|
![]() |
|
Welkom by Privaatskool Elnatan se webwerf!Baie welkom by die webtuiste van Privaatskool Elnatan - een van die trotsste skole in Namibië. U word hartlik uitgenooi om elke stukkie geskiedenis van hierdie relatiewe jong skool deur te werk en daarna 'n keuse te maak vir die toekoms van u kind. Die keuse behoort vir u baie maklik te wees aangesien daar min skole is wat kan spog met die prestasies, waardes, tradisies en geleenthede wat Privaatskool Elnatan u bied. Geleë tussen die 52 palmbome wat reeds die volwasse ouderdom van 115 jaar bereik het en voortdurend gevoed word deur die onuitputlike artesiese bronne van Stampriet, kan 'n kind nie in meer ideale omstandighede skoolgaan nie.
Die plaasomgewing en die plattelandse atmosfeer maak ons skool spesiaal en uniek. Die fasiliteite van Privaatskool Elnatan is egter die van die moderne hedendaagse wêreld en elke kind ervaar dus die wonderlike van beide wêrelde.
Wat 'n ongelooflike voorreg!
Moet egter nie verder tyd mors nie... snuffel rond op ons webtuiste, want sien is glo.
Foto: Mnr. Hugo Vermeulen, Skoolhoof Ons Ideaal...Dit is ons ideaal om 'n gebalanseerde, Christelik gefundeerde opvoeding, waar die totale menswees van kinders ontwikkel word, te verskaf.Elnatan Oorsig...
Oor die afgelope jare...
Aflaaibare Dokumente
|
God Voorsien
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
Aantal Besoekers:
Bo: Hoofmeisie en hoofseun vir 2011 - Nina Louw en Tiaan Fourie
|
||
|
| ||