deur Louis Meyer
(Privaatskool Elnatan, Stampriet, Namibië)
Liefdesoorlog
Bloedrooi liefde, bloed-, bloedrooi.
As jy opkyk deur die rook, dis so mooi.
As jou bene bewe hoor jy slegs gebede.
Moord vir liefde, moord vir vrede.
Liefde vir jou land, liefde vir jou mens.
Vrede is nou die enigste wens.
Die grond onder jou voete, yster in jou hand,
as jy dood, dood jy trots in jou eie land.
Jou vrou en kinders alleen by die huis,
in die Bosveld saam broeders voel jy meer tuis.
Byt vas jong man, jou lyf mag dalk nie meer staan,
maar jou liefde vir jou land sal nooit vergaan.
Bloedrooi vuis in die lug.
Oorwinning! Jy is klaar met jou plig.
Terug kamp toe, kom ons marsjeer.
“Koes! Skiet troepe!
Dis nie die laaste keer...”
- L.F. Meyer
Opmerkings oor Liefdesoorlog
|
||
|
||
Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!
![]() |
![]() |