Terug na Tuisblad

Bestuur en Beheer

Die skool is ‘n regspersoon en geregistreer as ‘n Artikel 21 Maatskappy by die Registrateur van Maatskappye. Die skool word bestuur deur die volgende liggame:

Ledevergadering

Alle ouers met ingeskrewe leerlinge in die skool het stemreg op Algemene Jaarvergaderings en Ledevergaderings.

Algemene Jaarvergaderings moet gehou word voor einde Junie van elke jaar. ‘n Finansiële verslag dien op hierdie vergadering en die Voorsitter van die Direksie lewer ook sy verslag vir die jaar.

Tydens sodanige vergadering word ook spesiale besluite geneem rakende algemene beleid en beginsels. Ledevergaderings word gewoonlik aan die begin van elke kwartaal gehou waar daar ook spesiale besluite geneem word wat alle ouers raak.
Ledevergaderings word op die skool se jaarbeplanning aangedui en dien ook as kennisgewing van die vergadering.

Direksie

Die skool word oorkoepelend bestuur deur ‘n Direksie wat uit nie meer as twaalf lede en die skoolhoof bestaan nie.

Direksielede word deur die ouers verkies en dien vir ‘n periode van drie jaar.

Die Direksie is verantwoordelik vir alle juridiese handelinge namens die skool soos voorgeskryf in die statute.

Die Direksie moet toesien dat die breë beleid en beginsels van die skool uitgeleef en uitgevoer word. Die Direksie is ook verantwoordelik vir die begroting en oorhoofse finansiële bestuur.

Personeelaanstellings word ook deur die Direksie bekragtig.

‘n Dagbestuur kan verkies word wat alle dringende sake namens die skool kan hanteer.



Direksie 2012

Danie Kotze
(Voorsitter)
Aranos063-272391
081-1275606
Deon van Vuuren
(Onder-Voorsitter)
Gobabis062-560405
081-1290686
Awie SteenkampOnder-Nossob063-275024
081-2773224
Malcolm CampbellMaltahöhe081-4264583
Izak van SchalkwykStampriet063-240659
081-1298720
Koos BoltmanGochas063–250055
Jannie AugustynWindhoek081-2286100
Gerhard van der MerweMariental063-240425
081-1279713


Skoolhoof

Hy is die uitvoerende beampte en moet die interne bestuur van die skool in totaliteit van dag tot dag behartig binne die raamwerk soos bepaal deur die Ledevergaderings en Direksie.

Die skoolhoof kan ook Adjunk- en Departementshoofde aanstel wat saam met hom die Topbestuur van die skool vorm. Hierdie hoofde is dan behulpsaam met die bestuur van die skool.



Hoofde in die Geskiedenis

Mnr. Tokkie JansenJanuarie 1992 tot Junie 1994
Dr. Piet LiebenbergJulie 1994 tot Mei 1995
Mnr. Daan LateganJunie 1995 tot Desember 1996
Mnr. Piet HuysamenJanuarie 1997 tot Junie 1998
Mnr. Hennie EngelbrechtJulie 1998 tot Desember 1998
Mnr. At VermeulenJanuarie 1999 tot Desember 2001
Mnr. Dawie O'CallaghanJanuarie 2002 tot 2010
Mnr. Hugo VermeulenHuidiglik


Meer oor Bestuur en Beheer...

Hieronder sal u aflaaibare dokumente (in pdf-formaat) vind wat dien om u as ouer, onderwyser, leerling of betrokkene by Privaatskool Elnatan, in te lig oor die reëls, gedragskodes en verwagtinge van ons skool.

Download Adobe Acrobat Reader U kan die nuutste Adobe Acrobat Reader gratis hier aflaai (±20.4MB) indien u die program nie op u rekenaar het nie.

U het Acrobat Reader nodig om enige dokumente in pdf-formaat af te laai of oop te maak.


Want om te lewe, beteken nie net om te bestaan of om asem te haal nie.
Dit beteken om aan 'n doel te beantwoord; om iets te doen en iets te wees: vir jouself en vir ander.
~ J.A. Heyns

Elnatan Bestuur en Beheer

Elnatan Bestuur

Elnatan Bestuur

Elnatan Bestuur

Elnatan Bestuur

Elnatan bestuur en beheer

XML RSS
What is this?
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Google



Elnatan Hoofgebou

Privaatskool Elnatan, Hoofgebou

Geniet ons werf?
Gebruik die onderstaande om ons by jou gunsteling boekmerk blad te voeg!

Tuisblad | Algemene Inligting | Bestuur en Beheer | Skooltariewe | Kontak Ons | Akademie
Elnatan NUUS | Inskrywingsvorms | Jaarprogram | Sport

Terug na bo
Kopiereg Privaatskool Elnatan.com 2008 - 2012