Jaarlikse virtuele fietsresies tussen NAPSO skole
Visie...
Privaatskool Elnatan verskaf, in samewerking met die ouerhuis, 'n bekostigbare Christelike opvoeding van uitnemende gehalte in hoofsaaklik Afrikaans aan die jeug deur die gebruikmaking van alle bekostigbare onderwyshulpbronne tot die volle ontwikkeling van sy/haar potensiaal tot eer van God en tot voordeel van sy naaste.
Missie...
Die skool sal deurentyd alles in sy vermoë doen om 'n klimaat en omgewing te skep waarin leerlinge onderrig volgens Christelike waardes en norme kan ontvang. Die skool aanvaar die HEILIGE SKRIF as die enigste en ware riglyn vir 'n mens se lewe.
Die skool sal altyd poog om die bes opgeleide en toegewyde personeel en ook ander deskundiges te bekom om hierdie doelwit te bereik.
Die skool beywer hom in samewerking met ander skole, persone, instansies, kerke en die regering in sy strewe na die verkryging van wetenskaplike toerusting, kundigheid, sosialisering en fondse tot die algehele vorming van sy leerlinge.
Die skool streef daarna om hoëvlak mannekrag te lewer, toegerus met die nodige kennis, denke, vaardighede en houdings om in die eise van tyd en die land te voorsien.
Die skool wil ook toepaslik diensbaar wees in sy onmiddellike omgewing en streek, die breër gemeenskap en in die besonder, aan sy ondersteuners en geesgenote.
Elnatan uitreik na Jakob Soul Primêre skool in Stampriet
Die Palmbome beeld waaksaamheid en trots uit. Soos die ry in die verte instrek, word die toekoms ingekyk en nog talle leerlinge gesien wat in die jare wat kom deur dié instelling akademies en sosiaal gevorm gaan word.
Die sirkel omsluit al die ideale en doelstellings en simboliseer volmaaktheid en eenheid.
Die sterk oranje kleur wat die leuse dra, dui op durf en moed en gesonde balans.
Die blou, soos die wydte van die hemelruim, wys op die hoopvolle vergesigte vir ontwikkeling.
Die wit, versinnebeeld suiwering en reinheid.
Die leuse, "God Voorsien", is die inhoudsbetekenis van die skool se naam.
Sonkrag is Privaatskool Elnatan se manier om hul koolstofvoetspoor te verklein. Ons gaan groen.
Aan palmoewers van die Auob
het ons trotse skool verrys,
ankervas in die Hemelvader
werk ons onder Suiderkruis,
leer ons vreugde van kennissoeke
is gesond, gelukkig, tuis.
Elnatan, God voorsien,
krag kom van Hom om land en volk te dien
Elnatan, God voorsien,
krag kom van Hom om land en volk te dien.
Luister hier na ons Skoollied.
By Carducci, ons winkeltjie op die skoolterrein, kan jy met kontant in die hand 'n kardoesie vol van ietsie en als koop.
Ons voorsien in die meeste van jou behoeftes.
Vir verlange - selfoontyd...
Vir 'n gebroke hart - smulsagte sjokolade...
Vir snikhete dae - yskoue lafenisse.
Is ontbyt nog net 'n herinnering en middagete 'n vae toekomsplan - dan pas 'n pastei dalk net in die regte honger holte.
Daarby verseker jou goeie maniere altyd ons vriendelike diens!
Ons deur is pouses en smiddae van 15h30 tot 17h00 oop vir jou.
Die doel van oriëntering is om die skool met alle bedrywighede en aktiwiteite aan die nuwelinge bekend te stel sodat hy/sy weet waar hulle inpas om waarde toe te voeg tot die skool.
Oriëntering behels die volgende:
Die totale proses vind altyd plaas onder toesig van twee voogonderwysers.
Geen fisiese of emosionele skade mag veroorsaak word nie.
Dit is 'n bekendstellings- en inskakelingsproses en duur nie langer as twee weke nie.
Volg die skakel om die oriënteringsbeleid te lees. Klik hier.
![]() |
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |