Privaatskool Elnatan se palms in 1965
Privaatskool Elnatan se palms in 2021
Ons trotste eeu-oud palmbome het statig deur die jare uit klein saadjies gegroei tot ‘n bekende landmerk.
So het Elnatan ook uit Stampriet se vrugbare grond ontstaan. Klein saadjies wat deur dapper manne en vroue se versiendheid gesaai is, en gegroei het tot ‘n trotse Privaatskool, sy wortels stewig gevestig in Christelik-Afrikaner waardes.
Die ou hoofgebou gebou in 1918 wat nog steeds gebruik word as administratiewe kantore en onder is die geboue in 2002.
Kantoorgebou huidiglik
Op 1 Mei 1991 vergader mnre. Louis van der Westhuizen, Boetie Harmse, Fanie Louw, Charlie Schoeman en Kobus Visagie in die Artesiasaal op Stampriet en besluit om ‘n privaatskool tot stand te bring.
Elke stigterslid het ‘n bydrae van N$3 000 gemaak, en die ouers is in streke ingedeel. Bouwerk het begin, en die hele gemeenskap was betrokke. Op verskeie maniere is hulp verleen: vragmotors het sand en klippe aangery, ouers het op die bouterrein kom kamp om handjie by te sit. Groot offers is ook in die proses gebring.
Mnr. Frikkie Strauss en sy vrou Hessie verongeluk oppad terug van Pretoria met ‘n vrag kombuistoerusting en beddens wat vir die skool aangekoop is. Die senior koshuise word na hulle vernoem: Huis Frikkie vir die seuns en Huis Hessie vir die meisies.
Op 21 Januarie 1992 om 08:00 vind die amptelike opening van Privaatskool Elnatan in die Artesiasaal plaas. Met mnr. Tokkie Jansen as hoof, nege onderwysers, ‘n matrone, sekretaresse en 110 leerlinge saam met hulle ouers, word die eerste reël in Elnatan se geskiedenisboek geskryf.
In die volgende jare volg bekwame hoofde meneer Jansen op: dr. Piet Liebenberg, mnr. Daan Lategan, mnr. Piet Huisamen, mnr. Hennie Engelbrecht, mnr. At Vermeulen, mnr. Dawie O’Callaghan, mnr. Hugo Vermeulen, mnr. Dekker Vermeulen en tans Mnr. Tinus Botma.
Vandag kan ons met
dankbaarheid terugkyk, en weet dat ons leuse waar is:
"God voorsien".
![]() |
![]() |
Voorbereiding en hulp van leerlinge vir die regmaak vir die plant van die rugbyveld met die skool se begin.
Elnatan se geboue in die beginjare voordat die rugbyveld en pawiljoene aangelê is. Die Palms toring statig en stil van die begin af in die agtergrond.
J. Roux
W. Visser
E.D.V. Brink
N. Lubbe
J.H. Vermeulen
J.S. Dames
B.A. Liebenberg
P.C.C. Strauss
J.E. O’Kennedy
H.P. Harmse
P.I. Grobler
M.C. van der Westhuizen
R.A Binneman
C.J. van der Merwe
A.B. van Wyk
J.A van der Merwe
J.G. van der Wath
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |