deur Anja Steenkamp
(Privaatskool Elnatan, Stampriet, Namibië)
Bloeddae liefde
Op sewentien staan ek toeskouer te voet
van die kant af – siele, seer en opsoek.
Jammerte, selfs Salomo geweet:
na diè punt kom alles te vergeet.
Die vroulief, duif en oulike blom,
Here hoe het yster tot roes gekom?
Haar hare en lyfie tog so prag
dagbreek aangesig, emosionele nag.
Manlief, tog so braaf en barbaars,
geen empatie, hy weet skaars
verplig was hy om harte te steel.
Meisies nee, dis die manne se oordeel.
Gister se barbare en barbies,
vandag se mense wat seer verkies.
Deur verlate oë sien ek die donker:
Lief, jy het dit aan jouself gedoen.
Want die bloeddae dieners sal aanhou glo
dat liefde gevind word in die nag se fleur.
Hoe dom, hoe naïef
as toeskouer let ek – jy is 'n pateet.
Op sewentien staan ek aansy, onkant,
verstom. Waar is die heuningland?
Bloed mense! Ons liefde is die fyn lyn
tussen geloof en pyn.
- Anja Steenkamp
Opmerkings oor Bloeddae liefde
|
||
|
||
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |