Privaatskool Elnatan het pragtige prestasies wat oor die afgelope 30 jaar opgebou is en alhoewel die skool klein in getalle is, is die leerlinge en personeel se harte groot en is karakter een van die beste eienskappe wat Privaatskool Elnatan se leerlinge laat uitstaan, ongeag die situasie waarin hulle gesit word.
Privaatskool Elnatan wen die BESTE SKOOLKOERANT toekenning van Namibia Media Holdings vir 2020.
Leerlinge van Privaatskool Elnatan wen 2 jaar in 'n ry (2020, 2021) die Nasionale ATKV Idiomestryd en eindig 2de in die land in 2022.
In 2019 lewer Privaatskool Elnatan die Afrika Skaakkampioen vir Dogters onder 17 op - Penny Campbell (sy speel vir Namibia se Juniorspan vanaf 2017 tot 2020)
![]() |
![]() |
Die Gr. 11 Wiskunde leerlinge het op 3 November 2021 deelgeneem aan die IeBT (International Benchmark Test) Wiskunde Eksamen wat deur IEB skole geskryf word. Van die 2016 leerlinge wat die eksamen afgelê het, was daar 133 leerlinge wat ‘n A-simbool verwerf het. Baie geluk aan Marion Botma en Anja Spangenberg wat deel van die A-kandidate was. Marion is ook onder die Top 1% van die IEB met n persentasie van 97,5%. Elnatan se graad 11 klasgemiddeld was 64% teenoor die IEB se 50%.
In 2021 slaag ons hele matriekklas met Matriekvrystelling (universiteitstoelating). Voorwaar 'n prestasie as mens in ag neem dat ons geen akademiese afsnypunt het vir prestasie om leerlinge by ons toe te laat nie. Die personeel van Privaatskool Elnatan weet dat elke leerling wat voor hulle sit, potensiaal het en is dit ons passie om elke kind te motiveer en ondersteun om hierdie potensiaal te bereik wat binne hulle vermoë is.
![]() |
![]() |
Maja Adriaanse en Lana Botma word verkies tot die NAPSO atletiekspan van 2022 en neem deel aan die SACSSA Nasionale byeenkoms in Suid-Afrika. Hul presteer as volg:
Maja Adriaanse (O/11):
Hoogspring 1ste met ʼn persoonlike beste. 2de op die RSA top 10.
Verspring 1ste en breek die rekord. 3de op die RSA top 10.
Spiesgooi 1ste met ʼn persoonlike beste en breek die rekord. 2de op die RSA top 10.
Aflos 1ste. Maja is die beste o/11 dogtersatleet en eindig 5de van alle dogters op die byeenkoms
Lana Botma (O/12):
Hoogspring 1ste. 1ste op die RSA top 10.
Verspring 1ste met ʼn persoonlike beste. 5de op die RSA top 10.
Spiesgooi 1ste met ʼn persoonlike beste
Aflos 3de. Lana is die beste o/12 dogtersatleet en eindig 4de van alle dogters op die byeenkoms
Beide leerlinge val ook onder die TOP 10 in Europa en Amerika vir hulle onderskeie ouderdomsgroepe in die items waaraan hulle deelgeneem het. Wat 'n uitsonderlike prestasie.
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |