Elnatan Akademie


Privaatskool Elnatan word ge-eksamineer deur die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board of IEB)

Van 2022 af skryf alle IEB skole in Namibia die IEB-ISC (International Secondary Certificate) eksamen.  Die kwalifikasie is daarop gerig om studente voor te berei vir die lewe. Daar is 'n "mandjie" van sagte en harde vaardighede, genaamd "Global Competenties for Lifelong Learning", wat studente kan aanbied oor die twee of drie jaar waarin hulle voorberei vir hul finale ISC-vakspesifieke eksamens.

Hierdie hoog aangeskrewe eksamen gee aan ons Graad 12's toelating tot alle Universiteite, Technikons en Kolleges in Suid-Afrika, Namibië asook die meeste lande dwarsoor die wêreld. Die medium van onderrig is hoofsaaklik Afrikaans, maar aangesien ons die posisie van Engels as amptelike taal erken, verleen ons ook die nodige prominensie daaraan deur deeglike en korrekte aanbieding van die vak, asook deur sommige vakke in Engels aan te bied.  

Vir 29 uit die 30 jaar het Elnatan 'n 100% slaagsyfer en in 2021 het die hele matriekklas ook 100% universiteitstoelating gekry.

In 2022 eindig 4 van Elnatan se leerlinge in die top 10 in die land en Marion Botma en Anja Spangenberg is ook die Nommer 1 en 2  in Namibia met die eerste IEB-ISC eksamen wat afgelê word.  Ag van die 20 vakke wat landswyd afgelê is, het Elnatan die top presteerder in, naamlik, Afrikaans, Wiskunde, Kwantitatiewe Beredenering, Toerisme, Geografie, Gasvryheid, Rekeningkunde en Besigheidstudies.


elnatanmatriekuitslae2022
elnatanmatriekuitslae20221
IEBISC2022uitslae


Fases

  • Junior Primêr - Graad RR tot 3 (Klasonderrig)
  • Senior Primêr - Graad 4 tot 6 (Vakonderrig)
  • Junior Sekondêr - Graad 7 tot 9 (Vakonderrig)
  • Senior Sekondêr - Graad 10 tot 12 (Vakonderrig)

Vakke en Vakkeuses

Junior Primêr: Graad 1 tot 3

Alle leerders in Graad 1 - 3 neem die volgende vakke:

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede (Omgewingsleer & Godsdiens- en Morele Opvoeding)
  • Praktiese Vaardighede (Liggaamlike Opvoeding & Kuns)
  • Robotika

Senior Primêr: Graad 4 tot 7

Leerders in die volgende grade neem die volgende vakke:

Graad 4

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Wetenskap
  • Sosiale Studies
  • Godsdiens
  • Inligtingskommunikasietegnologie
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Kuns
  • Robotika

Graad 5 & 6

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Wetenskap
  • Sosiale Studies
  • Aktiewe Burgery
  • Godsdiens
  • Inligtingskommunikasietegnologie
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Kuns
  • Robotika

Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Wetenskap
  • Sosiale Studies
  • Ekonomiese bestuurswetenskappe
  • Aktiewe Burgery

Robotika

Tegnologie is besig om alle fasette van ons daaglikse lewens oor te neem en te verander. Dit is ons taak om kinders voor te berei op hierdie tegnologie-aangedrewe wêreld. Deur kinders vroeg reeds aan Robotika bloot te stel, kan ons ’n belangstelling vir programmering en innovasie by hulle kweek.

Die voordele wat Robotika inhou:

  • Doeltreffende manier om leerders aan programmering bekend te stel.
  • Help met kritiese denke.
  • Verbeter probleemoplossing vaardighede.
  • Verskaf vaardighede vir toekomstige indiensneming.
  • Verbeter konsentrasievlakke

Robotika maak deel uit van Graad 1 tot Graad 6 se kurrikulum en is dus ingesluit by skoolgeld.  Die Hoërskool doen dit as 'n buitemuurse aktiwiteit in die namiddag. Gr 1 doen Robotika met die Beebot. Gr 2 tot 3 gebruik die Bluebot.  Gr 4 tot 5 maak gebruik van Lego Education se WeDo 2.0.  Gr 6 tot 7 gebruik Lego Education Spike Prime en die Hoërskool gebruik Mindstorms Education se EV3


Hoërskool: Graad 8 tot 12

Volg die volgende skakels vir die onderskeie grade se vakkeuses:

Landboubestuur

Landboubestuur is een van die vakke wat leerlinge by ons in die Hoërskool kan neem.  Landboubestuur behels ‘n studie en toepassing van produksie, ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte te voeg sodat die produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het. Die doel van die vak is om leerders te voorsien van ‘n goeie prakties-georiënteerde basis wat beide die teoretiese en praktiese vaardighede integreer.  

In hierdie vak kry leerders onderrig in die volgende:

  • Gewasproduksie en gewasbestuur
  • Grond- en waterbestuur
  • Oes van produkte en kwaliteitbeheer
  • Diereproduksie en bestuursaspekte
  • Boerderybestuur en -evaluasie
  • Waardetoevoeging en prosessering
  • Besigheidsbeplanning en entrepreneurskap

Landbouleerlinge kry ook die geleentheid om buite kursusse by te woon soos Dorper, Meatmaster, Boerbok en beesbeoordeling sowel as praktiese ondervinding in Kunsmatige inseminasie asook gewasverbouing.

Slaagvereistes

Junior Primêr: Graad 1 tot 3

ʼn Leerling moet na die volgende graad bevorder word indien hy / sy ʼn E-simbool of beter in die volgende vakke behaal: Afrikaans, Afrikaans Lees, Engels, Wiskunde en nog een van oorblywende kombinasies.

Senior Primêr: Graad 4 tot 6

Graad 4

ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:

  • 40% of beter in 4 van die 5 bevorderingsvakke.
  • 40% of beter in Afrikaans, Engels en Wiskunde.
  • ʼn gemiddeld van 40% of beter.

Graad 5 & 6

ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:

  • 40% of beter in 5 van die 6 bevorderingsvakke.
  • 40% of beter in Afrikaans, Engels en Wiskunde.
  • ʼn gemiddeld van 40% of beter.

Junior Sekondêr: Graad 7 tot 9

Graad 7 en 8

ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:

  • 40% of beter in 6 van die 7 vakke.
  • 40% of beter in Afrikaans.
  • 'n gemiddeld van 40% of beter.

Graad 9

ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:

  • 40% of beter in 6 van die 8 vakke.
  • 40% of beter in Afrikaans en Wiskunde.
  • 30% of beter in 1 addisionele vak.
  • ʼn gemiddeld van 40% of beter.

Senior Sekondêr: Graad 10 tot 12

'n Leerder sal nie ʼn vak slaag indien hy / sy nie die minimum vereiste vaardighede bemeester het nie en nie na die volgende graad bevorder word as hy / sy nie aan die minimum vereistes vir bevordering, soos hieronder beskryf, voldoen nie.

ʼn Leerder moet bevorder word indien hy / sy die volgende behaal:

  • 40% of beter in Afrikaans.
  • 40% of beter in 3 addisionele vakke (Aktiewe Burgery uitgesluit)
  • 30% of beter in 2 addisionele vakke.

Om die IEB-ISC te slaag

'n Leerder moet die volgende vakke slaag:

  • Een amptelike taal op Huistaal-vlak met 40%
  • 3 ander vakke met 40%
  • 2 vakke met 30%

Om die IEB-ISC te slaag met toelating tot Diploma-studie (D)

'n Leerder moet:

  • Een amptelike taak op Huistaal-vlak met 40% slaag
  • 3 ander vakke met 40% slaag (uitsluitend Aktiewe Burgery)
  • 2 vakke met 30% slaag

Om die IEB-ISC te slaag met toelating tot Graad-studies (BD)

'n Leerder moet

  • Een amptelike taal op Huistaal-vlak met 40% of meer slaag
  • 4 vakke van die aangewese lys met 50% of meer slaag
  • 2 vakke met 'n minimum van 30% slaag

Dit is slegs minimum vereistes en elke Universiteit en fakulteit stel nog hul eie standaarde.

Akademiese Navrae

Vir enige akademiese navrae voel vry om die volgende verantwoordelike persoon te kontak:

Graad RR - 3: Melinda Garbers     (melinda@elnatan.com)

Graad 4 - 6: Mariana Botma      (mariana@elnatan.com)

Graad 7-12: Geesteswetenskappe: Annette Jooste (annettej@elnatan.com)

Graad 7-12: Natuurwetenskappe: Yanka Agenbach (yanka@elnatan.com)

Adjunkhoof: Johan Adriaanse   (johan@elnatan.com)

Skoolhoof: Tinus Botma       (skoolhoof@elnatan.com)

"lye mens, loop sit kyk nou virrie miere,

en jy sal sien hoelat hille kan werk vi iere,

sonner om te eers 'n wagter of voorman te het,

en dan loop leer jy nou ok hille se maniere"

~ Innie skylte vannie Jirre, Hans du Plessis

Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!

elnatanbusroetesposter2022
elnatansportposter2022
elnatankultuurposter2022
elnatanfasiliteitposter2022
elnatanveiligheidposter2022