is in Namibiese Krieketspanne: Brendan du Plessis wat opgeneem is in die O/15 Namibiese span, Anna-Mart Adriaanse en Leandri Knouwds in die O/17 Dogtersspan en Danco Burger in die O/11 en -12groep. Ons hoop hulle geniet elke oomblik van die tyd saam met die onderskeie groepe. 9. Op Donderdag, 5 November en Vrydag, 6 Novemder is die volgende besluite deur die Direksie geneem:
10. In 'n vorige omsendbrief was reeds gemeld dat ons nie weer die jaar 'n skoolkoerant gaan uitgee nie, maar wel 'n CD wat 'n fotobeeld sal wees van alle aktiwiteite dwarsdeur die jaar. Die koste van die CD is N$10.00 en alle bestellings moet teen Maandag by Juf Liesbeth ingegee word. Dit is regtig die moeite werd om die CD aan te skaf, en kan vir altyd gebęre word. Die volgende stukkie was vir my kosbaar:
Geld het die mag om 'n huis te betaal, maar slegs liefde kan dit huislik laat voel.
Groetnis,
Dawie O'Callaghan
![]() |
|||||||||||||||
Back to Back Issues Page |