Terug na Tuisblad

Algemene Inligting

Visie

Privaatskool Elnatan verskaf in samewerking met die ouerhuis 'n bekostigbare Christelike opvoeding van uitnemende gehalte in hoofsaaklik Afrikaans aan die jeug deur die gebruikmaking van alle bekostigbare onderwyshulpbronne tot die volle ontwikkeling van sy/haar potensiaal tot eer van God en tot voordeel van sy naaste.

Missie

Die skool sal deurentyd alles in sy vermoë doen om 'n klimaat en omgewing te skep waarin leerlinge onderrig volgens Christelike waardes en norme kan ontvang. Die skool aanvaar die HEILIGE SKRIF as die enigste en ware riglyn vir 'n mens se lewe.

Die skool sal altyd poog om die bes opgeleide en toegewyde personeel en ook ander deskundiges te bekom om hierdie doelwit te bereik.

Die skool beywer hom in samewerking met ander skole, persone, instansies, kerke en die regering in sy strewe na die verkryging van wetenskaplike toerusting, kundigheid, sosialisering en fondse tot die algehele vorming van sy leerlinge.

Die skool streef daarna om hoëvlak mannekrag te lewer, toegerus met die nodige kennis, denke, vaardighede en houdings om in die eise van tyd en die land te voorsien.

Die skool wil ook toepaslik diensbaar wees in sy onmiddellike omgewing en streek, die breër gemeenskap en in die besonder aan sy ondersteuners en geesgenote.


Lees meer oor hoe ons skool bestuur en beheer word.


Ons Skoolwapen

Privaatskool Elnatan Skoolwapen

Die Palmbome beeld waaksaamheid en trots uit. Soos die ry in die verte instrek word die toekoms ingekyk en nog talle leerlinge gesien wat in die jare wat kom deur dié instelling akademies en sosiaal gevorm gaan word.

Die sirkel omsluit al die ideale en doelstellings en simboliseer volmaaktheid en eenheid.

Die sterk oranje kleur wat die leuse dra, dui op durf en moed en gesonde balans.

Die blou, soos die wydte van die hemelruim, wys op die hoopvolle vergesigte vir ontwikkeling.

Die wit, versinnebeeld suiwering en reinheid.

Die leuse, "God Voorsien", is die inhoudsbetekenis van die skool se naam.

Ons Skoollied

Aan palmoewers van die Auob
het ons trotse skool verrys,
ankervas in die Hemelvader
werk ons onder Suiderkruis,
leer ons vreugde van kennissoeke
is gesond, gelukkig, tuis.

Elnatan, God voorsien,
krag kom van Hom om land en volk te dien
Elnatan, God voorsien,
krag kom van Hom om land en volk te dien.

Carducci

By Carducci, ons winkeltjie op die skoolterrein, kan jy met kontant in die hand 'n kardoesie vol van ietsie en als koop.

Ons voorsien in die meeste van jou behoeftes.
Vir verlange - 'n telefoonkaartjie of selfoontyd...
Vir 'n gebroke hart - smulsagte sjokolade...
Vir snikhete dae - yskoue lafenisse.

Is jy by juffrou in die knyp, kry dan by Carducci iets om mee te skryf, lyne te trek en foute reg te maak.
Is ontbyt nog net 'n herinnering en middagete 'n vae toekomsplan - dan pas 'n pastei dalk net in die regte honger holte.

Daarby verseker jou goeie maniere altyd ons vriendelike diens!
Ons deur is pouses en smiddae van 15h00 tot 17h00 oop vir jou.

Klerewinkel

Privaatskool Elnatan het sy eie klerewinkel by die skool. Die persoon in beheer is me. Annette Kok en die klerewinkel is normaalweg oop op die volgende tye:
  • Maandae: 07h30 tot 09h30
  • Vrydae: 10h00 tot 12h00
As die betrokke ouers met Annette gereël het, kan kinders Donderdagmiddae klere gaan aanpas by die klerewinkel.

Oriëntering

Die doel van oriëntering is om die skool met alle bedrywighede en aktiwiteite aan die nuwelinge bekend te stel sodat hy/sy weet waar hulle inpas om waarde toe te voeg tot die skool.

Oriëntering behels die volgende:
  • Aanleer van skoollied.
  • Bekendstelling aan onderwysers met vakke wat aangebied word. Leer onderwysers se name ken.
  • 'n Toetsie oor die skool se leuse/kleure, embleem, geskiedenis, ens.
  • Bekendstelling aan sport- en kulturele aktiwiteite.
  • Nuwelingskonsert.
  • "Funday" waar nuwelinge teen mekaar meeding met bv. "touch" rugby, ens.
  • Koshuistakies soos bv. tasse dra.
  • Spanbouaksies soos bv. 'n nagmars.

Die totale proses vind altyd plaas onder toesig van twee voogonderwysers.
Geen fisiese of emosionele skade mag veroorsaak word nie.

Dit is 'n bekendstellings- en inskakelingsproses en duur nie langer as twee weke nie.

Gaan lees hier ons Skool- en Koshuisreëls.


Twee dinge het my lewe leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek ontvang het.

~ C.J. Langenhoven

Elnatan

Elnatan

Elnatan

Elnatan

Privaatskool Elnatan

Privaatskool Elnatan

Privaatskool Elnatan

XML RSS
What is this?
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Google

Elnatan Personeel

Elnatan Personeel: Lees meer oor ons personeellede se opleiding, ervaring en portefeuljes in Privaatskool Elnatan.

Permalink -- click for full blog post "Elnatan Personeel"


Algemene Inligting

Algemene Inligting oor Privaatskool Elnatan: ons visie, missie, skoolwapen en skoollied.

Permalink -- click for full blog post "Algemene Inligting"


Wat's Nuut op ons Werf?

Privaatskool Elnatan se Blog: Hier vind u inligting oor wat onlangs bygevoeg is op ons webwerf.

Permalink -- click for full blog post "Wat's Nuut op ons Werf?"


Privaatskool Elnatan

Privaatskool Elnatan: Besoek die tuisblad van Privaatskool Elnatan en snuffel van hier af rond op ons werf!

Permalink -- click for full blog post "Privaatskool Elnatan"


Skooltariewe

Skooltariewe vir elke jaar en die Finansiële Beleid van Privaatskool Elnatan

Permalink -- click for full blog post "Skooltariewe"

Geniet ons werf?
Gebruik die onderstaande om ons by jou gunsteling boekmerk blad te voeg!

Tuisblad | Algemene Inligting | Bestuur en Beheer | Skooltariewe | Kontak Ons | Akademie
Elnatan NUUS | Inskrywingsvorms | Jaarprogram | Sport

Terug na bo
Kopiereg Privaatskool Elnatan.com 2008 - 2012