Terug na Tuisblad

Wat's Nuut?

Elnatan Nuus

Gaan kyk op die Tuisblad vir ander aflaaibare dokumente.



Hieronder is foto's van die 3 netbalspanne wat vir 2011 medaljes gewen het by die Nasionale Kampioenskap in Windhoek:

Onder: 0.12 Netbal het 'n goue-medalje verower. Hulle is ons 2011 Netbal kampioene!

Elnatan o/12 Netbalspan

Onder: 0.15 Netbal wat 'n brons-medalje verower het.

Elnatan o/15 Netbalspan

Onder: O.17 Netbal wat 'n silwer-medalje verower het.

Elnatan o/17 Netbalspan

Onder: 0.19 Netbal wat 'n silwer-medalje verower het. Hulle was die enigste span wat die kampioene (Tsumeb Gimnasium) geklop het Saterdag!

Elnatan O/19 Netbalspan


Nuus vanaf die Palmpikkies..

Met die opening van die Pre-Primer, het die ouers besluit om 'n kreatiewe naam te ontwerp vir ons unieke klassie. Na 'n hele paar voorstelle stel ons bekend die Palmpikkies. Die Palmpikkies het gegroei vanaf 20 kindertjies tot 31. Ons akkomodeer kindertjies vanaf ouderdom 3 tot en met voorskool.

Al die ouers het flink gehelp en bygedra tot ons sukses. Baie dankie aan Chris en Madelein Smith vir die lorrie vrag sand wat ons kon gebruik om op te vul by ons speelterrein en al die motorbande wat ons ook kon benut. Johan en Nita Goosen, dankie vir die omheining van ons speel terrein. Vir al die mamma's wat so getrou Vrydae pannekoek bak en elkeen wat ons ondersteun het.

Ons Pannekoek-Vrydae is 'n wenner en ons kon N$ 1500 insamel, waarmee ons 24 stuurwiel-fietsies kon aankoop en n verskeidenheid van opvoedkundige speelgoed. DANKIE dankie aan ieder en elk.

~ Anja Louw


Toerbus sit vas!

Kyk na die foto's hier onder: dit is die toerbus van Wolmaranstad wat Maandagaand na die rugby- en netbalbraai vasgeval het net buite die hek! Die beste van alles is dat mnr. Johan Adriaanse hulle gewaarsku het om nie eerste afdraai te vat nie. Dit het so half tien se kant gebeur en hulle het tot twaalfuur Maandagnag gesukkel.

Gisteroggend het Nieuwoudt en die "Beroep"-seuns weer planne gemaak. Op die ou end het dit 'n padskraper, Wattie se John Deere trekker met kabels en baie gespook en gesukkel gekos om die bus uit te kry. Hulle het so van 7:00 tot 9:30 gesukkel!

Die seuns het sommer vir Nieuwoudt ook gehelp om klippe te pak sodat GEEN kar weer daar kan ry nie!

~ Hanelie Vermeulen



Belangrike inligting betreffende ons skooldrag:

Brief van Klere-komitee aan ouers - Maart 2011


Aan die Personeel
"Ek het vanoggend sit en dink aan die ongelooflike lekker byeenkoms gister in Windhoek. Ek wil graag vir almal wat so hard gewerk het om ons skool te laat blom se BAIE DANKIE. My trots het begin by die netjies gemerkte program wat elke atleet ontvang het van die spanbestuurder (daar is baie moeite en tyd in). Dis lekker om te sien Elnatan staan weer saam en dat die oranje blok met ondersteuners uitstaan. As 'n kind presteer of seerkry hoor jy die gejuig of gesug soos hulle saam praat. Dis goed soos hierdie wat maak dat ons bly is ons is nog met julle. Selfs onderwysers wat saam met die kinders opwarm en betrokke is. Dis lekker om te hoor hoe ander skole praat en se: 'Kyk hoe oulik lyk dit as al die Elnatan atlete so in een bondel stap saam met die onderwyser om op te warm.' Ons is trots!!!
Baie dankie."
~ Waldo & Corrine van Wyk
'n Beriggie..

Dis altyd lekker om nuus van ons oud-leerlinge te hoor. Mareli Brandt se ouers het laat weet dat dit baie goed gaan met haar. Sy is by Tukkies ingeskryf as eerstejaar in BSc Biologiese Wetenskappe. Dit is 'n verpligte kursus alvorens enige student vir 'n graad in Veeartseny kan aansoek doen. Sy sê dat sy die Biologie, Wiskunde en Chemie ietwat vervelig vind omdat sy die werk wat hulle nou behandel reeds op skool gedoen het! Hulle sal seker binnekort met meer ingewikkelde werk begin. Die klasse bestaan uit 'n minimum van 400 studente waarvan 'n groot deel voornemende mediese studente is.

Haar ouers bedank ook elke onderwyser wat met haar gewerk het tydens haar skoolloopbaan.
Elnatan Nuus

Skryf in vir ons "Blog" (dit staan natuurlik vir Web Log - soos 'n dagboek op die web)om te weet sodra daar nuwe byvoegings is. Hoe werk so 'n "Blog"? Dit is byna dieselfde as die voorblad van 'n koerant: dit vertel van al die belangrikste en nuutste gebeure. Vir meer inligting hieroor, kliek op die "What's an RSS feed?" in die blokkie onder die navigeer blok heel links op hierdie blad. Indien jy reeds weet hoe 'n "Blog" funksioneer, kliek net op die RSS-blokkie...

en kyk dan gereeld wat's nuut hier!



Elnatan Personeel

Elnatan Personeel: Lees meer oor ons personeellede se opleiding, ervaring en portefeuljes in Privaatskool Elnatan.

Permalink -- click for full blog post "Elnatan Personeel"


Algemene Inligting

Algemene Inligting oor Privaatskool Elnatan: ons visie, missie, skoolwapen en skoollied.

Permalink -- click for full blog post "Algemene Inligting"


Wat's Nuut op ons Werf?

Privaatskool Elnatan se Blog: Hier vind u inligting oor wat onlangs bygevoeg is op ons webwerf.

Permalink -- click for full blog post "Wat's Nuut op ons Werf?"


Privaatskool Elnatan

Privaatskool Elnatan: Besoek die tuisblad van Privaatskool Elnatan en snuffel van hier af rond op ons werf!

Permalink -- click for full blog post "Privaatskool Elnatan"


Skooltariewe

Skooltariewe vir elke jaar en die Finansiële Beleid van Privaatskool Elnatan

Permalink -- click for full blog post "Skooltariewe"

Elnatan Nuus


Tog snaaks hoe verkeerd 'n ding partykeer moet loop om reg uit te kom.
~ Eitemal

Elnatan

Elnatan

Elnatan

Elnatan

Elnatan


XML RSS
What is this?
Add to My Yahoo!
Add to My MSN
Add to Google
Adverteer
u Besigheid Hier en
Ondersteun so ons Webwerf!

Vind ons kontak adres hieronder...

Vir advertensie-navrae, kontak ons hier!

Tuisblad | Algemene Inligting | Bestuur en Beheer | Skooltariewe | Kontak Ons | Akademie
Elnatan NUUS | Inskrywingsvorms | Jaarprogram | Sport

Terug na bo
Kopiereg Privaatskool Elnatan.com 2008 - 2012