Liefdes-wipplank

deur Talitha Schoeman
(Privaatskool Elnatan, Stampriet, Namibië)

Liefdes-wipplank

Een jaar met 365 dae,
hoe is dit moontlik om my hart te bewaar?
Ander waarsku: "Liefde veroorsaak net hartbreek en pyn."
Hoe is dit moontlik dat gevoelens oornag kan verdwyn?

Die wêreld sal met ander oë na liefde moet kyk,
want slegs deur liefde raak mens werklik ryk.
Ons moet mekaar deur God se oë begin sien,
daar is nie een skape wat werklik die liefde verdien.

Van kleintyd tot nou het ons van liefde geleer,
maar oor die jare het ons harte verweer.
Om lief te kan hê is een groot seën,
maar die duiwel besoedel ons harte leuen op leuen.

Onthou om nooit te sê: "Ek het jou lief",
nie as jy weet jy is besig om te lieg en bedrieg.
Dit is vier kosbare woorde,
ʼn belofte dat jy iemand veraltyd sal verteenwoordig.

Ek moedig jou aan om nie jou rug op liefde te draai,
deur die storms sal jou sielsgenoot oor jou pad waai.
Ek kies om te glo dat liefde sal wen,
met tyd sal dit kom, leer jouself eers beter ken.

- Talitha Schoeman

Kliek hier om kommentaar te lewer.

Neem deel en skryf jou eie bladsy! Dit is maklik om te doen. Hoe? Kliek eenvoudig hier om terug te keer na Privaatskool Elnatan Stukkies-en-Brokkies.

Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!

elnatanbusroetesposter2022
elnatansportposter2022
elnatankultuurposter2022
elnatanfasiliteitposter2022
elnatanveiligheidposter2022