Trots Elnatan

deur Crizelle Roux
(Privaatskool Elnatan, Stampriet, Namibië)

Trots Elnatan

Wat beteken dit om trots te wees? Nog meer: wat beteken dit om trots Elnatan te wees?

Trots word gedefinieer as 'n kwaliteit van die ego. Iets wat jou selfvoldaan en heel laat voel. Iets wat jou deel laat voel, iets wat mense betrek en bymekaar bring. Iets soos Elnatan.

Die oranje en blou van ons skool is iets wat gegraveer word diep in jou binneste; dit vloei deur jou are en laat pomp jou hart. Dit maak gebruik van herhaalde, ritmiese sametrekkings. Wanneer ons saam kom, loop, speel en saam werk, kry jy 'n onbeskryflike gevoel. Dis 'n gevoel wat niemand in woorde kan beskryf nie. Dit is 'n jy-sal-veg-tot-die-einde- en raak-aan-hulle-en-jy-raak-aan-my gevoel. 'n Gevoel van vreemdes wat familie geword het.

Enig in sy soort, kan ons met trots sê. Waar het jy al ooit in jou lewe gehoor van 'nskool waar daar skape, kapokkies en soms volstruise saam met die kinders op hierdie plattelandsehart lewe? Probleme, dié het ons wel. Ons kom nie altyd oor die weg nie en ons kry ons regmatige deel van konflik. Kattekwaad is daar beslis, maar wanneer die druppels begin val, almal na buite storm en in die reën baljaar, dan weet ons: ons is een in ons liefde vir die natuur.

Op die sportveld is ons verenig. Ons vergeet van al ons probleme en dis is asof ons hoegenaamd geen probleme met mekaar het nie. Op dáárdie oomblik is dit jou broers en susters, almal van ons baklei vir dieselfde ding – ons baklei vir ons trots.

Hoewel ons nie altyd saamstem nie, stem ons verseker saam wanneer dit daarby kom om ons vyande op die sportveld te laat les opsê. Indien jy nog nooit teenwoordig op 'n pawiljoen was terwyl ons trots speel nie, sou ek jou beslis aanraai om 'n draai te maak. Van sing en gil na huil. In daardie oomblikke voel dit vir jou asof hierdie 'n saak van lewe en dood is. Dít is hoe baie ons skool vir ons beteken.

In dieselfde asem gesê: skool is nie altyd net pret en plesier nie. Watter kind hou nou eintlik van skool? Tog, in 'n vreemde manier, maak dié skool 'n mense se lewe beter. Die mense, area, en meeste van alles, die gevoel wat ons almal deel. Natuurlik het almal hul eie opinie as dit kom by kommentaarlewer oor die skool, maar tog aan einde van die dag, wanneer dit die meeste saak maak, staan ons soos een man saam.

Ek kom tot die gevolgtrekking. Net soos die hart het Elnatan ook 'n kardiale spier. Dis 'n onwillekeurige spierweefsel wat slegs in hierdie orgaan aangetref word. Die mens se hart, wat ongeveer 72 slae per minuut klop en ongeveer 2.5 miljard keer in ʼn leeftyd van 66 jaar klop, is 'n goeie aanduiding van die toewyding van ʼn Elnatan-hart.

God Voorsien, ja, God Voorsien 'n onbeskryflike ervaring hier op die platteland.

Chrizelle Roux

Kliek hier om kommentaar te lewer.

Neem deel en skryf jou eie bladsy! Dit is maklik om te doen. Hoe? Kliek eenvoudig hier om terug te keer na Privaatskool Elnatan Stukkies-en-Brokkies.

Besoek ons "Ondersteuners"-blad vir meer inligting oor ons adverteerders!

elnatanbusroetesposter2022
elnatansportposter2022
elnatankultuurposter2022
elnatanfasiliteitposter2022
elnatanveiligheidposter2022