Privaatskool Elnatan is 'n regspersoon en geregistreer as 'n Artikel 21 Maatskappy by die Registrateur van Maatskappye. Die skool word bestuur en beheer deur die volgende liggame:
Alle ouers met ingeskrewe leerlinge in die skool het stemreg op Algemene Jaarvergaderings en Ledevergaderings. 'n Lid se skoolfonds moet op datum wees of 'n spesiale reëling moet getref wees met finansiële kantoor om stemreg te hê op 'n vergadering.
Algemene Jaarvergaderings moet gehou word voor einde September van elke jaar. 'n Finansiële verslag dien op hierdie vergadering en die Voorsitter van die Direksie lewer ook verslag vir die jaar.
Tydens sodanige vergadering word ook spesiale besluite geneem rakende algemene beleid en beginsels.
Ledevergaderings word gewoonlik aan die begin van elke termyn gehou waar daar ook spesiale besluite geneem word wat alle ouers raak.
Ledevergaderings word op die skool se jaarbeplanning aangedui en dien ook as kennisgewing van die vergadering.
Die skool word oorkoepelend bestuur deur 'n Direksie wat uit nie meer as twaalf lede bestaan nie, wat die skoolhoof insluit. Direksielede word deur die ouers verkies en dien vir 'n periode van drie jaar waarna hulle weer herkiesbaar is.
Die Direksie is verantwoordelik vir alle juridiese handelinge namens die skool soos voorgeskryf in die statute.
Die Direksie moet toesien dat die breë beleid en beginsels van die skool uitgeleef en uitgevoer word. Die Direksie is ook verantwoordelik vir die begroting en oorhoofse finansiële bestuur. Personeelaanstellings word ook deur die Direksie bekragtig.
'n Dagbestuur word verkies, wat bestaan uit die direksie voorsitter, ondervoorsitter, skoolhoof en direksie sekretaresse/finansiële beampte wat alle dringende sake namens die skool hanteer. Die Dagbestuur mag ook indien nodig, 'n persoon of instansie ko-opteer om vir sekere sake op die dagbestuur te dien.
Louisa Campbell Jannie Booysen |
info@lovedale-namibia.com jnb@iway.na |
Frikkie Booysen Dirk Nesenbernd |
itaga198@gmail.com dirkn@gmail.com |
Marisa van Zyl |
fjvzyl@iway.na |
Carine van Wyk Tinus Botma Johan Adriaanse WAP - CEO |
vanwyk.carine@gmail.com skoolhoof@elnatan.com johan@elnatan.com uitvoerendebestuur@wap.edu.na |
Die Bestuurspan bestaan uit die Skoolhoof, Adjunkhoof en HR van die Direksie. Die Skoolhoof dien as voorsitter van die Bestuurspan en is ook die Hoof Uitvoerende beampte (CEO) van die skool met betrekking tot Akademie, Sport, Kultuur, Koshuise, terrein, vervoer en die algemene dissipline. Hierdie afdelings word volgens beleid bestuur soos goedgekeur deur die Direksie van Privaatskool Elnatan.
U het Adobe Acrobat Reader nodig om dokumente in pdf-formaat oop te maak. U kan die nuutste Adobe Acrobat Reader gratis hier aflaai (±20.4MB).
Die aflaaibare dokumente hieronder (in pdf-formaat) dien om u as ouer, onderwyser, leerling of betrokkene by Privaatskool Elnatan, in te lig oor die reëls, gedragskodes en verwagtinge van ons skool.
Volg die volgende skakel vir die beleidsdokumente. Klik hier.
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |