Elnatan Kultuur
Privaatskool Elnatan strewe daarna om
die leerlinge in totaliteit te ontwikkel en daarom is die kultuurbelewenis van
elke kind belangrik.
Verskillende aktiwiteite word
aangebied:
Redenaars
- Interne kompetisies lei tot deelname
aan die landswye ATKV-redenaarskompetisie. Weer eens het Elnatan gereeld die
nasionale wenners gelewer, wat dan in RSA gaan deelneem aan die eindstryd.
- Wanneer moontlik skryf leerlinge ook in vir die Engelse weergawe hiervan.
Eisteddfod/NAPSO Kultuurfees
Graad 1 tot 7-leerlinge neem hieraan
deel en kry waardevolle blootstelling aan openbare optrede en mededinging,
sonder dat iemand kan verloor. Die beste inskrywings in voordrag en recitation
tree tydens die gala-aand voor ‘n gehoor in die skoolsaal op, terwyl alle kunsstukke
vertoon word, maar die beste optredes verteenwoordig
die skool tydens die Napso Kultuurfees. Tydens die Napso Kultuurfees word die
items waarin leerlinge kan deelneem uitgebrei.
Skoolkonserte
Die nuwelinge in die hoërskool bied
jaarliks ‘n nuwelingskonsert aan as deel van hul oriënteringsprogram. ‘n
Verskeidenheid ander konserte word op gereelde grondslag aangebied soos ‘n
flenterkonsert (verskeidenheidsproggram), die Eisteddfod gala-aand of ‘n
musiekblyspel per geleentheid.
Ander Kultuur

- Mnr en
Mej Elnatan:
Al die Graad 11’s neem jaarliks deel
aan die kompetisie, waarna mnr en mej Fotogenies, Persoonlikheid en Elnatan
aangewys word. Die wenners neem later deel teen die ander privaatskole tydens
die privaatskole sportweek.
.
- Tienertoneel:
Twee of meer tonele word jaarliks
ingeskryf vir die ATKV-tienertoneel kompetisie. Leerlinge neem deel aan
oudisies om mee te ding vir die rolle, maar ander word deel van die
ondersteuningsspan deur met beligting, rekwisiete of klank by te staan.
- Idiomestryd:
Verskeie spanne skryf jaarliks in vir
die Bank Windhoek Idiomestryd. Privaatskool Elnatan se spanne is mededingend en
het al as oorwinnaars uit die stryd getree.
- Dink-En-Sink/Spervuur:
Impromptu, onvoorbereide debat word
deur deelname aan hierdie kompetisies aangemoedig en afgerig.
- Afrikaanse
Olimpiade:
Senior leerlinge skryf vrywillig
hiervoor in en Elnatan-leerlinge vaar uitstekend hierin.
- Griffelskryfkompetisie:
Deelname is vrywillig, maar word deur
die taalonderwyser aangemoedig. Elnatan lewer ook hier wenners op in die
verskillende kategorieë.
- Kultuurdae
vir oud en jonk:
Tydens ons jaarlikse
kultuurdagbyeenkoms word die hele gesin betrek en word pret-aktiwiteite
aangebied, soos ‘n moderne weergawe van die tiekie-aand, Top 5-uitdaging en
ander interessanthede.
- Leerlinge kan by ons aktiewe ATKV-tak aansluit.
- Spellingbee vir die Laerskool


Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
"Die lewe is 'n stekerige roosboom en die kuns is sy blom."
~ Georg Ebers, Ein Wort