Terug na Tuisblad

Elnatan Sport

Privaatskool Elnatan streef daarna om 'n totale gebalanseerde opvoeding en onderrig aan elke leerling te verskaf. Dit behels dus nie net akademiese onderrig nie, maar ook deelname aan sport.

Goeie sportfasiliteite is reeds gedurende die afgelope jare op die skoolterrein ontwikkel en sluit 'n rugbyveld, hokkieveld, netbalbaan, jukskeibaan en tennisbaan in.

Die skool spog reeds met meer as 110 leerlinge wat oor die afgelope jare in Namibiese spanne opgeneem is.

Ons glo aan volle deelname in die land en streef daarna om elke jaar ons afrigting en standaarde in die volgende sportsoorte te verbeter:

Atletiek

  • Seisoen: Januarie tot April; Oktober tot Januarie

Elnatan Sport

Wat 'n leerling sê oor Elnatan Atletiek...
"Atletiek is 'n eenmansport waar elke byeenkoms ‘n nuwe uitdaging is en Elnatan het vir my die blootstelling gegee om hierdie uitdagings te kon trotseer!"

Tennis

  • Seisoen: Januarie tot einde November

Elnatan Sport

Wat 'n leerling sê oor Elnatan Tennis...
"Ek is mal oor tennis want dit jou my lekker fiks en jy kan jou droom uitleef op die tennisbaan deur al die geleenthede wat jou gegun word. Baie uithouvermoë en enorme hoeveelheid veggees is broodnodig vir sukses. Die spreekwoord sê: 'God gave you a talent. What you do with it, is what you give back to God.'"

Rugby

Laerskool Rugby

  • Seisoen: Winter (Maart tot Augustus)
Hoërskool Rugby

  • Seisoen: Winter (Maart tot Augustus)

Elnatan Rugby

Wat 'n leerling sê oor Elnatan Rugby...
"Ek geniet Rugby want my span het die liga gewen. Ek is fanaties om elke keer op die veld te gaan. Dit laat my vry voel. Ek is baie trots om my skool te verteenwoordig."

Netbal

Laerskool Netbal

  • Seisoen: Maart tot Augustus
Hoërskool Netbal

  • Seisoen: Maart tot Augustus
Elnatan Netbal
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Netbal...
"Ek speel graag netbal want dit is lekker om te kyk hoe rats ons kan wees en hoe ons die ander span kan uitoorlê. Daar is altyd lekker gees tussen die spelers van 'n netbalspan."

Hokkie

  • Seisoen: Somer (September tot November)
Elnatan Hokkie
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Hokkie...
"Ons hokkie se gees is die beste! Daarom geniet ons dit en bereik baie."

Krieket

  • Seisoen: Somer (September tot November)
Elnatan Krieket
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Krieket...
"Ek speel Krieket omdat ek kan sien dat ons vordering toon."

Jukskei

  • Seisoen: Augustus tot Maart
Elnatan Jukskei
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Jukskei...
"Jukskei is kombinasie van 'n rustige, stadige en ietwat konserwatiewe geskiedenis wat aanloop gee tot die opwindende, vinnige en tegniekgebonde spel wat party beter ken as die “kultuur kieries". Dit verg baie konsentrasie, selfvertroue, deursettingsvermoë en dit is 'flippen' lekker."

Gymkhana

  • Seisoen: Januarie tot Oktober
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Gymkhana...
"Gymkana is soos golfspeel: jy raak nie net sy baas nie, want dit hang baie af van jou verhouding met jou perd. Omdat ‘n perd die mooiste dier met fantastiese eienskappe is, maak dit die sport net soveel interessanter. Wat die sport so uitsonderlik maak is die feit dat jy moet ruitervernuf hê, want as jy Toetse ry teen ander lande, ry jy nie met jou eie perd nie, maar jy kry daardie perd slegs drie ure die vorige dag om mee te oefen. Daarna oefen almal saam so dis nie asof jy alleen drie ure met jou vreemde perd het nie."

Uithouritte

  • Seisoen: Deurentyd
Elnatan Uithouritte
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Uithouritte...
"Elke uithourit is vir my 'n groot ondervinding en uitdaging. Elke roete is anders en ek leer die natuur en omgewing goed ken. ‘n Mens leer jou perd ook baie goed ken en ek is baie lief vir my perde. Die sport leer my baie uithouvermoë en selfdissipline. ‘n Mens is nie altyd lus om vir hulle te gaan kos gee nie, maar ek moet dit doen, want as ons ‘n uithourit ry, gee my perd weer vir my alles wat ek vra. My perde is vir my baie belangrik en elkeen het sy eie persoonlikheid."

Hengel

  • Seisoen: Deurentyd
Wat 'n leerling sê oor Elnatan Hengel...
"Hengel is 'n rustige, amper vervelige, maar tog opwindende en onvoorspelbare sport. Dit is lekker want jy weet nooit wat gaan gebeur nie en die lekkerste is as jy aan die einde van die dag daai grootte uitgetrek het."


Skat jou bekwaamheid te min om mee te spog en jou karakter te hoog om mee te speel.
Op die manier sal jy jou selfrespek bewaar en die respek van jou ewemens verseker.
~ C.J. Langenhoven

Elnatan Sport

Elnatan Sport

Elnatan Sport

Elnatan Rugby

Elnatan Sport

Elnatan Sport

Elnatan Sport

XML RSS
What is this?
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Google

Elnatan Rugby

Farm Smart Solutions

Tuisblad | Algemene Inligting | Bestuur en Beheer | Skooltariewe | Kontak Ons | Akademie
Elnatan NUUS | Inskrywingsvorms | Jaarprogram | Sport

Terug na bo
Kopiereg Privaatskool Elnatan.com 2008 - 2012