Elnatan Leerlingraad

Die leerlinge van Graad 8 – 11 kies jaarliks hul verteenwoordigers vir die hoërskool en die onderskeie koshuise. 

As leerlingraad in die hoërskool word 6 leiers gekies (drie seuns en drie dogters) o.l.v. die hoofseun en hoofdogter. In die seuns- en dogterskoshuise onderskeidelik word 4 koshuisprefekte met 'n hoofseun en hoofdogter verkies.

Hierdie leiers word verkies om:

o   as ambassadeurs vir Elnatan op te tree;

o   ‘n verlengstuk van die onderwysers te wees;

o   die trots en lojaliteit van Elnatan te bou en te bevorder deur spanbou-aksies;

o   die tradisies van ons skool te bou;

o   die missie van die skool uit te leef en

o   die leuse, God voorsien, te leef.

Die leerlingleiers word deur leierskapsontwikkeling bemagtig en opereer onder die leiding van die skoolhoof, skakelonderwysers en breër personeel van Privaatskool Elnatan.

Privaatskool Elnatan poog om 'n infrastruktuur daar te stel waarbinne optimale leierskap kan gedy en waarbinne die voorbereiding van leerlingleiers regmatige en volledige aandag geniet.

Die magte en bevoegdhede van die Leerlingraad is in alle opsigte en te alle tye gedelegeerde gesag en daarom is die Leerlingraad in hulle optrede altyd aan die gesag en toesig van die Skoolhoof, skakelonderwyser en personeel van Privaatskool Elnatan ondergeskik.

"Of those to whom much is given, much is required."

~ JF Kennedy, President VSA (aanhaling uit Die Bybel, Luk.12:48)

Hoërskool Leerlingraad en koshuisprefekte 2023

elnatanleerlingraad2023

Links na regs: Casper Nell(koshuis),Armand van Wyk(koshuis), Stephanie Mostert(skool), Sanmarie Truter(koshuis), Danelle Kotze(koshuis), Liske Smith(Hoofdogter-skool, koshuisprefek), Jomari Campbell(Hoofdogter-koshuis, skoolleerlingraad), Markus Meyer(Hoofseun-koshuis, skoolleerlingraad), Jannie Booysen(Hoofseun-skool), Sebastian Miller(skoolleerlingraad en koshuisprefek)

Leerlingraadsaksies deur die loop van die jaar is heerlike aande soos hierdie.


Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!

elnatanbusroetesposter2022
elnatansportposter2022
elnatankultuurposter2022
elnatanfasiliteitposter2022
elnatanveiligheidposter2022