|
![]() |
|
Elnatan PersoneelOns deel graag op hierdie blad meer inligting oor Privaatskool Elnatan se personeellede. U is welkom om te lees oor die opleiding, ervaring en portefeuljes van elke personeellid van ons skool. Die personeel is opgedeel in 8 groepe. Kliek op enige skakel indien u vinnig na 'n betrokke groep wil navigeer.
Topbestuur |
Administratiewe Personeel |
Carducci en Palm Boutique |
Hoërskool Personeel |
Senior Primêr Personeel |
Junior Primêr Personeel |
Pre-Primêr Personeel |
Hulpsentrum Personeel |
Koshuis Personeel
Topbestuur
Mnr. Vermeulen matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium en doen daarna sy B.Sc, B.Sc. (Hons.) en B.Ed. aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy voltooi daarna sy diensplig. Vanaf 1989 tot 1995 was mnr. Vermeulen 'n onderwyser by Paul Roos Gimnasium en daarna beklee hy die pos van Skoolhoof by De Doorns (Hexvallei). Hy is vanaf 2003 tot 2010 Skoolhoof by Moria, Outjo en begin Januarie 2011 as Skoolhoof by Privaatskool Elnatan.
Onderwys: Landbouwetenskap Graad 10 tot 12; Rekenaar (CAT) Graad 10 tot 12 Hy matrikuleer aan Augburg Landbouskool en studeer daarna HOD Sekondêr (Landbou) aan die Oudtshoorn Onderwys Kollege. Abie gee 10 jaar onderwys by HTS en is vanaf 2008 by Elnatan. Abie is betrokke by Jukskei, Rugby, Krieket, Landbou prakties en Spiesgooi. Hy doen koshuisdiens by Huis Marie.
Onderwys: Graad 1 Sy matrikuleer aan die Hoërskool Wennie du Plessis en studeer daarna B.A.(HOD) aan die Universiteit van Stellenbosch. Annelie het ook R.O. (Remediërende Onderwys) deur Windhoek Kollege voltooi en sy gee vanaf 1994 onderwys by Elnatan. Annelie is betrokke by Atletiek en Netbal.
Onderwys: Graad 2 Sy matrikuleer aan die Hoërskool Wennie du Plessis en studeer daarna by die Normaalkollege Pretoria. Sy begin as Graad 1 onderwyseres by Laerskool Ben van der Walt en is vanaf 2007 by Elnatan. Henriëtte was betrokke by die skryf van die "Lower Primary Curriculum" vir Namibië. Henriëtte is betrokke by Netbal en Konsert en doen ook koshuisdiens by Huis Hessie.
Onderwys: Graad 4 tot 7 Engels; Graad 6 tot 7 Rekenaargeletterdheid. Sy matrikuleer aan Windhoek Hoërskool en studeer daarna B.Prim.(Ed.) aan die Universiteit van Stellenbosch. Annette is betrokke by Redenaars, Wynveiling en Bakgat. Sy doen koshuisdiens by Huis Marie.
Onderwys: Graad 10 tot 12 Aardrykskunde; Graad 8 en 9 CAT Sy matrikuleer aan P.K. de Villiers en studeer daarna B.A. HOD en Voorligtingsielkunde (Hons) op Stellenbosch. Elize gee 5 jaar onderwys by Etosha Hoërskool, 10 jaar by Tsumeb Gymnasium en 4 jaar by Francis Galton Primêre skool in Tsumeb. Sy is vanaf 2008 by Elnatan. Elize het ?n man met die bynaam "Duiwel", maar sy sê hy is 'n engel! Hulle het 2 seuns. Elize is betrokke by Matriekafskeid, die Leerlingraad, Palmklopkunstefees en Eistedfodd. Sy doen ook koshuisdiens by Huis Marie.
Onderwys: Graad 10 tot 12 Biologie; Graad 8 en 9 Tegniese Tekene, Metaal Prakties Hy matrikuleer aan die Hoërskool Grootfontein en studeer daarna HOD aan die Windhoekse Onderwys Kollege. Na 2 jaar onderwys op Rundu, boer Kokkie 10 jaar in Grootfontein-omgewing. Hy gee vanaf 2002 onderwys by Elnatan. Kokkie is betrokke by Atletiek, Laerskool Jukskei, Krieket en Rugby. Hy is die Hoërskool Rugby sameroeper. Hy doen koshuisdiens by Huis Frikkie.
Onderwys: Graad 10 tot 12 Toerisme, Graad 9 Bedryfstudies, Graad 8 tot 9 Sosiale Studies Sy matrikuleer aan die Hoërskool Wennie du Plessis, Gobabis en studeer daarna B.A. (HOD) aan die Universiteit van Stellenbosch. Carina gee 1 jaar onderwys by P.K. de Villiers, 4 jaar by Eros Meisieskool en is vanaf 1996 by Elnatan. Carina is die Hoërskool Netbal sameroepster. Administratiewe Personeel
Hanelie matrikuleer aan Hoër Meisies Bloemhof. Sy was lank werksaam in die bankwese (betrokke by invoere en uitvoere) in Outjo.
Corrie werk alreeds 8 jaar by Elnatan. Haar kinders Hanri en Nientjie was albei vanaf Graad 1 tot 12 leerlinge van Elnatan. Carducci en Palm Boutique
Annette matrikuleer aan Voortrekker Hoërskool, Betlehem. Sy studeer daarna Verpleging. Annette het 'n nasorgsentrum gehad by Laerskool Truida Kestell in Betlehem. Sy is getroud met ds. Herman Kok. Hulle is vanaf Januarie 2010 betrokke by Elnatan. Hoërskool Personeel
Hy matrikuleer aan die Hoërskool PK de Villiers, Keetmanshoop en verwerf daarna B.A. (U.O.D.) aan UOVS asook B.Ed. en M.Ed.Onderwysbestuur (UNISA). Billy begin skoolhou by die destydse Dept. van Bantoe-Onderwys by Ongwediva, Oshakati en daarna by HTS Windhoek. Na lang omswerwinge in Suid-Afrika is hy nou terug in sy geboorteland en is sedert die begin van 2008 by Elnatan. Billy is reeds 32 jaar in die onderwys. Billy is betrokke by Atletiek, Engelse Redenaars, Wynveiling.
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Mariental en studeer B.Comm. Hons. (UNISA). Marie hou skool by Wennie du Plessis in Gobabis en ook Izak Buys, Leonardville voordat sy in 1994 begin onderwys gee by Elnatan. Marie is Atletiek sameroepster.
Hy matrikuleer aan Hoërskool Duineveld en studeer daarna B.Tech Meganiese Ingenieurswese. Johan begin in 2007 by Elnatan. Johan is betrokke by Rugby (Eerste Span). Hy onderhou die skool se rekenaarnetwerk en doen ook koshuisdiens by Huis Frikkie.
...
Sy matrikuleer aan Academia Hoërskool en studeer daarna B.Sc. Agric. (UOVS) en voltooi ook haar M.Sc. Volhoubare Landbou. Yanka werk 11 jaar as Landbouvoorligter en ?navorser by die staat. Sy is vanaf 2008 by Elnatan. Yanka is betrokke by die Mediasentrum (die versameling van inligting) en Noodhulp.
Sy matrikuleer aan ... en studeer daarna B.A. (HOD) aan Noordwes Universiteit (Pukke). Marietjie gee 2 jaar onderwys in Messina en 4 jaar in Rundu. Na 10 jaar op die plaas, is Marietjie vanaf 2002 tot 2007 by Elnatan. Na praktiese ondervinding in spyseniering (2008), is sy nou weer by Elnatan vanaf 2009. Marietjie doen koshuisdiens en is betrokke by Bakgat en Atletiek.
Hy matrikuleer aan Mariental Hoërskool en studeer daarna B.Th. (Teologie) aan UOVS (Kovsies) Vorige ondervinding behels Tuisskool en Dissipelskap-opleiding vir Amosprojek (Plaaswerkerskampe en seminare vir werkgewers). Smit is betrokke by Berading, Matriekafskeid, Leerlingraad, Noodhulp en Atletiek
Senior Primêr Personeel
Sy matrikuleer aan Hoërskool Orkney en studeer daarna B.Sc. en U.O.D. aan NWU (Pukke). Ina is vanaf 2008 by Elnatan. Ina is betrokke by Atletiek, Wynveiling, Laerskool Leerlingraad, Redenaars en die Mediasentrum.
Sy matrikuleer aan Estcourt Hoërskool, Natal en doen daarna Honneurs in Bybelkunde aan UOVS (Kovsies). Linza is getroud met Smit en het 2 kinders. Sy het ondervinding by 'n Kleuterskool asook Tuisonderrig van hule kinders.
Junior Primêr Personeel
Sy het ook 10 jaar ondervinding as sekretaresse vir mense in bestuursposte. Melinda is betrokke by Atletiek, Palmklopkunstefees en Mej. Elnatan.
Sy matrikuleer aan Wennie du Plessis, Gobabis en voltooi daarna 'n Hoër Onderwys Diploma by Windhoek Onderwys Kollege. Irene gee onderwys by Primêre Skool Aranos vanaf 1990 tot 1997 (vir Graad 3) en in 1998 tot 2002 (vir Graad 1). Sy is vanaf 2009 by Elnatan. Irene is betrokke by Koshuisdiens (Huis Cora), Netbal, Atletiek, Pretloop en Hoërskoolkonsert.
Pre-Primêr (Palmpikkies) Personeel
Hulpsentrum Personeel
Sy matrikuleer aan Wennie du Plessis en doen daarna 'n Onderwysdiploma (Wellington) asook 1 jaar HOD en Remediëring (Stellenbosch). Hannelie gee 'n jaar onderwys vir Graad 1 by Aranos Primêr en 9 jaar Remediërende onderwys by Ben v.d. Walt (Gobabis). Na nog 'n jaar onderwys vir Graad 1 en 2 by Izak Buys, Leonardville, doen Hannelie 10 jaar tuisonderrig vir haar eie kroos. Sy begin in 2007 onderwys gee by Elnatan se Hulpsentrum.
Sy matrikuleer aan Sannieshof Hoërskool en studeer BA (Kommunikasiekunde) aan NWU (Pukke). Liesbeth werk daarna by Pukke. Sy gee vir 6 jaar Tuisonderrig aan hulle kinders en is vanaf 2007 by Elnatan. Liesbeth is betrokke by Atletiek, Palmklopkunstefees en Noodhulp.
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Duineveld. Daarna voltooi sy B.Ed (Grondslagfase) by CPUT, Wellington. Sy is vanaf 2007 by Elnatan. Melani is betrokke by Noodhulp, Mej.Elnatan en Atletiek. Sy doen ook koshuisdiens by Huis Hessie. Koshuis Personeel
Sy matrikuleer aan Hoërskool Alberton en studeer daarna B.Soc.Sc (Verpleegkunde) by Kovsies. Carine het 12 jaar verpleegondervinding in chirurgie en hoësorg. Sy is getroud met Jaco en het 3 kinders.
Sy matrikuleer aan Hoërskool Dr.Viljoen, Bloemfontein. Rina is getroud met Johan Willers en hulle het 2 kinders.
Sy matrikuleer aan die Voorberoepskool in Windhoek. Daarna het sy al by verskeie plekke gewerk.
Navigeer terug na die...
Topbestuur Administratiewe Personeel Carducci en Palm Boutique Hoërskool Personeel Senior Primêr Personeel Junior Primêr Personeel Pre-Primêr Personeel Hulpsentrum Personeel Koshuis Personeel |
Elke nederige onerkende offerdiens, elke liefdegawe sonder berekening van terugkeer, is 'n bydrae tot die vermensliking van die mensheid.
~ C.J. Langenhoven ![]()
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Elnatan PersoneelElnatan Personeel: Lees meer oor ons personeellede se opleiding, ervaring en portefeuljes in Privaatskool Elnatan. Permalink -- click for full blog post "Elnatan Personeel" Algemene InligtingAlgemene Inligting oor Privaatskool Elnatan: ons visie, missie, skoolwapen en skoollied. Permalink -- click for full blog post "Algemene Inligting" Wat's Nuut op ons Werf?Privaatskool Elnatan se Blog: Hier vind u inligting oor wat onlangs bygevoeg is op ons webwerf. Permalink -- click for full blog post "Wat's Nuut op ons Werf?" Privaatskool ElnatanPrivaatskool Elnatan: Besoek die tuisblad van Privaatskool Elnatan en snuffel van hier af rond op ons werf! Permalink -- click for full blog post "Privaatskool Elnatan" SkooltarieweSkooltariewe vir elke jaar en die Finansiële Beleid van Privaatskool Elnatan ![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
|
||
|
| ||