Privaatskool Elnatan is in ‘n dinamiese omgewing geleë. Ons bedien ‘n groot gemeenskap in Namibië en kinders vanoor die hele land is leerlinge in ons skool. Daarom bied ons skool ook uitstekende bemarkingsgeleenthede vir enige besigheid.
As gevolg van atletiek, rugby, hokkie, netbal, krieket, tennis, kultuur en ander sosiale geleenthede besoek duisende mense ons skool en ons webwerf jaarliks.
Het u al ooit daaraan gedink om deur Elnatan u maatskappy of produk te adverteer? Hieronder is ‘n uiteensetting van bemarkingsopsies.
Alle advertensiekostes word jaarliks vanaf 1 Maart tot 28 Februarie bereken, behalwe advertensies in die Palmalarm (Opsie #2 hieronder).
Die volgende advertensie-opsies is beskikbaar en u kan op hierdie skakels direk na elke opsie navigeer:
Let asseblief daarop dat inbetalings vir advertensies op die skool se rekening, duidelik die betrokke verwysing moet bevat!
Privaatskool Elnatan is ‘n ware gemeenskapsentrum. Ons word goed deur ons ouers en die breër publiek ondersteun . Ons sportfasiliteite, wat ons voortdurend opgradeer, word gebruik vir sportaktiwiteite en dit bied uitstekende bemarkingsgeleenthede vir u maatskappy. Dus is advertensieborde op die Elnatangronde uiters effektief.
Die doel van die borde is om ‘n advertensiegeleentheid te bied vir besighede en om ons terrein eenvormig en netjies te laat vertoon.
Koste: N$1500.00/m²/jaar
Bordgroottes:
2 000 x 1 500mm (dus N$3000 per jaar)
of
1 500 x
750mm (dus N$1125 per jaar)
Plek op terrein:
* Bestaande plekke op pawiljoene by alle sportbane.
* Toegelate plekke teenoor/oorkant pawiljoene/sportbane.
* Losstaande borde kan net met die nodige goedkeuring
opgerig word.
Laai hier die aansoekvorm en inligtingstuk vir advertensieborde af.
Vir meer inligting stuur 'n epos aan kantoor@elnatan.com
Elke Vrydag word ‘n nuusbrief aan alle ouers uitgestuur met die vorige weke se uitslae en prestasies en die volgende weke se doen en late. Die Palmalarm bereik ±300 huishoudings per e-pos, die web en as harde kopie. Ons vra 'n N$100 administrasiefooi om 'n kort en bondige advertensie (slegs teks) in die omsendbrief te plaas. Slegs twee adverteerders kan per omsendbrief toegelaat word aangesien ons gewoonlik baie skoolinligting het wat ingesluit moet word.
Vir meer inligting stuur 'n epos aan kantoor@elnatan.com
Die webtuiste is een van die snelgroeiendste hulpbronne van ons tyd en ontwikkel teen die spoed van witlig en alle inligting aangaande die skool is op die webwerf te vinde.
Ons skool se webwerf ontvang maandeliks ‘n gemiddeld van 800 tot 1050 ‘besoekers’ wat die webwerf tot ± 3044 keer besoek… dus kom lees elke besoeker minstens 3 keer weer wat nuut en anders op ons web bygevoeg is. Huidiglik het ons webwerf al meer as 63500 besoeke ontvang!
Dit is dus net logies dat u hierdie platform kan gebruik
om te bemark.En daarom kondig ons met trots aan dat die aansoeke om op ons skool se webwerf te adverteer, nou oop is.
U besigheid se logo word onderaan ons webwerf geplaas asook op ons “Ondersteuners”-blad met ‘n skakel na u besigheid se webblad. Indien u besigheid nie ‘n webblad het nie, kan daar ook ‘n skakel na ‘n inligtingsblad of Facebook-blad wees.
Koste: N$1 000 per jaar
Om op die webblad te adverteer, stuur 'n e-pos met die volgende inligting aan kantoor@elnatan.com:
* Dui aan onder watter kategorie/industrie
u besigheid geplaas moet word (bv. Akkommodasie, Boekhouers, Rekenaars,
Eiendomsagente, ens.)
* 'n Advertensie van minstens 8cm wyd x 16cm hoog en 360kb in grootte
* Logo van u besigheid (addisioneel) asook webadres
waar van toepassing
* Kontakbesonderhede
* Besigheidsbeskrywing
Vir meer inligting stuur 'n epos aan kantoor@elnatan.com
Ons benodig altyd borge vir ons sportspanne. Indien u ‘n span borg, kan u logo op die hemp/trui/sak aangebring word en u advertensie sal vir die betrokke jaar op die webwerf geplaas word.
U kan die skoolhoof kontak om uit te vind watter sportspanne nog borge benodig. Kontak by sport@elnatan.com vir navrae.
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |