Back to Back Issues Page
Elnatan Nuus, Nr. 22, 2008
November 20, 2008


Maak seker dat jou e-pos program die foto's in ons nuusbriewe wys ("Allow images"). As daar net kruisies verskyn waar ons foto's geplaas het, moet u nog die verstelling doen.

Kliek hier om hierdie Nuusbrief op ons webwerf te gaan lees!


Geagte Ouers

Dit is die laaste skrywe van die jaar. Ja, dit voel werklik soos nou die dag wat ons begin het. En nou lÍ 2008 ook op sy rug. Voor ons egter met vakansie kan gaan, moet ons nog 'n klompie sake finaliseer en afsluit:

1. Die klerehandelaars sal weer op 27 November (met skoolsluiting) by die skool wees - weer in die seunseetsaal. Hierna besoek hulle eers weer die skool aan die begin Februarie 2009. U kan hulle ook in Auas Valley in Windhoek gaan besoek. Ek wil dit ook graag baie duidelik vir ons ouers stel dat dit nie verpligtend is om dadelik met alles oor te skakel na die nuwe klere nie. U koop net dit wat u kind nodig het en dan het u nog twee jaar om die res in te fasseer.

2. Weereens baie dankie aan alle ouers wat so pragtig bygedra het tot die randstene-projek. Ons neem egter vrymoedigheid om te vra of daar nie nog van ons ouers is wat tot die projek wil bydra nie. Ons kort nog meer as 100 randstene se geld. Die koste per randsteen belop N$70.00, en ek kan u verseker dat elke bydrae opreg waardeer word.

3. Die prosedure met skoolsluiting volgende Donderdag, 27 November, is as volg:

  • Prysuitdeling - Junior PrimÍr: 07:00 tot 08:30
  • Prysuitdeling - Senior PrimÍr: 09:00 tot 10:30
  • Prysuitdeling - HoŽrskool: 11:00 tot 13:00.

Deur die loop van die dag sal Kerrie-en-Rys deur die Leerlingraad verkoop word. Daar word geen etes gedurende die dag aan kinders voorsien nie. Ondersteun gerus die projek van ons Prefekte.

4. Met verwysing na die Prysuitdelings is dit baie belangrik dat alle leerlinge wat akademiese wisseltrofeŽ in hul besit het, dit asb Maandag sal terugbring skooltoe. Ons wil dit baie graag volgende Donderdag weer oorhandig aan die nuwe wenner van die trofee.

5. Daar is reeds weer enkele versoeke om kinders vroeŽr te neem. Ek het dit reeds vir die kinders deurgegee dat ek gaan ontplof by die volgende sodanige versoek en ek wil waarsku dat u moet weet dat ek uiters ongeskik met u gaan wees. Ons het die aangeleentheid mos mooi met mekaar uitsorteer en u het plegtig met 'n handtekening beloof om nie u kind voor die tyd te kom vra nie. Ek wil asseblief hÍ dat ons daarby sal bly.

6. Ek gee graag vir u die finale atletiekdatums vir 2009 deur:

  • Laerskool Sone: 14 Februarie te Elnatan
  • HoŽrskool Sone: 21 Februarie te Mariental
  • HoŽrskool Streek (o/13 tot o/19): 7 Maart te Elnatan
  • HoŽrskool Nasionaal (o/13 tot o/19): 27 en 28 Maart te Windhoek

Daar is geen sub-sone of streek- en nasionale-byeenkomste meer vir Laerskole soos vroeŽr aangedui.

7. Die Privaatskole Atletiek wat op 13 en 14 Maart in Windhoek sou plaasvind, moes noodgedwonge geskuif word na 6 en 7 Maart as gevolg van die beskikbaarheid van die baan, wat impliseer dat atlete wat aan die streeksbyeenkoms by ons deelneem nie daar sal kan deelneem nie. By die Privaatskole byeenkoms word 16 atlete gekies om die volgende naweek aan 'n prestige byeenkoms in Windhoek deel te neem. Die tye en afstande van ons atlete by die streeksbyeenkoms sal egter in ag geneem word wanneer hierdie span gekies word. Ons sal dus net met 'n gedeelte van ons span na die Privaatskole byeenkoms kan gaan. Hierdie reŽling is ongelukkig die beste wat ons onder omstandighede kan doen.

8. Ons skool se Dagboeke sal met skoolopening beskikbaar wees. Ons het ons bes gedoen om dit met skoolsluiting hier te hÍ, maar as gevolg van datums wat voortdurend verander, kon die drukkers nie die drukwerk afhandel nie.

9. 'n Stel hoŽrskool netbalklere is te koop teen N$200.00. Ouers wat belangstel kan Me Klein skakel by 081-2330988 of u kan dit kom besigtig by Ansie by die kantoor.

10. Graad 5 tot 7 Wiskunde- en LewensoriŽntering handboeke vir 2009 is reeds vanaf Maandag, 24 November by Me Marisa van Zyl beskikbaar. Ek wil baie sterk aanbeveel dat u dit nou reeds vir u kind aanskaf, dan het u kind dit om in die nuwe jaar dadelik daaruit te begin werk. Dit is verpligtend vir almal.

11. Me Janie van Zyl gaan by die prysuitdeling pragtige kunswerke teen bilikke pryse te koop aanbied. Kom kyk asseblief daarna. Die opbrengs gaan vir die skool.

12. Daar is steeds Graad 11 en 12 Gasvryheidstudie leerders wat nie hulle gelde vir die prakties betaal het nie. Ag nee, ouers. Die jaar is verby en ons kan mos nie toelaat dat Juf. Suzette hierdie klomp geld uit haar sak moet betaal nie. Kom ons handel hierdie saak af teen Maandag.

13. Steeds by Juf. Suzette. Sy is 'n pos in Windhoek aangebied en verlaat ons ook met skoolsluiting. Ons wil ook vir haar baie dankie sÍ vir uitstaande diens aan ons skool op alle gebiede waar sy betrokke was. Ons wens egter vir haar alle sterkte en voorspoed toe en vertrou dat sy baie gelukkig sal wees.

Juf. Marietjie Joubert, 'n ou hand op die gebied, skuif net weer in Juf. Suzette se plek in.

Dit is reeds 99% gefinaliseer wie die Graad 3 aanstelling sal wees, maar ek kan ongelukkig nog nie die naam bekend maak nie. Al wat ek kan sÍ is dat sy reeds 11 jaar Junior PrimÍre diens het.

14. Nadat ons volgende Maandag met die eksamen klaar gemaak het, beplan ons 'n verskeidenheid take wat afgehandel moet word. Dit is alles fisiese take en daarom versoek ons dat alle seuns van Graad 8 tot 11 'n graaf probeer saambring. Enkele pikke sal ook goed wees. Merk asseblief alle items duidelik. Alle aktiwiteite vind onder streng kontrole en toesig plaas.

15. Dan wil ons baie, baie mooi vra of elke ouer nie Maandag vir ons 'n paar stukkies gras - dit kan net lote ook wees - wil saambring nie. Ons wil die hele stuk voor die nuwe koshuis en klaskamers plant, sodat dit mooi kan groei gedurende die vakansie en ons so alle stof volgende jaar uit ons koshuis en klasse kan hou. Help ons asseblief hiermee.

16. Volgende Woensdagaand gaan ons weer 'n lekker buitelug fliek hÍ op die pawiljoen. Dinsdagaand is daar koshuisafsluitings asook 'n sokkie vir die HoŽrskool. Bring dus 'n ekstra sakgeldjie saam - daar gaan heerlike popcorn en hotdogs verkoop word en die fliekkaartjie is N$3.00.

17. Rapporte gaan Donderdag na elke prysuitdeling aan die leerlinge oorhandig word. Geen rapport word gepos nie. Ouers moet dus seker maak dat u wel die rapport ontvang. In my tyd het die manne wat nie so goed gedoen het nie altyd gesÍ die rapport het seker in die pos weggeraak!

18. Die laaste onaangename saak is maar weer skoolgeld. Hier is steeds 'n groot bedrag skoolgeld agterstallig ten spyte van mooi beloftes deur ouers. Ons kan nie die jaar so afsluit nie en gee dus vandag vir elke kind wie se skoolgeld agterstallig is 'n brief waarin u kennis kry dat u kind nie Maandag kan eksamen skryf nie en dat u kind ook nie 'n rapport sal ontvang nie. 'n Kind sal slegs Maandag toegelaat word om te skryf as bewys gelewer word van inbetaling of as die geld by die skool inbetaal word. Ouers, hier moet ons nou baie mooi saamwerk anders gaan dit 'n onsmaaklikheid wees. Ons kan egter nie anders nie aangesien ons ook verpligtinge (soos salarisse) het om na te kom.

Soos gesÍ: die jaar is op sy rug. Ons is alweer by die einde van 'n pad, maar moet volgende jaar weer die nuwe pad loop. Ons kan onseker voel oor dit wat volgende jaar voorlÍ, maar ons hoef nie daarvoor bang te wees nie, want ons weet ook WIE daardie pad in SY hand hou.

'n Ontsettende hoeveelheid aktiwiteite het gedurende die afgelope jaar plaasgevind. Om dit alles moontlik te maak, het ons mense nodig gehad. Hierdie mense was u, die ouers, onderwysers en kinders.

Aan elkeen van u wil ek baie dankie sÍ vir elke inset, opoffering en bydrae. Ek waardeer dit regtig uit my hart. Met so 'n span kan ons mos net wen en waaroor gaan alles wat ons doen? Net ons kinders en om vir hulle die beste te gee.

En kinders... gebruik die vakansie om vir pa en ma dankie te sÍ vir al die opofferings wat hulle maak. Verskaf vir hulle baie plesier en geluk en kyk mooi wat julle alles doen. Ja, julle moet ambassadeurs wees vir ons skool waar julle ookal mag gaan, maar die heel belangrikste, ons moet almal ambassadeurs wees vir ons wonderlike Hemelse Vader wat vir ons so goed was gedurende die jaar.

Ek wens u almal 'n baie geseŽnde Kersgety toe. Ry veilg en ervaar die volmaakte liefde van gesinne. Rus uit sodat ons 2009 weer met nuwe moed en krag kan aanpak om nog hoŽr hoogtes te bereik.

Groetnis,

Dawie O'Callaghan
Skoolhoof



Back to Back Issues Page