deur Jarus Botma
(Privaatskool Elnatan, Stampriet, Namibië)
Ek was verlief op jou toe ek jou die eerste keer sien.
Ek, jy, ons was beide tien.
Ons liefde vir mekaar is oneindig.
Die goeie ou dae sal ek nooit vergeet.
Daar is soveel goeie dae wat vir ons voorlê.
Jy kyk altyd op na die wêreld en sê nooit nee.
Na 8 jaar, as ek na jou staar, sidder my been steeds.
By jóú wil ek vir altyd wees.
Ek staar elke dag na jou mooi, groen oë
en jou lyf hou my emosies geboë.
Jou hart is so helder soos die son,
jy is my mooiste sonneblom.
Ons gaan saam deur lief en leed,
soms stout, maar steeds gekleed.
Ek en jy in mekaar se arms,
is soos lig op die horison -
Verewig...
- Jarus Botma
Opmerkings oor Liefde vir Altyd
|
||
|
||
|
||
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |