Elnatan Sport

Privaatskool Elnatan streef daarna om 'n totale gebalanseerde opvoeding en onderrig aan elke leerling te verskaf. Dit behels dus nie net akademiese onderrig nie, maar ook deelname aan sport.

Goeie sportfasiliteite is reeds gedurende die afgelope jare op die skoolterrein ontwikkel en sluit rugbyvelde, hokkievelde, netbalbane en jukskeibane in. Die skool spog reeds met baie leerlinge wat oor die afgelope jare in Namibiese spanne opgeneem is. Gaan kyk gerus op ons skool se Facebook-blad vir die nuutste foto's en prestasies - ook op sportgebied.

Vir meer inligting oor Elnatan se sportbeleid kan u die volgende skakel volg.   Klik hier. 

Ons glo aan volle deelname in die land en streef daarna om elke jaar ons afrigting en standaarde in die meeste sportsoorte wat aangebied word, te verbeter.  Ons leerlinge kry ook die geleentheid om aan NSSU (Namibiese Skole Sport Unie) proewe sowel as NAPSO (Namibiese Privaatskole Organisasie) proewe in verskeie sportsoorte deel te neem en sodoende Namibia as land te kan verteenwoordig op internasionale vlak.

Sport fasiliteite
Alle sportfasiliteite is op die skoolterrein en leerlinge hoef vir geen sport wat deur die skool aangebied en afgerig word na 'n ander lokaal te beweeg nie. Die volgende fasiliteite is op die terrein:
*  Atletiekbaan (grond) met 8 bane
*  5 netbalbane
*  2 rugbyvelde
*  1 Tjokker rugbyveld
*  Krieketnette
*  Jukskeibane
*  Boogskietbaan
*  Aanlyn afrigting vir skaak met lokaal waar geoefen word (NCF president en 8 keer 
    Namibiese Kampioen, Mnr Charles Eichab is die skaakafrigter)
*  Volledig toegeruste gimnasium vir gebruik deur hoërskoolleerlinge.
*  Stoei
Ons gee ook geleentheid aan leerlinge om sport van hulle keuse buiten dit wat beskikbaar is by die skool te kan beoefen, soos bv fietsry, uithouritte, hengel, perdry, ballet, moderne danse, musiek en pilatus wat alles privaat inisiatiewe is.  


Atletiek

atletiek2023

Rugby

Netbal

Hokkie

Elnatan Hokkie

Krieket

elnatankrieket2022
Elnatan Krieket
elnatankrieket12022

Jukskei

elnatanjuskei2022

Uithouritte

Elnatan Uithouritte

Hengel

Boogskiet

Elnatan Uithouritte

Skaak

Elnatan Uithouritte

Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!

elnatanbusroetesposter2022
elnatansportposter2022
elnatankultuurposter2022
elnatanfasiliteitposter2022
elnatanveiligheidposter2022